Gepubliseer .
Here,
- Ons het ons buurman se besittings begeer en dit ambisie genoem
- Ons het die armes misbruik en dit dobbel genoem
- Ons het luiheid beloon en dit welsyn genoem
- Ons het ongebore babas doodgemaak en dit “vrye keuse” genoem
- Ons het nie ons kinders gedissiplineer nie en dit “beter selfbeeld” genoem
- Ons het mag misbruik en dit politiek genoem
- Ons het die land besoedel met pornografie en dit vryheid van uitdrukking genoem
- Ons het die waardes van ons voorvaders opgegee en dit “gemoedkomend” genoem
Vergewe ons, Amen.
Hierdie is ‘n aangepaste gebed van Joe Wright wat gevra was om die Kansas Senaat te open met gebed. Las gerus jou stertjie by oor iets wat die mens nou bestempel as aanneemlik terwyl dit nie die geval is nie. Mense wil altyd die grondwet met alle mag beskerm terwyl die grondwet dikwels deursyfer is met goddeloosheid en algehele aanvaarbare normes wat nie die Christendom uitbou nie.
Gepubliseer .
Die Suid-Afrikaanse Polisie Diens (SAPD), wat gaan deur jou gedagtes wanneer dit hoor? Dalk ‘n herinnering van hoe jy ure op ‘n misdaadtoneel gesit en wag het vir ’n ridder in ‘n wit en blou motor om op te daag net om vir jou te sê dat hy die gereedskap vir die neem van vingerafdrukke vergeet het? Of dalk ‘n sagte nolstalgiese gevoel van die keer toe die Polisie jou nie gesien steel het nie maar jou wel die volgende week toegesluit, mishandel en emotioneel verniel het omdat jy “een glasie wyn teveel gedrink het” voor jy huistoe bestuur het.
Lees verder ‘SAPD sy eie grootste vyand’
Gepubliseer .
Steve Hofmeyr is ‘n vissie in ‘n baie groot dam, een van slegs ‘n handjie vol kunstenaars wat bereid is om hul nekke uit te steek vir die Afrikaner. As jy die keuse maak om jou volk te kies, dan kies jy nie net die waarvan jy hou nie. Jy kies die ekstreme Afrikaner met drie wit sewes op sy mou en ‘n knopkierie in sy hand, jy kies die liberaal wat se grootste kwessie omgewingsake is en jy kies die konserwatiewes wat elke keer sug as hulle hoor hoe “nog” ‘n skool of universiteit wil ontslae raak van Afrikaans. Die punt is, jy kies ‘n hele volk en nie net uitgesoektes nie.
Lees verder ‘Steve Hofmeyr se politieke party’
Gepubliseer .
Die antwoord is JA. En eerstens wil ek dit duidelik stel dat ek op geen manier die reg en vryheid van die vrou ondermyn of bevraagteken nie. Wat ek wel wil doen is om mans en vrouens uit te daag om te verduidelik hoekom die persepsie onder sekere mans steeds bestaan dat die wêreld beter af sou wees as vrouens nie stemreg gehad het nie. Seksisme is ‘n realiteit, dit is in die werkplek, dit is in verhoudings, dit is in die samelewing. Die rol van die vrou in die samelewing word ook gedefinieer deur vroue self, maar die probleem ontstaan wanneer mans stereotipes ontwikkel wat nie noodwendig waar is nie. Hier is moontlike redes (waarmee ek nie saamstem of goedkeur nie) wat gegee kan word waarom mans dink vrouens nie stemreg moet hê nie:
Lees verder ‘Moet vrouens stemreg hê?’
Gepubliseer .

Dit is sekerlik onredelik om dienste in jou taal te eis, hoe kan ons dan verwag dat elke Absa tak ‘n wit dame met ‘n outydse kapsel by die teller moet hê, of elke Chicken Licken ‘n Afrikaanse stem het wat jou bestelling neem by die deurry-fasiliteit. En ek gaan tien teen my vier hoenderboudjies, halwe brood en koolslaatjie in Engels bestel. As ek ‘n dag in ‘n winkelsentrum spandeer is ek so uitgehonger vir geselskap in Afrikaans dat ek sommer met myself begin praat. Maar ek is nou moeg daarvoor, en dit is hoe ek gaan uitvind of ek onredelik is of nie:
Lees verder ‘Onredelik om dienste in Afrikaans te eis’
Gepubliseer .
“Julius en sy kamerade het groter planne as wat almal dink” of ”hier kom moeilikheid, het jy gehoor wat hy sê van…”. Gerugte is ‘n lekker wapen wat gepas is vir elke geleentheid. Dit kan strategies om die braaivleisvuur gebruik word om aandag te trek, dit is ook ‘n wenner om ‘n nuwe gesprek te begin met iemand wat jy nie ken nie en dit gee mens so gevoel van vervulling as jy vir iemand iets kan vertel wat hy/sy nie geweet het nie. Daar is altyd ‘n storie agter die storie. Hier is my weeklikse gerugte van wat “regtig” gebeur het:
Lees verder ‘Wat “regtig” gebeur het…’