Bladsy 1 van 2312310...Laaste »

Outeur Argief vir Charl Oberholzer

Geloftedag, ‘n vergelyking van toe en nou

Die herdenking van Bloedrivier is ʼn herdenking van ons, as Afrikaners, se toewyding aan God. Dit is ʼn herdenking en ʼn viering van God se ingryping in die Afrikaner se geskiedenis in Afrika. Dit is ʼn oomblik waar die Afrikaner sy voetafdruk in hierdie land gemaak het met die grootste veldslag wat hierdie land nog ooit gesien het.

Die Afrikaner het sy hoop tot ʼn mate verloor. In die land wat ons so lief het, word daar deur die ANC “skiet die boer” gesing, ons vaardighede word van die hand gewys, ons sit weer met ʼn wit armoede vraagstuk en ons mense beland in afgryslike staatshospitale. Ons Christelike vakansiedae word weggeneem. Ons straat en dorpsname word vervang terwyl Afrikaans stelselmatig uit skole en universiteite uitgefaseer word. Christen-onderrig word uit die skole se sillabusse uitgeskryf en die geskiedenis klasse weergalm met ʼn verdraaide geskiedenis waar die Afrikaner as die rower van menseregte uitgebeeld word. Swaarkry en kaalvoet loop was nog nooit ʼn probleem vir Afrikaners nie en ons geskiedenis is ʼn bewyse daarvan.
Lees verder ‘Geloftedag, ‘n vergelyking van toe en nou’

Hier is dit nou: Swart op wit.

Is misdaad in Suid-Afrika so eenvoudig soos swart op wit (verskoon die woordspeling), of is dit meer kompleks? Misdaad is misdaad en geweld ken geen kleur nie….blah blah blah. Hoe kan ons sê wat in daardie misdadiger se kop aangaan en wat sy eerlike motief is daardie oomblik wat hy by die plaashuis inbreek, die bejaarde paartjie vasbind, die vrou verkrag voor haar man, die man se gesig met ‘n warm strykyster stryk en dan hul albei se gesigte vergruis met ‘n sestien pond hammer en dan niks steel nie?
Lees verder ‘Hier is dit nou: Swart op wit.’

Die Afrikaner en sy flou ertjiesop

Die Afrikaner is ‘n goeie mens as hy homself hou aan dit wat hy sy voorvaders sou wou belowe. Maar ongelukkig verval ‘n volk se geloof ook maar seker soos kultuur met tyd doen. Die NG-kerk het byna 11 000 lede in die afgelope boekjaar met sy “verfrissende” uitgangspunte verloor, die doppers (dorpers) het almal stad toe getrek en die hervormers se onlangse hervorming het mense aan die deurmekaar kant gelaat. Statistieke toon dat Afrikaners glad nie meer so getrou kerk bywoon soos in die verlede nie. Is ons volkie nie veronderstel om juis nou meer kerk toe te gaan nou dat ons nie ‘n konserwatiewe ingestelde regering het om ons te beskerm nie?
Lees verder ‘Die Afrikaner en sy flou ertjiesop’

Suid-Afrika se ingenieurskrisis en sy onhaalbare optimisme

Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, het ʼn optimistiese teiken van 30 000 bykomende ingenieurs teen 2014 gestel. Prakties is dié teiken onhaalbaar; om ʼn ingenieursgraad te verwerf neem drie tot vier jaar, dit wil sê dat die meeste ingenieurs wat teen 2014 gaan gradueer reeds besig is om te studeer. Indien Patel ernstig is oor sy teiken sal hy matrieks vanjaar nog moet oorreed om van kursus te verander.
Lees verder ‘Suid-Afrika se ingenieurskrisis en sy onhaalbare optimisme’

Bewyse dat “snorre” self ‘n kwota is

Die uwe mnr. Peter de Villiers, of ou snorre soos sy kritici hom graag noem, is nou amptelik ‘n kwota. Voor Saterdag se rugbywedstryd tussen die sak-en-as bokspan en die rooi bloeisels van Engeland het gerugte die ronde gedoen dat de Villiers sy afrigterspos kan kwyt wees indien die bokke hulself weer aan die verloor kant vind. De Villiers se statistieke lyk maar power, en aangesien sy kontrak ‘n prestasie klousule bevat, is die Suid-Afrikaanse Rugby Unie (SARU) geregtig daarop om sy handoek sommer vir hom in te gooi.
Lees verder ‘Bewyse dat “snorre” self ‘n kwota is’

Wie se vryheid om te vier

Apartheidshelde in Suid-Afrika het ‘n statussimbool geword, soortgelyk aan die waarde en eer wat aan ‘n Keiser, ‘n Prins of selfs ‘n nobelpryswenner van vrede toegeskryf kan word. Sonder om enige iets weg te neem van hierdie self-getitelde vryheidsvegters, word staatsbegrafnisse aan elkeen toegeken wat voor in ‘n optog teen die ou-polisiediens gemarsjeer het. Die ANC noem hulle vryheidsvegters, daarmee lei ek af dat vrede bewerkstellig is deur die doen en late van hierdie helde. Maar wanneer ek vra of die “struggle” opgehou het of nie, dan sê mnr. Mnisi (nasionale woordvoerder van die ANC) vir my dat die “struggle” steeds voortgaan. Beteken dit dan dat die vryheidsvegters dit nie reggekry het om vrede te bewerkstellig nie? Indien dit dan so is, hoekom word hulle vereer?
Lees verder ‘Wie se vryheid om te vier’

Bladsy 1 van 2312310...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube