Bladsy 12 van 14« Eerste...10111213...Laaste »

Outeur Argief vir Carina BesterBladsy 12 van 14

“Pak op, pak op…”

(Uit Sonja Herholdt se Skipskop)

Ek het die afgelope naweek opgepak en verhuis na ‘n nuwe tuiste. My vorige woonstel is ‘n maand gelede verkoop.

Gelukkig het ek vinnig ‘n nuwe blyplek opgespoor. Die plekkie is baie nader aan my werk, daar is minder verkeer en my tuin is baie groter. So, die voordele is eindeloos. Verandering bly maar net altyd vir my moeilik.

Vrydag het die trek in alle erns begin.

Lees verder ‘“Pak op, pak op…”’

Onthou jy nog?

Ek lees nou die dag ‘n aanhaling raak deur Margaret Creager: Elke jaar met lente begin jongmense droom en oumense onthou.

Dit het my aan die dink gesit… Is ek nou jonk of oud of pas ek iewers tussenin?

Ek vermoed dit is natuurlik vir enige mens om terug te dink en te onthou. Soms kan ‘n reuk ou herinneringe oproep; soms loop jy iemand raak en onthou dinge wat jy byna vergeet het.

Kindertyd voel soos ‘n leeftyd gelede!

Die tyd van uitruilblaaie en albasters. Suur-lekkers wat by die snoepie te koop was in rooi, oranje, geel, bruin en pers. Inry-aande saam met die hele gesin. Spookasem en roomys. Uiteet by die padkafee.

Sorgeloos.

Lees verder ‘Onthou jy nog?’

Soos ‘n dief en ‘n rower…

Die afgelope naweek het ek by ‘n winkelsentrum inkopies gaan doen. Ek het eers by Clicks ‘n draai gemaak en daarna by Edgars aangedoen. Toe ek by Edgars se deure ingegaan het, was daar geen probleem nie. Ek is met my inkopies van Clicks binnetoe. Met die uitstap was dit egter ‘n ander storie…

Die alarms by die deur het begin skreeu!

Almal in die nabye omgewing se koppe het na die deure gedraai om te sien wie die dief is. Ek was op die plek woedend – want ek háát dit om onverdiend soos ‘n krimineel te lyk.

Ek het stil gaan staan en die wag het hom na my toe gehaas – so ásof ek met die “gesteelde goedere” sou weghardloop! Natuurlik met sy walky-talky waarop hy waarskynlik “mayday, mayday kom in” wou sê, óf dalk wou hy versterkings inroep om hom te help om hierdie skelm plat te trek! (?)

Lees verder ‘Soos ‘n dief en ‘n rower…’

‘n Kuiertjie saam met vriendinne

Ek het blog-blok!

Dalk moet ek skryf oor die lekker kuier saam met goeie vriendinne óf dalk oor die feit dat die internet deesdae so stadig is! Ek wik en weeg…

My vriendinne wen.

Vier van ons het sommer nou die aand by ‘n koffiewinkel in ‘n winkelsentrum gaan kuier. Lekker gesels oor lief en leed. Opgevang en raad gegee. Gelag oor humoristiese situasies. Mekaar opgesweep oor dinge wat pla. Nuwe perspektief gekry.

Dit bly darem maar lekker!

Lees verder ‘‘n Kuiertjie saam met vriendinne’

13 September 2009 – 13 September 2010

Ons het die eerste mylpaal gehaal!

‘n Jaar is verby. ‘n  Jaar wat gevul was met vreugde en hartseer, nabyheid en verlange. ‘n Jaar wat my met die terugblik dankbaar maak.

Die liefde het gegroei tot ‘n sterk boom wat in blom staan hierdie lente. ‘n Boom wat in die somertyd vrugte gaan dra.

Mens is só bevoorreg en gelukkig as jy daardie iemand kry wat in alle opsigte reg is.

Baie mense raak so verstrengel in verhoudings waarin hulle nie wil wees nie. Dit is net vir hulle gemakliker om binne hulle ongesonde verhoudings te bly – al is hulle ongelukkig.

Die weg van die minste weerstand. Die gemaksone. Die groef.

Lees verder ’13 September 2009 – 13 September 2010′

Aardklop is om die draai!

Die Aardklop Nasionale Kunstefees vind hierdie jaar plaas vanaf 28 September tot 2 Oktober.

Luister hier na die onderhoud wat ek met Marguerite Robbinson gevoer het. Sy vertel meer oor die fees en wat jy te wagte kan wees.

Bladsy 12 van 14« Eerste...10111213...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube