Solidariteit Blog » Carina Bester

Verandering
Party mense geniet verandering en ander mense is nie so mal daaroor nie. Ek hou maar van die bekende en dit is vir my moeilik om oë toe te knyp en ŉ sprong in die donker te waag.

Soms gaan verandering gepaard met die trek na ŉ nuwe, onbekende omgewing vol vreemdelinge. Soms is dit ŉ verandering in die manier waarop jy dink of na die lewe kyk.

Hoe dit ook al sy, verandering is maar altyd moeilik. Dit is ŉ aanpassing om aan nuwe dinge gewoond te raak.

Dit is egter soms nodig om uit jou groef of gemaksone te kom. Hulle sê mos: Verandering is so goed soos ŉ vakansie!

In gebed vra Reinhold Niebuhr: God, gee ons die genade om met kalmte die dinge te aanvaar wat nie verander kan word nie, die moed om die dinge te verander wat behoort gewysig te word, en die wysheid om die een van die ander te onderskei.

Vir ons is dit tyd om te trek. Om die bekende te groet en ŉ nuwe rigting in te slaan.

Gelukkig weet ons God is in beheer van ons lewens. Hy lei ons waar ons moet heengaan.

Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan. – Josua 1:9.

Vertrou op die Here
Laat ons ons vertroue in God stel, en laat ons troos vind in die wete dat alles wel sal wees, as dit geskied volgens die wil van God. Want Hy weet die beste wat goed is vir ons tydelike én ewige welsyn – Mozart.

Ek hoor nou-die-dag hoe ŉ ouer vrou vir iemand anders sê: “Die Here sal voorsien. Ek vertrou dit met my hele hart! Hy het my nog altyd gehelp en bygestaan in goeie en slegte tye.”

Wat ŉ wonderlike getuienis!

Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is.

Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.

Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.

- Psalm 37:3-5

Ons wil altyd met ons verstand oplossings soek vir ons probleme. In ons enigheid besluit ons dat die omstandighede “onmoontlik” nie kan verander nie. Die waarskynlikheid dat dinge sal verbeter “neig na nul”.

Só hou ons aan om ons vas te staar in die dinge wat rondom ons gebeur, in plaas daarvan om op te kyk en te glo; om te vertrou op God wat almagtig is.

Wanneer dinge onmoontlik lyk, kan ons seker weet: God kan ook die onmoontlike moontlik maak – Martin Luther.

Hou vas aan God se beloftes. Glo en vertrou dat dit ook vir jou bedoel is.

Soms kry ons wel antwoorde – maar dit is nie wat ons wou hoor nie. Soms wil ons self besluit wat die uitkoms moet wees… Die Here vra volkome vertroue.

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop – Spr. 3:5-6.

Napoleon raak weg
Napoleon, nie Napoleon Bonaparte nie – my broer se Basset, het laat Saterdagmiddag spoorloos verdwyn.

Ek het drie broers. Die oudste is op die oomblik in die wildtuin met vakansie. Napoleon is sy hond. (My middelste broer speel, nes ek, nie ŉ vreeslike rol in hierdie storie nie.) My jongste broer het aangebied om die honde op te pas. Toe raak Napoleon weg…

Dit was baie ure van rondry en soek. Die student met sy baard is twee keer deur die polisie afgetrek omdat hy verdag gelyk het. Hy het stadig straat op en af gery en heeltyd rondgekyk.

Plakkate is op lamppale geplak. Op facebook het vriende en verskeie groepe gevra dat mense moet help soek. Heelwat tweets is die wêreld ingestuur. ŉ Paar bekendes het ook help soek. (Wat het ons voor die tyd van tegnologie gedoen?)

Na twee dae is Napoleon uiteindelik teruggevind. Heeltemal ongedeerd.

Iemand het hom na ŉ vrou toe gevat wat self heelwat Bassets het. Hulle het gedink dit is dalk een van haar honde wat uitgekom het. Die vrou bly baie naby aan waar my broer se kommune geleë is. Net ná ses gisteraand het my broer en die vrou mekaar by die naaste veearts ontmoet.

Groot was die verligting toe dit wél Napoleon is!

Dalk het hy maar net sy naam gestand gedoen? Ons hoop egter dat Napoleon nou genoeg gehad het van ekspedisies…

Die tyd gaan so gou verby!
Ek staan verstom oor hoe vinnig die tyd verby gaan. Ek kyk terug oor die afgelope paar jaar en weet dat tyd kosbaar is, dat tyd vlieg, dat tyd nie stilstaan nie.

Toe ons klein was, het ons male sonder tal gepraat van: “Eendag as ek groot is…”. Ons sou die wêreld sien. Ons wou so baie dinge doen. Noudat ons groot is, het ons nie tyd om die dinge te doen wat ons wou nie. Ons moet werk en probeer om ŉ bestaan te maak. Ons hardloop rond en jaag van een punt na die volgende.

Vir my verdwyn die dae soos rook – Ps. 102:4

Wanneer laas het jy stilgestaan en in die oomblik geleef?

Gebruik vandag jou oë asof jy môre gaan blind word.

Luister na musiek asof jy enige oomblik jou gehoor kan verloor.

Ruik die geur van blomme, geniet met oorgawe dit wat jy eet asof jy nooit weer sal kan ruik of proe nie.

– Helen Keller.

As die tyd verby is, gaan jy dit nie terugkry nie. Jy het dalk net vandag…

Moenie toelaat dat die handjie vol kosbare aardse ure wat God jou geleen het tussen jou vingers deurglip in ŉ transaksie waar jy onsigbare dinge verruil vir sigbare dinge nie.

Die sigbare dinge is tydelik, die onsigbare dinge is ewig.

– Danie Vorster.

Moed en krag en hoop en humor
Soms is die lewe maar deurmekaar en ons wonder wanneer dinge tot ŉ punt sal kom. Wanneer gaan ons antwoorde kry op ons vrae? Wanneer gaan ons die einde van die tonnel bereik? Wanneer gaan ons weet wat ons te doen staan?

Wanneer ons by kruispaaie in ons lewens kom wonder ons: watter rigting moet ons inslaan?

Dit neem moed om te lewe – moed en krag en hoop en humor. En moed en krag en hoop en humor moet gekoop en betaal word met pyn en werk en gebed en trane – Jerome Fleishman.

Moed is nie die afwesigheid van vrees nie; moed is die oorwinning van vrees – RL Stevenson.

Gedra jy jou slap in die dag van benoudheid, dan skiet jou krag te kort – Spr. 24:10.

Om te hoop is om te vertrou dat God op die regte tyd sal optree volgens sy volmaakte tydsberekening – Johan Smit.

Humor is die son wat die winter uit die mensehart verdryf: dis die lewensgordel op die stormsee van die lewe – Victor Hugo.

Mag jy  op God vertrou in jou uur van benoudheid. Mag Hy jou gebede verhoor en jou trane afdroog.

Goeie Vrydag
Hierdie tyd van die jaar is die winkels vol “paas-hase” en paaseiers. Dit is ŉ lekker langnaweek en almal maak planne om bietjie weg te breek.

Dit is egter nie waaroor Paasfees gaan nie.

Vir ons as Christene is Paasfees die herdenking van ons Verlosser se kruisiging en opstanding.

Die gebeure rondom die kruis van Jesus bly altyd opnuut wonderlik. Die evangelie is vervul. Die Here het opgestaan! Hy het die dood oorwin. Hy wat onskuldig was, hang saam met rowers en moordenaars. Hy het die straf vir ons gedra sodat ons die ewige lewe kan hê.

Jesus Christus se kruiswoorde laat altyd ŉ knop in my keel. Veral toe Hy dit uitroep: Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat? – Matt. 27:46.

God het ons eerste liefgehad. Hy gee sy Seun sodat ons gered kan word.

Mag jy opnuut die blye boodskap in hierdie Paastyd ervaar.

Suinigheid
As daar een ding is wat ek nie kan hanteer nie, is dit wanneer mense suinig is. Suinig met hulle geld. Suinig met hulle tyd.

Ek is van mening dat mens eerder iets los, as om ŉ afgewaterde weergawe daarvan te probeer aanpak.

Ek weet ons leef in moeilike tye waar elkeen sy sente moet omdraai om die einde van die maand te haal. Dit is nie waarvan ek praat nie.

Dit is wanneer mense genoeg het om te gee, maar net te suinig is. Baie keer is dit nie die rykste mense wat die vrygewigste is nie.

As kind het ek die storie van Charles Dickens: A Christmas Carol, baie geniet. Die karakter Ebenezer Scrooge is ‘n perfekte voorbeeld van ‘n baie suinige mens. Gelukkig het hy teen die einde wel verander.

Op die ou end maak rykdom jou nie warm nie. Jy sterf jou vriende af omdat hulle nie van jou suinigheid hou nie. Hulle raak moeg om te hoor jy het nie geld om saam met hulle dinge te doen nie. Ontvang mense gasvry en moenie afskeep nie – hulle sien dit raak.

In Afrikaans het ons ŉ spreekwoord: So suinig soos ŉ vrek. Daar is ook ŉ idioom wat lui: As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)

Gee wat jy kan. Moenie spandabelrig wees nie – daar is niks fout daarmee om spaarsamig te wees nie. Dit is wanneer dit begin oorhel na suinigheid, wat dit nie meer aanvaarbaar is nie.

Ek hoor nou die dag ŉ grappie oor suinigheid: Hy’s so suinig, hy kou drie dae lank aan ŉ toffie.

Moenie met toe vuiste jou geldjies vasklem nie… Op die ou end is dit al wat jy gaan hê.

Opsoek na “iets beters”
Een ding waaroor ek altyd wonder, is hoe party mense dit regkry om ander net te gebruik. Hulle geniet die aandag van die persoon wat in hulle belangstel, maar hulle wil nie regtig verbind word aan hom/haar nie. Hulle wag nog vir die regte persoon om sy/haar opwagting te maak. Tóg wil hulle nie alleen wees nie. Hulle wil ook nie in ŉ verhouding wees nie. Hulle is altyd opsoek na “iets beters”! Hulle besef nie dat hulle waarskynlik reeds die beste het nie.

Dit gaan my verstand te bowe.

Ek vermoed dat so ŉ persoon nie besef wat hy/sy het nie. Daar word woer-woer gespeel met ‘n ander mens se gevoelens.

As jy nie regtig gelukkig is met iemand waarmee jy so ŉ los-vas-verhouding aanknoop nie, waarom doen jy dit dan? Waarom sê jy nie net reguit vir die verliefde ou of meisie dat jy nie belangstel nie?

Dit is uiters selfsugtig!

Die ander persoon hou aan hoop en glo dat julle “eendag” gelukkig sal wees. Die kanse is egter uiters skraal.

Die ander kant van die munt is seker ook daar: die persoon gee nie om dat hy/sy gebruik word nie.

Ek glo egter nog steeds dat dit oneerlik is om iemand aan ŉ lyntjie te hou vir wie jy nie genoeg voel nie.

Gewoonlik besef mens mos eers die waarde van iets (of iemand) wanneer jy dit verloor…

Tweede kanse
Ons is mense, ons maak foute. Om vir altyd kwaad te bly vir iemand wat jou te na gekom het, gaan  jou nie beter laat voel nie – inteendeel!

Ons word so maklik in ons eer gekrenk. Ons voel verontwaardig en ingedoen. Ons loop dikbek rond en bejammer onsself.

Wat help dit? Op die ou end maak jy net jouself ongelukkig.

As iemand ons baie seergemaak het, herstel ons nie voordat ons vergewe het nie – Alan Paton.

Gee jy tweede kanse of koester jy eerder wrokke?

Om te sê: “Ek sal vergewe, maar ek kan nie vergeet nie”, is net ŉ ander manier om te sê: “Ek kan nie vergewe nie” – Henry Ward Beecher.

God het ons tog vergewe vir al ons menigvuldige sondes? Hy sê ons moet mekaar ook vergewe.

Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe – Kol. 3:13.

Vergewe en vergeet. Hou op om te tob oor ander mense te tekortkominge.

As iemand jou ŉ onreg aangedoen het en jy probeer hom terugkry, is jy besig om in te meng met God se genade en vergifnis – Spurgeon.

Elkeen van ons het soms ŉ tweede kans nodig.

Sensasie vir die nasie!
Die afgelope week was die nuus vol van Oscar Pistorius.

Die tragedie wat afgespeel het op Valentynsdag het die hele land in rep en roer. Almal bespiegel en maak aannames. Elkeen het ŉ opinie.

Ek sal wil weet wat werklik gebeur het en wil graag hierdie feite in die koerante lees. Wat my egter dwars in die krop steek is die feit dat joernaliste allerlei storietjies oor hom en sy mense opraap, opdis en uitbasuin vir die hele wêreld. Dinge wat niks met die saak uit te waai het nie.

Wanneer ŉ bekende persoonlikheid aangekla word van só iets, word die nuusstories heeltemal anders hanteer as wanneer dieselfde ding  ŉ onbekende persoon oorkom.

Jy as bekende is in die spervuur. Die media soek net sensasie!

Ek sal waarskynlik die saak volg totdat ek weet wat die uitslag is. Waar ŉ rokie trek, is daar gewoonlik ŉ vuurtjie.

Mag reg en geregtigheid seëvier en die waarheid onthul word.