Gepubliseer .
Die jaar was propvol dinge. Ek kan byna nie glo dat dit amper alweer Kersfees is nie! Die dolle gejaag wat reeds die winkels getref het, gaan net erger word hoe nader ons aan Kersdag kom.
Hierdie tyd hou vir my ‘n bekoring in. Al die liggies wat vrolik flikker, al die liedjies wat oral opklink.
Lees verder ‘Kersfees’
Gepubliseer .
Ek ken baie meisies wat jare lank al wag dat hulle ouens hulle moet vra om te trou. Sommiges wag al maklik vyf jaar lank… maar niks gebeur nie.
Die “groot vraag” word nie gevra nie.
My vermoede is dat die ouens vir iemand anders wag – hulle soek nog na hulle trou-vrou. Hulle wil eers hulle horisonne verken en verbreed.
Lees verder ‘Wanneer kom ons troudag, Gertjie?’
Gepubliseer .
Dit is nou al die hoeveelste keer wat ek sien dat ‘n ma onverantwoordelik, roekeloos en onnadenkend optree op die pad.
Die teken “Baba aan boord” gee haar mos die reg om te maak wat sy wil!
Jaag maar oor rooi ligte. Moenie stop by ‘n stopteken nie. Jaag oor ‘n sirkel sonder om voorrang te gee vir die persoon wat eerste daar was. Ry teen 120 km/h in die dorpsgebied. Wys verwoed tekens en swaai met die hande.
Lees verder ‘Baba aan boord’
Gepubliseer .
Tevredenheid is om dit wat ons nie het nie, ook nie te begeer nie – Alexander Maclaren.
Is jy tevrede met wat jy elke dag uit God se hand ontvang, of wil jy altyd meer hê? Jaag jy ydel na onbelangrike dinge?
Soek jy na rykdom en roem?
Lees verder ‘Vergenoegd’
Gepubliseer .
Seerkry en swaarkry is deel van die lewe. Dood en siekte ook. Elkeen van ons weet dat ons tyd op aarde afgemeet is. Ons weet nie hoe lank of hoe kort ons tydjie is nie.
CS Lewis het gesê: Lyding ruk ons uit die speelgoedwêreld wat ons dink die werklikheid is; lyding plaas ons voete in die werklike wêreld en open ons harte vir die pyn van ander.
Lees verder ‘Lyding’
Gepubliseer .
Dit is nou maar eenmaal só dat mens amper altyd lekker oor ʼn koppie koffie kuier. Ek ontmoet gereeld vriendinne vir ʼn koppie Cappuchino met room.
Daardie laataand-kuiers met bekers vol koffie is ook wonderlik. Dit is of die tyd gaan stilstaan wanneer mens gesels en filosofeer oor alles en nog wat…
Lees verder ‘Dankbaar vir elke koppie koffie’