Bladsy 2 van 212

Outeur Argief vir Alana BaileyBladsy 2 van 2

Van toeka tot nou – 3 Augustus 1881 – Die Konvensie van Pretoria word onderteken

Die Paardekraal Monument [www.allatsea.co.za]

In 1877 is die Transvaal / Zuid-Afrikaansche Republiek deur Brittanje geannekseer. Verskeie deputasies het hierna probeer om die republiek se onafhanklikheid in ere te laat herstel, sonder sukses. Van 8 tot 16 Desember 1880 het sowat 6 000 burgers by Paardekraal byeengekom, besluit dat die Volksraad weer die hoogste gesag in die land sou wees en dat hulle sou wapens opneem vir die verdrywing van Britse gesag uit die Transvaal.

Lees verder ‘Van toeka tot nou – 3 Augustus 1881 – Die Konvensie van Pretoria word onderteken’

Die week in die geskiedenis – Julie tot Augustus 1863

Almal ken die liedjie,  Daar kom die Alibama, maar min mense ken die interessante geskiedenis van hierdie oorlogskip wat vandeesweek 147-jaar gelede in Kaapse waters aangekom het.  Lees verder ‘Die week in die geskiedenis – Julie tot Augustus 1863′

Die week in die geskiedenis – 24 Julie 1964

Harris – Foto: The Witness, 2010-04-01

Op 24 Julie 1964 ontplof ‘n bom op Johannesburg stasie. ‘n Ouma van 77, Ethyl Rhys, is in die ontploffing oorlede en 23 ander mense, insluitend Ethyl Rhys se kleindogter, Glynnis Burleigh is ernstig beseer en verbrand.

Slegs sewe ure later het die Veiligheidspolisie die bomplanter, Frederick John Harris, gearresteer. Harris was lid van die anti-apartheidsbeweging, die African Resistance Movement. Die beweging het hoofsaaklik bestaan uit lede van die Liberale Party wat gefrustreerd geraak het met politieke partye se onvermoë om apartheid afgeskaf te kry en besluit het om ‘n meer gewelddadige program te volg. Harris was ook instrumenteel daarin om Suid-Afrika uit die Olimpiese Spele verban te kry. Hy het in 1963 na Switserland gereis en voor die Olimpiese Komitee gaan pleit vir die uitsluiting van Suid-Afrika en in 1964 is die land die eerste keer nie toegelaat om aan die Spele in Tokyo deel te neem nie.

Lees verder ‘Die week in die geskiedenis – 24 Julie 1964′

Is ons nou op die Titanic?

Titanic bly ʼn fliekervaring soos min – seker gedeeltelik omdat dit op die waarheid gebaseer is. Een van die dele wat my elke keer opnuut skok, is wanneer die passasiers in die reddingsbootjies begin klim en lieg en bedrieg om hulleself te red. Ek wonder altyd moedswillig wat ek sou gedoen het?

Deesdae voel heelwat mense om my – en ek praat van gewone middelklas Afrikaners soos ek – al meer vir my na die mense op die Titanic se dek. Van hulle skroom nie om te vertrap nie, solank hulle net hulle sin kan kry. Die raamwerk van die wet word skynbaar deur hulle as uitgedien beskou met die verskoning dat “ander mense hulle ook nie daaraan steur nie, so waarom moet ek?” Asof een fout ʼn tweede kan regverdig. Waar hou rede en beskaafdheid op en begin anargie? Lees verder ‘Is ons nou op die Titanic?’

Die tweesnydende swaard van e-pos en die internet

E-pos en die internet is waarskynlik twee van die wonderlikste uitvindings van ons tyd.  Met die druk van ʼn knoppie smelt afstand weg en het jy toegang tot geliefdes, kollegas, en feitlik onbeperkte vermaak, inligting en bemarkingsmoontlikhede.  Hierdie bevryding bring egter ook groot verantwoordelikheid mee.

Die afgelope twee dae word Solidariteit, AfriForum en AfriForum Jeug toegegooi onder navrae oor ene Thato Mbateti Mbateti se haatspraak teen president Zuma en wittes op Facebook.  Die meerderheid van die mense stuur hierdie Facebook-plasing ook die wêreld vol aan letterlik almal in hulle adresboeke, asook aan regeringsowerhede, politieke partye en ander organisasies.  Lees verder ‘Die tweesnydende swaard van e-pos en die internet’

Bladsy 2 van 212



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube