Gister het Helen Zille die Menseregtekommissie versoek om die dienslewering van die departement van Binnelandse Sake te ondersoek. Dit volg na die dood van 4 kinders, tussen 2 en 9 jaar oud, van ontberinge terwyl hulle ma’s vir hulle kos gesoek het. Die ma’s kon nie kindertoelae vir die kinders kry nie, omdat hulle nie geboortesertifikate gehad het nie en Binnelandse Sake na bewering gesê het dit sal meer as ses maande neem om die sertifikate te kry. Lees verder ‘Binnelandse Sake – vriend of vyand?’
Outeur Argief vir Alana Bailey
Die temalied van vele Suid-Afrikaners, en helaas veral ook vele Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners, is dat “Afrikaans se dae getel is omdat dit nie ʼn internasionale taal is nie”. Tans ignoreer al wat staatsdepartement is, om nie van instellings soos die IoD en die FSB te praat nie, Afrikaanssprekendes se taalregte blatant. Studente moet behoorlik baklei om aan Afrikaanse universiteite in Afrikaans te kan studeer. Maar ten spyte van al die slegte nuus en minagting van ons taal, hoor jy steeds van mense wat – om dit nou reguit te stel – vreesloos Afrikaans bly en geen tree hoef terug te staan vir hulle “oh so very English” Afrikaanse kompetisie nie. Wanneer ek ry, kyk ek uit vir lekker Afrikaanse besigheidsname – van die “Koffie en Katel” bed-en-ontbytplek doer ver, tot by Skitterblink Wassery in Stellenbosch en Papnat Besproeiingsdienste in my eie buurt. Lees verder ‘Wynmaker van die jaar is ambassadeur vir Afrikaans’
Na 23-jaar in die middestad van Pretoria, trek ek weg na ʼn boomryke woonbuurt. Vir die eerste keer in my lewe het ek my eie tuin waar ek kan plant, bossies uittrek en wasgoed ophang. Dit neem ʼn rukkie om aan die luukse gewoond te raak. Toe besluit ek om by die buurtwag aan te sluit. Lees verder ‘Wat kan ons doen aan die moorde?’
Op 29 September 1652 het lede van Van Riebeeck se reisgroep die eerste keer Tafelberg geklim. Hulle gids was die Khoikhoi-tolk Autshomao, ook bekend as Harry die Starndloper. Hy was lid van die Goringhaicona-stam wat ook die Strandlopers of Watermans genoem is, en het op ‘n Engelse boot na Bantam gevaar, waar hy kennis van Engels en Nederlands opgedoen het en die naam Harry gekry het. Die berg is geklim omdat die Nederlanders verdedigingsmoontlikhede van die Kaap moes ondersoek en ook sommer die omgewing wou verken. En wat ‘n omgewing is dit nie om te verken nie, met ‘n ryk verskeidenheid fauna en fynbos teen die hange. Fynbos bestaan uit 4 plantgroepe, naamlik proteas, erikas, restios (rietagtige plante) en geofiete, wat die bolplante soos disas en watsonias is. Vandag nog kan ‘n mens die berg uitklim, maar dis beter om dit saam met ‘n ervare gids te doen.
Op 26 Augustus 1933 is die eerste Afrikaanse Bybelvertaling deur die land bekendgestel. Die hoogtepunt van die seremonies het in Bloemfontein plaasgevind. Vir die eerste keer kon mense die Bybel in Afrikaans lees. AfriForum bring graag hulde aan die vertalers wat vir hierdie mylpaal verantwoordelik was, naamlik prof. J.D. du Toit (Totius), prof. E.E. van Rooyen, prof. J.D. Kestell, dr. H.C.M. Fourie en prof. B.B. Keet.
Op 17 Augustus 1779 het luitenant-kolonel Robert Gordon amptelik die naam “Oranjerivier” aan dié rivier toegeken. Lees verder ‘Van toeka tot nou – 17 Augustus 1779 – Robert Gordon gee die Oranjerivier sy naam’











