Gisteraand was daar ʼn debat op die program Asikhulume op SABC1. Die debat het gehandel oor die werkers se lot by die goudmyne van Aurora. Die debat het finaal bewys dat Aurora totaal onbevoeg is om die myne te bestuur. Sommer op TV het die direkteur van Aurora, Thulane Ngubane dan ook die myne weggegee. Asof die TV kykers iets daaraan kan doen. Na die tyd het die TV kykers egter 100% gestem dat Aurora onbevoeg is om die myne te bestuur.
Die debat is eintlik baie komies maar as jy die werkers se hartseer deel soos Solidariteit en die NUM die afgelope jaar dan is jy woedend en glo nie meer een woord nie. Solidariteit is verteenwoordig deur Gideon du Plessis en die NUM deur Frans Baleni. Is dit die manier is hoe BEE in die toekoms gaan werk dan is Suid-Afrika in vir een groot ontnugtering.
Die Pamodzi likwidateurs het net natuurlik self soveel skuld in al die ellende. Terwyl hul net belangstel in likwidasie fooie het hul net verkeerde keuses gemaak en nie omgegee vir die werkers nie.
Kyk Asikhulume:










Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.