As die spelreëls nie werk nie

 

Op 10 Augustus word daar regoor die land gestaak. Die Letaba-Hospitaal naby Tzaneen word ook geraak. Hier word egter nie by die spelreëls van ʼn normale staking gehou nie en by die hekke vind daar  growwe intimidasie en onluste plaas sedert vroeg die oggend. Doktors en verpleegsters sukkel om by pasiënte te kom wat kritiese medikasie benodig.

Voertuie wat die terrein probeer binne gaan word beskadig. Die SAPD weier om op te tree of te help. Pasiënte word aan hul eie genade oorgelaat. Hul lyding moes verskriklik gewees het. Die doktors kan nie na hul kyk nie. Hul ontvang nie die nodige medikasie of kos nie.

Hierdie is ʼn voorbeeld van ʼn staking wat nie volgens die spelreëls verloop nie. Nie stakers word geteiken en die publiek in die geval weerlose pasiënte moet nog net doodgaan.  Dit is egter nie ʼn geïsoleerde geval nie. In Durban het dieselfde toneel afgespeel op dieselfde dag met dieselfde staking.

Gister het ʼn arbeidskenner ʼn beroep gedoen dat die spelreëls in die gevalle moet verander. Gaan dit gou gebeur? Ek twyfel.

Lees ook Jan de Lange se rubriek.

Geen verwante artikels nie.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Hannes Du Randt

    Ek voel baie mense soek werk, werk die vrot appels uit.

    Dis hoekom staats hospitale so pateties is mense word net indiens gestel oor hul vel kleur

    Hoekom moet jy meer. Geld kry as jy dit nie verdien nie

  • Reint Dykema

    Jy is reg Paul. Kyk net na die hoofstorie op die voorblad van vandag se Beeld: http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Stakers-pluk-kinders-rond-20100816
    Waarvan nou begin gepraat word is die geweldaddadige gemors wat nie goedgepraat kan word nie.

  • Paul

    Daar is ‘n groot verskil tussen ‘n staking en ‘n gewelddadige gemors…

  • Gert

    Die gemeenskap moet opstaan en kry die boere se veiligheids struktuur en jaag die SAPD en staker weg en doen self toegang beheer.

    Die oproeriges wat ander intemideer moet summier afgedank word.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube