Amper het ons groot pret. Duisende buitelanders besoek Tshwane en honderde Pretorianers gebruik die sokker Wêreldbeker om te betoog, staak en net pret te hê. Amper soos die Curriebeker wat gewen word maar die partytjie duur net vir twee maande.
Wie onthou nog die boere beleg vroeg in die 1990 toe die boere een oggend in Kerkstraat uitgekamp het voor die Uniegebou met hul trekkers en bakkies. Die stad het gestaan. Daar was die Pretoria musiekfeeste wat elke jaar groter is. Die laaste een met sowat 30 000 toeskouers. Daar is selfs Loftus vir Jesus waar almal een Saterdag vir Oom Angus gaan luister het. As die saak reg is sal die Pretorianers opruk. Daar is meer as 10 700 ondersteuners op die Faceboekgroep: Tswane se gat! Dis Pretoria!!!!
Ek dink dit is wat die Minister besef het toe sy Pretoria na Tshwane verander het. Goeie plan, verkeerde tydsberekening. Die geveg is egter nie verby nie. Een taktiese oorwinning is behaal. Die langtermyn strategie gaan egter voort om almal in Tshwane te laat bly.
Rekord het berig protes het gou opgevlam.
Rapport het berig oor die nuutste oorwinning dat Pretoria is weer Pretoira.
The Argus vertaal die verhaal hou die adjunk president die minister ‘n skrobering gegee het.
AfriForum het dit verwelkom.
Wat Pretoria ondersteuners nou moet doen is om te mobiliseer vir die volgende geveg. Sluit aan by organisasies soos AfriForum wat aan die voorste linies van die geveg staan.










Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.