AfriForum eis antwoorde van minister oor milisie-opleiding

 

Willie Spies vrae die vra.

Die burgerregte-inisiatief AfriForum het die minister van Verdediging, me Lindiwe Sisulu tyd gegun tot 17:00 vandag (1 September 2010) om vrae te beantwoord oor militêre opleiding vir ANCYL- en YCL-lede wat klaarblyklik binnekort ʼn aanvang by die Vloot se opleidingsbasis in Saldanha in die Wes-Kaap gaan neem.

Lees Beeld. Luister RSG. Kyk na kyk Net nuus.


AfriForum is bekommerd dat die beoogde militêre opleiding vir “genomineerdes van politieke partye” in stryd is met die bepalings van Artikel 199(7)(b) van die Grondwet, wat bepaal dat die SA Nasionale Weermag en lede van die veiligheidsmagte nie die belange van enige politieke party mag bevorder nie.

Minister Sisulu en verteenwoordigers van die ANC Jeugliga en die Jong Kommuniste Liga het in Mei 2010 planne bekend gemaak om militêre opleidingskampe vir jeuglede aan te bied, kort na die omstrede besoek van Julius Malema aan Zimbabwe, Venezuela en Kuba, vroeër vanjaar.

“Na ʼn openbare uitbarsting het die minister ʼn verklaring uitgereik wat beweer dat die opleidingskampe oop is vir alle politieke partye, maar verteenwoordigers van die drie vernaamste opposisiepartye het reeds aan ons bevestig dat hulle geen formele uitnodiging tot dié effek van die minister ontvang het nie”, het Willie Spies, prokureur van AfriForum, in ‘n verklaring gesê.

“Dit is van wesentlike belang dat ons nie die foute van ons noordelike bure in Suid-Afrika herhaal nie.  Die opstellers van die grondwet het ook verder goeie rede gehad om politieke partydigheid in die Weermag uitdruklik te verbied.  In Zimbabwe is jeug-lede van Zanu-PF wat opleiding in militêre milisiekampe ondergaan het, berug en gevrees vir hulle aandeel in geweld en intimidasie tydens verkiesingstye.  Ons moet ten alle koste ʼn soortgelyke situasie in Suid-Afrika verhoed”, het Spies gesê.

Indien geen antwoord van die minister se kantoor ontvang word nie, sal ʼn hersieningsaansoek more in die Noord-Gautengse-Hooggeregshof uitgereik word.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • http://www.solidariteit.co.za Paul Joubert

    Sover ek weet kan enige lid van die publiek (wat ANCYL- en YCL-lede insluit) sulke militêre opleidingskampe bywoon. Dit word gereeld deur die weermag by verskeie basisse gehou.

    Is hier dalk iemand wat in die gewapende magte is wat meer lig op die saak kan werp?

  • L.SAAIMAN

    Dit is absoluut verregaande.Kom neer op ‘n openlike oorlogverklaring,waarvoor belastingbetalers moet Pa staan.Die party is verby.Vir 16 jaar spog en mors hulle met kalwers grootgemaak deur blankes.Ons sal moet wakkerskrik, anders gaan ons nageslag daaronder lei.Probleem is dat deursnee afrikaner slapgat geword het.ASSEBLIEF word wakker,die filistyne is op ons.

  • http://www.solidariteit.co.za Reint Dykema

    Die DA het ook begin antwoorde soek:

    Military Training: Keep ANCYL away from the SANDF

    02 September 2010
    Release: immediate

    The Democratic Alliance (DA) believes the Minister of Defence and Military Veterans, Lindiwe Sisulu, should make a public statement explaining whether reports are true that youths recruited through political parties – most probably the African National Congress Youth League (ANCYL) – as well as the rural development and land affairs department will receive military training provided by the South African Navy (SAN).

    Earlier this year on 13 May 2010 the minister agreed to make arrangements for Julius Malema, together with other senior members of the ANCYL, to undergo two weeks of military training. The agreement was reached after a meeting between the minister and the national executive committee of the ANCYL to discuss the voluntary national service proposal.

    Moreover, it was confirmed today by an official that a period of military service – perhaps up to six months – may be provided to youths recruited to be part of the new National Rural Youth Service Corp being established by the rural development and land affairs department.

    The constitution makes it very clear that the defence force may never be used to further, in a partisan manner, any interests of a political party. The defence force should therefore never be drawn into party politics: a two week period of military training for Julius Malema and senior members of the ANCYL risks politicizing the military and undermining the constitutional principle of non partisanship of the defence force.

    The minister is playing with political fire and should not allow her political ambition and close relationship with the ANCYL to impair her political judgment and risks politicising the defence force.

    The DA therefore calls on the minister to make a public statement explaining whether it is true that the reported military training is going ahead and if it is true to immediately stop the military training reportedly being provided by the SAN.

    Media Enquiries:

    David Maynier MP

  • Reint Dykema

    Solidariteit het elke dag sy vinger op die pols: Volg ons op die volgende media: http://www.solidariteit-blog.co.za/solidariteit-en-sosiale-media/

  • L.SAAIMAN

    GOEIE MORE,
    EK WIL GRAAG OP HOOGTE GEHOU WORD OOR BELANGRIKE GEBEURE IN DIE
    LAND.POLITIES ENS.
    BAIE DANKIE.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube