Absa – The ugly

AfriForum het gister met Absa vergader oor die kwota debakel. Absa is verteenwoordig deur swaargewigte Louis von Zeuner, adjunk- uitvoerende hoof van Absa en Errol Smit hoof van reputasie. Aan AfriForum kant was Kallie Kriel en Dirk Hermann. Ek het die Facebookgroep: Stop ABSA kwotas/quotas verteenwoordig wat op daardie stadium reeds 4100 vriende gehad het.

Om ʼn lang storie kort te maak. Kallie Kriel wys toe aan Absa die SA Rugby brief waaroor al die bohaai gaan. Dit het aanleiding gegee tot die Beeld-artikel en die hele protesveldtog.  Louis von Zeuner trek toe op ons die Rapport artikel dat Absa geensins kwotas voorstaan nie. Hy gee vir ons die Radio Pretoria oorsig wat Absa alles vir rugby doen.

Op kyk Net se E nuus het Louis von Zeuner  bevestig   “Ons is nie die keurders nie, ons is nie die administrateurs nie”

Vandag, more, altyd saam. Die ouens spandeer miljoene vir rugby en hul grootste probleem is dat hul nog geld wil spandeer om die geliefde sport te bevorder. Hulle wil geen kwotas in die sport sien nie. Al wat hulle wil sien is stadions vol gelukkige toeskouers. Hulle soek volhuis skares vol positiewe energie waar almal welkom voel.

Nooit het hul nog vir SA Rugby gedreig oor kwotas nie. Daar is trouens ʼn memorandum van verstandhouding geteken op die dag dat Absa die Springbokke sal borg toe die Springbokke en All Blacks in Soweto gespeel het.  

Op die stadium is die indruk gekry dat Absa die onskuldige party in die hele geveg is. Hulle word as borg misbruik deur SA Rugby om druk op die unies te plaas om te transformeer. Hier het Freek Robinson van E-Nuus  alreeds Vrydag die spyker op die kop geslaan oor hoe lyk die rugby prentjie in die land.

So die vark in die verhaal is Hoskins en die ridder is Louis von Zeuner en Absa. Maar kan Beeld, AfriForum en meer as 4 000 Facebookvriende verkeerd wees in hul oordeel?

Absa wil onskuldig net transformeer en borg met geen voorwaardes en druk op SA Rugby nie. Moet die veldtog sy visier verskuif van Absa na Oregon Hoskins die president van SA Rugby. Enkele van die Facebookvriende het begin vermoed daar moet dalk ʼn ander skurk wees.

AfriForum het aan Absa voorgestel dat daar ‘n konsep skrywe aanvaar moet word wat wys dat Absa onskuldig is en dat SA Rugby die kwota agenda dryf. Dit konsep het soos volg gelees:

Na ‘n konstruktiewe gesprek het die partye ooreengekom dat:
• ABSA nie saamstem met die weergawe van dié bank se standpunt soos vervat in die President van SA rugby se skrywe oor transformasie aan die 14 provinsiale rugby-unies nie. ABSA onderneem om ʼn skrywe aan die onderskeie provinsiale rugby-unies te rig, waarin ABSA sal aandui dat dié bank géén rassevoorskrifte stel in die kies van Curriebekerspanne nie.
• AfriForum, in die lig van bogenoemde, sy openbare veldtog teen ABSA sal staak en sy fokus sal plaas om antwoorde van SA Rugby en Hoskins hieroor te verkry.
Absa het genoem dat hul na die bewoording sal kyk maar in beginsel stem hul saam.
Dit was dus Absa se woord teen die van Oregon Hoskins.

Toe slaan “skeidsregterfluitjie” toe en stuur die volgende sms in die vroeë oggend ure wat lees:  “Regan, I think you should write to the major unions on black players – judging from today’s games Lions 2, Bulls 1, Cheetahs 2 – they are not respecting the spirit and goals of transformation. Louis”

Die sms is dan ook deur Kallie Kriel onthul op Solidariteitradio.

Die debat het nasionaal gegaan op RSG.

Die sms strook woordeliks met Hoskins se brief wat twee dae na die sms aan die unies gestuur is en  soos onthul deur Beeld.
Die sms is ook die rede hoekom die veldtog moet verskerp.

Absa het egter die volgende verklaring aan AfriForum aan Afriforum uitgereik:

Absa is vir die afgelope 25 jaar die trotse borg van die Absa Curriebeker en het reeds aangedui dat daar oorweeg word om die borgskap van rugby uit te brei.

Absa vergader gereeld met SA Rugby om seker te maak dat beide partye die gees van die borgskap nakom – SA Rugby moet Curriebeker-rugby aanbied sodat die borg waarde uit die kompetisie kan kry – derhalwe was dit nodig om aan SA Rugby uit te wys dat hulle nie die Curriebeker-kompetisie hanteer soos wat hul onderneem het om te doen sodat maksimum waarde ontsluit kan word nie. SA Rugby bepaal hoe die kompetisie hanteer word – dit word nie deur Absa voorgeskryf nie. 

Absa het kennis geneem van al die kommunikasie wat oor hierdie onderwerp gevoer word. Absa plaas dit graag op rekord dat (a) daar geen dreigement aan enige rugbyowerhede gemaak is dat borgskappe onttrek sal word nie. Inteendeel, ons het fondse aan kleiner unies toegedeel buite die groter borgskap om rugby daar te bevorder (b) Absa nie kwotas voorstel of vereis nie. Absa het onder geen omstandighede aan SA Rugby vereistes gestel oor spansamestellings nie maar verwag dat SA Rugby hul onderneming oor hoe wedstryde aangebied word, moet nakom. (c) Absa aktief by ontwikkeling betrokke is deur die borg van twee rugbyakademies en een van die provinsies wat in die tweede liga van die Curriebeker speel – Absa verstaan dat ontwikkeling aktief op voetsoolvlak moet plaasvind.

Absa het SA Rugby versoek om toe te sien dat Curriebeker-rugby op so ’n manier aangebied word dat (a) spelers met potensiaal die geleentheid kry om vir hul provinsies te speel (b) die groot getal talentvolle spelers, soos duidelik gedemonstreer in ander afdelings van rugbykompetisies, die geleentheid kry om Curriebeker-rugby te speel, veral noudat die Springbokke nie aan die kompetisie deelneem nie (c) dit die geleentheid aan alle Suid-Afrikaners bied om die spel te ondersteun sodat groter toeskouergetalle na rugbywedstryde gelok sal word. SA Rugby het al met groot sukses hierdie betrokkenheid by SA O/19’s, O/21’s, die SA Sewes-span en die nasionale span bewerkstellig en daar moet toegesien word dat hierdie momentum nie binne die Curriebeker verloor word nie.

Absa spreek nie ’n mening uit oor hoe SA Rugby onderneem om die wedstryde aan te bied nie maar wys SA Rugby wel van tyd tot tyd op aspekte van hul ondernemings wat nie toegepas word nie – dit blyk asof SA Rugby selektief inligting beskikbaar stel om dit te laat blyk asof Absa slegs ’n spesifieke punt beklemtoon – dit is nie die geval nie – Absa verlang vol stadions en verwag dat SA Rugby sal toesien dat alle aspekte van die kompetisie nagekom word soos wat hulle onderneem het om te doen.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • cois

    Hoe kan n mens meeding,as jy nie die beste ou vir die job gebruik nie.Dis nou al vyftien jaar man,word wakker!!!

  • Maar nee

    So? Wat nou? Boikot ons vir ABSA of SA rugby? Neem bietjie nou ‘n standpunt in.

  • A van Coller

    Ek het ‘n paar jaar gelede bedrog by ABSA oopgevlek. Snaaks dat dit nooit die pers gehaal het??? Die “eerlike” kassiere van ABSA het gerieflikheidshalwe nog ‘n rekening geskep waar al die geld inbetaal is van outjies wat hulle kwitansie op die toonbank vergeet, of is dit doelbewus nie gegee nie?? Die arme persoon wie betaal se geld is dan gesteel deur ABSA PersoneelDaar is gerieflikheidshalwe ook geld ‘verkeerdelik na ‘n sekere paar rekeninge oorgeplaas wat dan “reggestel” is nadat die klient navraag gedoen het. Bewaar julle kwitansies baie goed.

  • Renier

    ABSA moet dan met dieselfde entoesiasme druk op die SAFA plaas om toe te sien dat sokker ook transformeer en meer wit spelers in die spanne kry.

  • James

    Ok. Baie woorde, maar die vraag wat ek vra en gevra het is soos volg: Wat is ABSA se standpunt, as borg, oor die gebrek aan verteenwoordiging in die PSL en in BAFANA?




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube