Vandag stik ek toe ek die Beeld lees. Op die voorblad staan: Absa ontsteld oor baie wittes in rugbyspanne. My gedagtes flits dadelik terug na einde verlede jaar toe FNB my net so vies gehad het. Toe is die blog geskryf: FNB – The bad news. Die het gehandel oor rassediskriminasie teen witwerkers se kinders by die bank met beurse.
Ek het my onsteltenis gaan toets by my vriende op die Solidariteit Facebookgroep om hul gevoel te toets. Ons klankbord altyd gedagtes en gee ʼn kopknik as daar verdere optrede moet kom.
Een van die grootste rugbyliefhebbers in die land Kallie Kriel van AfriForum het egter ballisties gegaan oor die blatante diskriminasie van Absa en so is ʼn nuwe veldtog gebore: Stop ABSA kwotas/quotas.
Teken protes hier aan: Stop ABSA kwotas/quotas
Sluit aan by die Facebookgroep: Stop ABSA kwotas/quotas en nooi al jou vriende uit.
Ek is nie bekommerd oor steun nie. Met die FNB veldtog, die briewe aan Zuma, en die T-skou het het die regsteller aktiviste gewys hul kan saamstaan as die oproep kom. Sosiale media gaan sentraal in die veldtog wees. Die krag is in voetsool veldbrande. Die aktiviste weet wie is hulle en hoe kan hulle ʼn verskil maak.
Rugby word ook nou in die mengsel gegooi. Vir lank is verdra wat gebeur met die sport. Nou is dit ons as publiek se geleentheid om te sê: “Genoeg is genoeg”. Al die spanne word betrek.
AfriForum
Mediaverklaring
17 September 2010
AfriForum loods veldtog teen ABSA se diskriminasie teen wit rugbyspelers
AfriForum het vandag ‘n omvattende veldtog teen ABSA begin, nadat dié bank amptelik by die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (SARU) aangedring het dat minder wit rugbyspelers in die Curriebeker-reeks moet speel. AfriForum se veldtog behels ‘n petisie teen ABSA wat op die webwerf www.afriforum.co.za afgelaai kan word, asook ‘n elektroniese veldtog wat per SMS, e-pos en op Facebook gevoer word. ‘n Facebook-blad, met die naam ‘Stop ABSA kwotas’ is ook reeds geskep.
Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, getuig ABSA se optrede van dubbele standaarde en diskriminasie. “ABSA het as spanborg van Bafana Bafana nie ‘n woord gerep toe dié sokkerspan met slegs swart spelers aan die FIFA-wêreldbeker deelgeneem het nie, maar wil nou as rugbyborg kom voorskryf hoe rugbyspanne saamgestel moet word,” het Kriel bygevoeg. Kriel het daarop gewys dat ABSA se optrede ‘n klap in die gesig van dié bank se wit kliënte is.
AfriForum gaan volgens Kriel ‘n gesprek met ABSA aanvra, waartydens die hantekeninge teen ABSA se optrede, wat nou met petisies ingesamel word, aan ABSA oorhandig sal word. Sou ABSA nie van sy diskriminasie teen wittes afsien nie, sal AfriForum volgens Kriel ‘n boikot-aksie teen ABSA loods. Die feit dat 34 450 minder mense vanjaar die voormalige Pretoria Skou bygewoon het na AfriForum se boikotaksie weens dié skou se besluit om sy naam na die Tshwane-skou te verander, het volgens Kriel gewys dat die publiek toenemend bereid is om hulle geld te laat praat vir dit wat reg is. “Indien ABSA nie hierdie saak regstel nie, sal die publiek ook hulle geld teen ABSA die praatwerk laat doen,” het Kriel gewaarsku.
Volgens Kriel word ABSA se diskriminasie teen wittes veral in ‘n ernstige lig gesien weens die feit dat die bank sy ontstaan te danke het aan wittes en Afrikaanssprekendes. “ABSA het eers sy rug op sy tradisionele kliëntebasis begin keer deur Afrikaans af te skaal en is nou selfs bereid om teen wittes te diskrimineer.
Kriel het herbevestig dat AfriForum ten gunste van sportontwikkeling in alle gemeenskappe is en het ‘n beroep op ABSA gedoen om eerder rugby-ontwikkeling verder te bevorder, as om streng rassekwotas af te dwing.
Sapa berig.
Kyk na E-nuus op kyk Net en SABC2 nuus.










Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.