ABN hou eerste werkswinkel

ABN logo

Die Afrikaner Burgerlike Netwerk het hul eerste werkswinkel gehou die week in Pretoria. Die ABN bestaan uit ‘n reeks Afrikaner organisasies wat besig is met scenariobeplanning. ‘n Hele projekspan werk aan die projek en kyk na verskeie opsies en daar vind gereeld werkswinkels plaas.  Vir meer inligting kontak Adele by: adele@solidariteit.co.za

Hennie de Wet vertel op Solidariteitradio wat is die ABN.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • http://www.louismarais.cz.cc Louis Marais

    Vertel my asb waar die jeug se betrokkenheid is by die ABN, want vir my klink dit soos ‘n klomp dinosourusse wat veg vir oorlewing. http://blog.afrikanervryheid.org

  • Johan de Beer

    Beste Hennie
    Ek sien dat die ABN-webwerf nie sonder ‘n gebruiksnaam en wagwoord toeganklik is nie.
    Ek het van jou verstaan dat die webblad wel toeganklik sal wees.
    Groete
    Johan de Beer

  • Johan de Beer

    Beste Hennie,
    Is die konsepbesprekingsdokument van die ABN (Prof Geldenhuys) asook die verslag van Prof Duvenhage beskikbaar?

    Groete
    johan de Beer

  • http://www.solidariteit.co.za Reint Dykema

    Beste Johan,

    Die ABN was ‘n oop proses waarna ons alle rolspelers van wie ons geweet het uitgenooi het. Dit is so dat almal nie daar was nie, maar ons het intussen met van die wat nie daar was nie soos die Afrikanerfront gepraat. Ons doel is nie om konsensus oor alles tussen almal te kry nie, maar om navorsing bekend te stel wat almal in hulle beplanning kan gebruik. Ons standpunt is wel dat dit waaroor ons verskil ons nie hoef te verdeel nie.

    Groete

    Flip

  • Johan de Beer

    Beste Hennie,

    Ek het onderstaande vonkpos rakende die ABN vir aandag Flip Buys gestuur. Dit sou goed wees indien daar iets aan die saak gedoen kan word aangesien die Afrikanerfront na my kennis voortgaan met die opstel van ‘n Vryheidsmanifes terwyl die ABN met scenariobeplanning besig is. Indien ons nie al ons mense betrek waaruit ‘n grootste gemene deler bepaal word nie, gaan ons nie die kritieke massa van Afrikaners kry om ‘n bepaalde verklaring (van eensgesindheid?), wat die nodige gewig dra, uit te reik nie.

    Groete
    —————————————————————
    From: Johan De Beer
    Sent: 16 July 2010 10:31 AM
    To: ‘adele@solidariteit.co.za’
    Subject: Aandag: mnr Flip Buys. Gesprekversoek.

    Beste Flip,

    Johan de Beer
    Ek het met opgewondenheid aan die eenkant, maar ook met kommer aan die anderkant van die ABN se eerste werkswinkel kennis geneem. Ek is tans deel van ‘n Afrikanergespreksgroep waarby Afriforum ook betrokke is asook die Afrikanerfront en die FAK. Verder verneem ek dat beide jy en Prof Duvenhage by die Burgerraadsvergadering op Oranië gaan optree.
    Ek het ‘n rukkie vantevore aan Hennie de Wet my bekommernis uitgespreek dat die organisasies wat tans by die ABN betrek is hoofsaaklik dié is wat hervorming gesteun het. Die Vryheidsgesinde organisasies met uitsondering van die TLU(?) en Oraniabeweging is afwesig en ontstaan die vraag of die tradisionele verdelingslyn nie weer geskep of beklemtoon word nie.

    Sou ‘n gesprek met die Afrikanerfront nie moontlik wees nie?

    Ek kan bemiddel indien so ‘n gesprek kon plaasvind.

    Groete




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube