Ek is oor die algemeen nie juis negatief oor die Wêreldbeker wat na ons land toe kom nie. Inteendeel – dit kan goeie geleenthede vir ons land bied, soos vir die toerisme ens. Ek dink wel die stadions wat gebou is, is ietwat uitspattig, want ons het mos goeie stadions wat maar net opgeknap kon word sou hulle dink dit is nie voldoende nie (ek meen hulle kon dit doen met Loftus).
Wat my wel woedend maak is die euwels wat saam met die derduisende mense na ons land gaan stroom. Vandag kondig die Central Drug Authority ook toe mos aan dat daar na verwagting 40 000 prostitute na ons land kom vir die “besigheid” tydens die Wêreldbeker! Kan jy dit glo? 40 000? Dan reken ons nie eens die derduisende prostitute in wat in ons land is nie.
Nou kyk, daar is nie vir my oor hierdie kwessie ‘n grys area nie. ‘n Vrou wat sê sy MOET dit doen om te oorleef, praat twak! Mense wat sê “shame” hulle moet oorleef – praat nog groter twak! Soos ek sê daar is NIE ‘n grys area nie – en praatjies van die wettiging van dié eeue oue euwel laat my kriewel van woede.









Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.