Onderrig is ‘n basiese mensereg en die omvang van so ‘n basiese reg moet jou dadelik in jou stoel laat regopsit en die belangrikheid daarvan besef. As enige van hierdie basiese regte aangetas word deur dwang van ‘n hoër gesag om ‘n eensydige verandering te maak, is daar geen ander keuse as om op te staan vir jou regte as ‘n Suid-Afrikaanse burger nie.
Maandelikse Argief vir Januarie, 2012
Dit behoort vir niemand nuus te wees dat die Suid-Afrikaanse arbeidsmark in 2008/09 ‘n woeste knou gekry het nie. Wat egter nie so dikwels die nuus haal nie, is die skerp kontras tussen wat met werksgeleenthede in die privaat sektor en werksgeleenthede in die openbare sektor gebeur het.
Volgens Statistiek Suid-Afrika (SSA) se kwartaallikse indiensnamesyfers (Quarterly Employment Statistics, of QES), wat ‘n redelik betroubare bron van inligting oor veranderinge in formele indiensname in Suid-Afrika is, het die formele sektor in die vierde kwartaal van 2008 ‘n indiensnamepiek van 8 512 000 bereik. In die daaropvolgende jaar het dit met 5% gedaal, tot ‘n laagtepunt van 8 086 000 in die eerste kwartaal van 2010. Sedertdien het dit stadig weer met 3,4% gestyg tot 8 359 000 in die derde kwartaal van 2011. Die jongste syfer is dus slegs 1,8% laer as die vorige hoogtepunt. Hierdie syfers vertel egter nie die volle verhaal nie. Lees verder ‘Meer staatswerkers plaas begroting onder druk’
Die Republikeinse voorverkiesings in Amerika en die partykongres van die Nederlandse Christen-Demokrate, die Christen-Democratisch Appèl (CDA), het op die oog af niks met mekaar te doen nie. Die twee gebeurtenisse werp egter ‘n interessante lig op die verskille tussen Amerika en Europa as dit kom by godsdiens en politiek.
Dit is ook van belang vir Solidariteit se lede, aangesien hierdie organisasie se struktuur en waardes nader aan die Europese model staan as aan die Amerikaanse een.
In die algemeen kan ‘n mens sê dat godsdiens in Amerika (en Suid-Afrika) ‘n baie groter rol in die daaglikse lewe speel as in Europa. Laasgenoemde se kerke loop leeg en die samelewing is grootliks gesekulariseer.
Neem een week se artikels waarin die ANC genoem word. Roer die brousel en stook dit verder met nog artikels en jy het: Die ANC pot van verdeeldheid.
In November 2011 het Cosatu in die Wes-Kaap te kenne gegee dat hulle die Kaapstadse administrasie na die gelykheidshof sou sleep oor wat hulle as diskriminasie teen arm werkers beskou.
In ‘n ietwat bisarre argument word die stad van diskriminasie teen armes beskuldig omdat die stad geld bestee om toerismeprojekte te ondersteun, maar nie om advertensies te plaas wat plaaslike verbruikers aanmoedig om plaaslik vervaardigde goedere te koop nie. Die veronderstelling is dat, deur plaaslike produkte te koop, meer plaaslike werksgeleenthede in vervaardiging behoue sal bly.
Blykbaar is verhoogde toerisme net tot voordeel van die “ryk base” en “middelklas werkers”, en is daar klaarblyklik geen “regte werkers” (m.a.w. laagbetaalde arbeiders) wat in die toerismebedryf werk nie. Terselfdertyd is daar blykbaar geen “ryk base” of “middelklas werkers” in die vervaardigingsektor nie – wat ‘n mens laat wonder teen wie Cosatu dan protesteer wanneer daar oor die vervaardigingsektor uitsprake gemaak word…
Lees verder ‘Mag werkers nie welaf wees nie?’
Margaret Thatcher se lewe is nou verfilm met die gesiene Amerikaanse aktrise Meryl Streep in die hoofrol. Dit het veral in Europa gelei tot ’n interessante debat oor haar beleid. Juis noudat die vryemarkstelsel en die kapitalisme hulle in ’n diep krisis bevind, is dit weer baie aktueel.
Thatcher het Brittanje van 1979 tot 1990 as eerste en tot nou toe enigste vroulike premier geregeer. Haar optrede en beleid roep tot vandag toe sterk negatiewe sowel as positiewe reaksies op. Dat haar skaduwee lank en steeds invloedryk is, staan egter soos ’n paal bo water.
![images[6]](http://www.solidariteit-blog.co.za/wp-content/uploads/2012/01/images6.jpg)


