Gepubliseer .
Die jaar was propvol dinge. Ek kan byna nie glo dat dit amper alweer Kersfees is nie! Die dolle gejaag wat reeds die winkels getref het, gaan net erger word hoe nader ons aan Kersdag kom.
Hierdie tyd hou vir my ‘n bekoring in. Al die liggies wat vrolik flikker, al die liedjies wat oral opklink.
Lees verder ‘Kersfees’
Gepubliseer .
“Ons Nederlanders het ʼn reg op slegte weer,” het die kop van ʼn artikel gelui wat verlede week in die Nederlandse koerant, De Volkskrant, verskyn het.
In die meeste lande, maar vir seker in Nederland, is die weer voortdurend ʼn onderwerp van bespreking. Almal is “deskundiges” en almal is alte lief daarvoor om te raai of die somer warm of die winter buitensporig koud gaan wees.
En as die weerman of -vrou op TV dit waag om reën te voorspel en dit reën toevallig nie in die Nederlandse “Putsonderwater” nie, dan reën dit wel klagtes in De Bilt, waar die KNMI (Het Koninklijk Nederlands Metereologisch Instituut) geleë is. As slegte weer dus voorspel is, dan móét dit eenvoudig kom. Lees verder ‘Die reg op slegte weer’
Gepubliseer .
Ek ken baie meisies wat jare lank al wag dat hulle ouens hulle moet vra om te trou. Sommiges wag al maklik vyf jaar lank… maar niks gebeur nie.
Die “groot vraag” word nie gevra nie.
My vermoede is dat die ouens vir iemand anders wag – hulle soek nog na hulle trou-vrou. Hulle wil eers hulle horisonne verken en verbreed.
Lees verder ‘Wanneer kom ons troudag, Gertjie?’
Gepubliseer .
Ek het onlangs die Harvard-historikus Niall Ferguson se nuutste boek, Civilization: The West and the Rest, klaar gelees en baie daaruit geput. Dit is ʼn monumentale stuk werk wat kernagtig die redes saamvat waarom die Weste sedert die 1500’s vir China, maar ook die res van die wêreld, ver oortref het. Hy gebruik ses ontledingskriteria, naamlik die wetenskapsrewolusie, vordering met medisyne, die beskerming van eiendomsreg, mededinging, die verbruikerswese, demokrasie en laastens die Protestantse werksetiek, om hierdie vordering te verklaar en te wys hoekom ander beskawings nie op dieselfde peil ontwikkel het nie. Terwyl dit nou allerweë gewild is om die Weste te roskam ná die resessie en die doodsklok vir hierdie beskawing te lui weens die opkoms van die Brics-lande (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika), is die Weste nog steeds baas op al hierdie gebiede en sal so bly vir ʼn geruime tyd. Hoekom sê ek so? Want die Weste verstaan demokrasie en al sy voordele en leef dit uit terwyl onlangse gebeure getuig dat veral lande soos Suid-Afrika en Rusland in die Brics-groep wegbeweeg van demokratiese politiek.
Lees verder ‘‘n Bang regering is ‘n goeie regering’
Gepubliseer .
Berig uit die Nederlandse parlement
“Die Nederlandse minister van buitelandse sake, mnr. Uri Rosenthal, het verlede Donderdag ’n mosie ten gunste van die Afrikaner ’omhels’. Daardeur staan die pad oop om hierdie week Dinsdag die mosie in die tweede kamer van die Nederlandse parlement te laat aanneem.”
Lees verder ‘Afrikaners ter sprake in Nederlandse parlement’