Ja, ons het regtig DSTV… en mp3-spelers (selfs mp4-spelers), skootrekenaars, selfone, Facebook en internet. Dit klink belaglik as ek dit so opnoem maar byna elke keer wat ek ʼn tiener van enige ander plek as Orania ontmoet is dit die antwoord op hul eerste vraag… Of eerder op hulle eerste 6 vrae. Met enkele uitsonderings na kom ek elke keer kort na die aanvang van so gesprek agter my (en elke ander Orania-tiener waaraan ek in ʼn oomblik kan dink) horisonne is wyer. En dit het niks te doen met die Karoo wat so plat is dat mens op ʼn goeie dag tot in die Kaap kan sien nie.
Maandelikse Argief vir November, 2011
Dit is weer daardie tyd van die jaar. Dit gons in die gange en by die watermasjien. Met rooktyd staan groepies en hou bosberaad oor hierdie jaar se eindjaarfunksie en die grensgevalle van verlede jaar word weer opgehaal. (Onthou julle vir Marie van admin wat twee weke in Vista opgeneem was nadat haar man saam met `n temp in die koi dam gevang is?). Dames gaan op `n kitsdieët van water, witdulsies en duiwelsdrek om binne een maand 15 kg te verloor om in die swart nommertjie in te beur wat in `n optimistiese bui twee nommers te klein gekoop is. Terwyl jy jou partytjievere regskud en stilettos afstof, onthou dat Bacchus se voggies die oorsaak was van vele bevorderingsbruê wat tot as verbrand is. Jou unieke interpretasie van die Leeuloop wat opgevoer is in die hitte van die oomblik (op die maat van die rum wat doef-doef deur jou are bruis) mag dalk net teen jou tel wanneer jy volgende keer `n salarisverhoging wil beding. Hoe gemaak sodat jou eindjaarfunksie aksiefoto`s op Facebook nie jou toekomstige loopbaanvooruitsigte beperk tot kruiwavoorman by Builder`s Warehouse nie? Lees verder ‘Eindjaarfunksie tussen die Daisies’
Gister het Helen Zille die Menseregtekommissie versoek om die dienslewering van die departement van Binnelandse Sake te ondersoek. Dit volg na die dood van 4 kinders, tussen 2 en 9 jaar oud, van ontberinge terwyl hulle ma’s vir hulle kos gesoek het. Die ma’s kon nie kindertoelae vir die kinders kry nie, omdat hulle nie geboortesertifikate gehad het nie en Binnelandse Sake na bewering gesê het dit sal meer as ses maande neem om die sertifikate te kry. Lees verder ‘Binnelandse Sake – vriend of vyand?’
In verlede week se artikel is die kwessie van Sasol se brandstofpryse uiteengesit. Daar word hierdie week steeds by die onderwerp van brandstofpryse gehou. Met die vakansieseisoen wat op pad is, is dit belangrik om vir vervoerkoste te kan begroot.
Die goeie nuus is dat die kleinhandelprys van petrol op Woensdag, 7 Desember na alle waarskynlikheid met 25 of 26 sent per liter sal daal. Die slegte nuus is dat die groothandelprys van diesel met sowat 36 tot 39 sent (afhangende van die swawelinhoud) sal styg. Hierdie syfers kan nog met ʼn sent of twee aangepas word voordat dit eerskomende Vrydag gefinaliseer word, afhangende van wat intussen met die wisselkoers en internasionale petroleumprodukpryse gebeur, maar enige afwyking sal nie groot wees nie.
Hierdie veranderinge sal die prys van 93-oktaan petrol in Gauteng dan op R10,34 per liter te staan bring, met 95-oktaan wat aan die kus R10,21 sal kos. Diesel met ʼn 0,05%-swawelinhoud se groothandelprys sal styg na sowat R10,38 in Gauteng, wat die kleinhandelprys tot bokant R11 per liter kan laat styg, afhangende van die vulstasie.
OPDATERING: Die finale daling vir petrol was toe 11c en die styging van diesel was nagenoeg 47c en 44c vir 0,05% swawelinhoud en 0,005% swawelinhoud onderskeidelik. Die rede waarom dit so dramaties verskil van die verwagtinge is dat talle van die toepaslike winsmarges aangepas is deur die Departement van Energie.
Dit mag vreemd voorkom dat diesel se prys kan styg terwyl petrol se prys daal, aangesien beide van ruolie gemaak word, Lees verder ‘Goeie en slegte nuus vir die vakansietyd’
Dit is nou al die hoeveelste keer wat ek sien dat ‘n ma onverantwoordelik, roekeloos en onnadenkend optree op die pad.
Die teken “Baba aan boord” gee haar mos die reg om te maak wat sy wil!
Jaag maar oor rooi ligte. Moenie stop by ‘n stopteken nie. Jaag oor ‘n sirkel sonder om voorrang te gee vir die persoon wat eerste daar was. Ry teen 120 km/h in die dorpsgebied. Wys verwoed tekens en swaai met die hande.
Elke internasionale nuuswebwerf se hoofstories handel deesdae oor die nimmereindigende skuldkrisis in Europa. Spanje, Italië, Griekeland en Portugal is veral ernstig in die knyp. Hulle het hul bevolkings vir lank kunsmatig opgepiep deur hoë maatskaplike besteding terwyl die produktiwiteit en werklewe van die bevolking nie aan hierdie eise kon voldoen nie. Al herstel Griekeland se ekonomie heeltemal, sal elke Griek (en so ook elke Duitser, Chinees, Suid-Afrikaner, Italianer, ensovoorts) vinnig ʼn kopskuif na die nuwe kennisekonomie moet maak of in ekonomiese vergetelheid verdwyn. En vir diegene wat gedink het die vryemark is dood ná die probleme die laaste paar jaar, leef in ʼn dwaas-idealistiese wêreld: Die kennis-ekonomie en die vrye mark is onlosmaaklik ineengestrengel.
Lees verder ‘Skuldkrisis het net die onafwendbare verhaas’
