Gepubliseer .
Die datums wat in die publisiteitsmateriaal van die sensus gebruik is, 10 tot 31 Oktober, kan mense laat dink dat die sensus nou heeltemal afgehandel is. Hoewel die grootste deel van die veldwerk van die sensus wel reeds afgehandel is, is die dataversameling van die sensus nog nie heeltemal voltooi nie. Moet dus nie verbaas wees indien sensuspersoneel met hul geel (of blou) oorbaadjies steeds die strate sigbaar is vir die volgende paar weke nie.
Van 1 tot 14 November (dit kan moontlik verleng word) is daar ʼn “opruimingsperiode” waarin die sensus-veldwerkers se toesighouers (wat blou oorbaadjies dra) sal uitgaan om seker te maak dat alle vraelyste wat by huishoudings gelos is, wel ingevul en ingesamel is. Huishoudings waarmee daar van 10 tot 31 Oktober nie kontak gemaak is nie, of wat geweier het om deel te neem, sal ook besoek word. So ook huishoudings wat vraelyste ooglopend verkeerd of onvolledig ingevul het. Dit is belangrik om daarop te let dat al die vrae op die vraelys noodsaaklik en verpligtend is – lees gerus die artikel by die volgende skakel vir meer inligting daaroor. Natuurlik geld die normale voorsorgmaatreëls om vreemdelinge te identifiseer steeds.
Enigiemand wat nog nie besoek is nie, kan Statistieke Suid-Afrika in kennis stel daarvan, op hul tolvrye nommer: 0800 110 248 of by census2011@statssa.gov.za. Lees verder ‘Die sensus is nog nie verby nie’
Gepubliseer .
Sulke gebeurtenisse is seldsaam, maar Saterdagaand het die vreugdevure hoog gebrand vir die Goue Leeus ná hul oorwinnings oor die Haaie op hul tuisveld, Coca Colapark, oftewel Ellispark van ouds. Ek is baie bly vir hulle, want die vernedering van die afgelope paar seisoene het amper onuitstaanbaar geword – selfs vir mense soos ek wat hulle nie eens ondersteun nie! Dit is altyd vir my interessant om seëvierende spanne se meteoriese opgang van vergetelheid na te speur en dit vir myself of in ‘n ander arena toepaslik te maak. Net soos die Leeus, is die Afrikaner in ʼn soortgelyke benarde posisie op verskeie vlakke. Afrikaners het egter baie om by hulle te leer en dat die suksesse wat die Leeus nou beleef, ook in ons gemeenskap aan’t gebeur is.
Lees verder ‘Wat Afrikaners by die Goue Leeus kan leer’
Gepubliseer .
Waarom is dit vir die hele wêreld – met inbegrip van Suid-Afrika – van die grootste belang dat die Griekse skuldkrisis vandeesweek op die een of ander manier opgelos word? Griekeland is mos maar ’n klein, onbelangrike landjie!
Maar ongelukkig vir die res van die wêreld is hy deel van sowel die Europese Unie (EU) as die eurosone. Saam met 17 van die 26 lede van die EU gebruik hy die euro as betaalmiddel.
Lees verder ‘Griekse skuldkrisis onder die vergrootglas’
Gepubliseer .
Die minister van finansies, Pravin Gordhan, het vandeesweek sy jaarlikse mediumtermynbegrotingstoespraak (MTBPS) gelewer. Die oorhoofse strekking van die toespraak was positief en gerusstellend. Die minister is terdeë bewus van die feit dat die staat se fondse beperk is tot dit wat die privaat sektor aan belasting kan afstaan. Anders as talle ander figure in die regerende party en dié se alliansievennote, besef Gordhan dat die staat nie net kan aanhou spandeer sonder om aan die terugbetaling van skuld te dink nie.
Op etlike punte het Gordhan se toespraak egter ʼn gevoel van déjà vu laat opkom. Talle van die stellings wat gemaak is, is al dikwels voorheen deur die minister gemaak, oënskynlik sonder dat iets daadwerkliks intussen gedoen is om die gestelde doelwitte ʼn werklikheid te laat word.
Hieronder volg die minister se stelling oor die regering se spandabelrigheid en vermorsing van geld op onnodige luukshede uit 2009 se toespraak, gevolg deur die eggo’s daarvan in 2010 en 2011 se toesprake:
Lees verder ‘Minister sê, maar is dit déjà vu?’
Gepubliseer .
Hierdie week het ‘n paar artikels in die koerante vir my uitgestaan. In elke geval is dit tieners wat in die verskriklikste geweldsmisdade betrokke was. Die hofsaak van ‘n meisie en haar broer wat hulle ouers vermoor het is hervat en in nog ‘n geval is ‘n jong meisie is in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal nadat vier jongmense (drie van hulle is tieners) haar in ‘n oënskynlike satanistiese ritueel aan die brand gesteek het. Waar kom al die aggressie vandaan? Verskeie studies probeer antwoorde bied: Een so studie wat in die VSA gedoen is beweer dat tieners wat baie gaskoeldrank drink meer geneig is tot geweld terwyl nog ‘n artikel die gevloekery op TV blameer. Hoewel ek nou nie ‘n studie onderneem het om dit te bewys nie, is ek meer geneig om aan te voer dat kinders se aggressie as gevolg van ‘n gebrek aan opvoeding en betrokkenheid by die huis veroorsaak word. Lees verder ‘Waar kom al die aggressie vandaan?’
Gepubliseer .
![schoolchildren_wideweb__470x311,0[1]](http://www.solidariteit-blog.co.za/wp-content/uploads/2011/10/schoolchildren_wideweb__470x31101-287x300.jpg)
Kinders wat op die roete van en na skole wegraak is weereens ʼn baie warm gesprek in die media, dit nadat Louis de Waal ontvoer en vermoor is. Na aanleiding hiervan het die Gautengse onderwysdepartement dit goed gedink om ʼn veiligheidsprogram in samewerking met die departement van gemeenskapsveiligheid te loods.
Dit is alles goed en wel, maar dit sluit sekere skole uit. Wat moet die res van die skole doen? ʼn Mens kan mos nie met sekerheid sê ontvoerders, moordenaars en boewe gaan net op hierdie en daardie skole se kinders toeslaan nie?
Lees verder ‘Kinderbeskerming??’