Bladsy 1 van 6123...Laaste »

Maandelikse Argief vir September, 2011

OESO se leidende aanwyser draai

Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO) is ʼn organisasie wat tans uit 34 lande met relatief hoë gemiddelde lewenstandaarde bestaan. Die lidlande van die OESO is gesamentlik vir sowat 55% van die wêreld se ekonomiese aktiwiteit, gemeet aan die bruto binnelandse produk (BBP), verantwoordelik.

Hierdie lande stel elkeen afsonderlik ʼn leidende aanwyser vir ekonomiese aktiwiteit saam. Hierdie 34 aanwysers word dan gekombineer volgens elke land se ekonomie se relatiewe grootte, en ʼn gesamentlike leidende aanwyser word dan verkry. Hierdie aanwyser voorspel tydperke van bogemiddelde ekonomiese groei en ondergemiddelde groei (nie noodwendig resessies nie) redelik goed. Dit neem gewoonlik sowat ses tot nege maande voordat dit wat met die OESO se leidende aanwyser gebeur, ook met werklike ekonomiese aktiwiteit in die OESO-lande begin gebeur.
Lees verder ‘OESO se leidende aanwyser draai’

Die skandes van vroulike bestuurders

“’n Despoot en ’n sonkoningin.” Dis hoe amptenare van die Nederlandse Centraal Orgaan voor de opvang van Asielsoekers (COA) hul direkteur beskryf.

Die laaste paar maande het ’n hele paar skandale rakende bestuurders van regeringsinstellings in Nederland die lig gesien. Opvallend was almal daarvan vroue.

Lees verder ‘Die skandes van vroulike bestuurders’

Ma! Pietertjie slaan terug!

Die ANC se skreeuende reaksie op AfriForum se haatspraak-oorwinning laat my dink aan ʼn storietjie uit my kinderjare. Daar het ʼn boelie in die buurt gebly, wat veral op die bure se klein Pietertjie gepik het. Boelie het die arme Pietertjie kort-kort getimmer totdat dié se Pa seker dik vir die storie geword het en vir Pietertjie ʼn paar truuks geleer het. Nie lank daarna nie was dit weer sulke tyd: Boelie jaag vir Pietertjie. Maar die keer het dinge anders verloop, en nie lank daarna nie kom Boelie huil-huil by die huis met ʼn blou oog aangehardloop: “Ma Ma, Pietertjie slaan terug, Pietertjie slaan terug!

Lees verder ‘Ma! Pietertjie slaan terug!’

Nuwe spoedgrens nie die oplossing

Soms wonder ek of die regering regtig hard genoeg nadink oor besluite wat geneem word en of hulle nie dalk sommer net halsoorkop iets besluit omdat dié se broer of adviseur dink dis ʼn goeie idee nie?

Lees verder ‘Nuwe spoedgrens nie die oplossing’

Komaan, lag ‘n bietjie!

Ons almal ken Nicolas Chamfort se aanhaling, “Die mees verspilde dag is wanneer ons nie een keer gelag het nie.”

Iemand het eenkeer vir Henriëtta Gryfenberg gevra waarom sy altyd vir haar eie grappe lag. Sy het geantwoord: “Want dis die eerste keer dat ek dit ook hoor!”

Die lekkerste lag is die een wat sommer so in jou keel opborrel dat dit uitbars soos ʼn damwal wat breek. Sommer so ʼn onverwagse lag.

Navorsing beweer dat “ʼn lag ʼn dag die dokter laat wag”!

Lees verder ‘Komaan, lag ‘n bietjie!’

‘n Les in grondwetlike demokrasie: ‘n Repliek op Adriaan Basson

Met die uitsondering van ‘n handjie vol joernaliste en redakteurs – wit én swart – word die heersende orde in Suid-Afrika feitlik apologeties deur die media aanvaar en met oordadige fluweel in die handskoen gekritiseer. En dít meer as 17 jaar nadat die ANC die leisels oorgeneem het en sy blatante korrupsie en polarisasie ‘n voldonge feit is.
Lees verder ‘‘n Les in grondwetlike demokrasie: ‘n Repliek op Adriaan Basson’

Bladsy 1 van 6123...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube