Bladsy 1 van 6123...Laaste »

Maandelikse Argief vir Augustus, 2011

Te veel goeters?

As dogtertjie was ek altyd verstom oor my ma se skoenerak. Daar was rooies en bruines en swartes en groenes en beiges. Daar was vales en blinkes en party het oop tone gehad en party het hoë hakke gehad. Sommiges was sommer net vir slons by die huis, en ander het sy aangetrek wanneer hulle na ʼn grênd funksie toe gegaan het. Party het sy nooit eers gedra nie. Sy was nog nie Imelda Marcos nie, maar daar was altyd baie.

Ek kan onthou dat my Pa nooit met my Ma se skoenrekening beïndruk was nie, maar steeds het sy nie ophou koop nie…

Lees verder ‘Te veel goeters?’

Dit is lentetyd

1 September is amptelik lentedag.

Na die koue, lang winter, is dit tyd dat die natuur weer lewe kry. Alles word groen en oral maak die blomme hul verskyning. Die voëltjies sing vrolik en die son kom vroeër op in die môre.

Die siklus van lente, somer, herfs en winter begin weer van voor af.

Lees verder ‘Dit is lentetyd’

Afrikaans is . . .

Hoeveel van ons dink gereeld oor die rol wat ons moedertaal in ons lewens speel. Is dit maar net ‘n semantiese kommunikasiemiddel wat ons gebruik in omgang met ander wat ‘n soortgelyke instrument besig? Hou dit ekonomiese waarde vir my in of skiet dit my ekonomies in die voet? Of is dit ten diepste ‘n uitdrukking van my identiteit en die hoeksteen van my bestaan? Hierdie is vrae waarmee ek julle wil los om oor te besin voordat ek my eie indrukke van Afrikaans in my lewe gee.
Lees verder ‘Afrikaans is . . .’

Oordrywing: Die ekstremiste se tydverdryf

Kahlil Gibran het die spreekwoord geopper: “An exaggeration is a truth that has lost its temper.” In Suid-Afrika werk ons met talle hartseer en uitdagende werklikhede: nypende armoede, gebroke families, ongelykheid, pa’s wat afwesig is, misdaad, ‘n verswakkende staat, ‘n uiters ondoeltreffende en korrupte regering, en so gaan die lys aan. Dat ons probleme in die land het, staan buite twyfel. Hoe reageer ons op hierdie probleme? Na my mening is daar grotendeels twee soorte beskouinge van hierdie probleme en twee reaksies.
Lees verder ‘Oordrywing: Die ekstremiste se tydverdryf’

“Regeer ons goed of ons regeer onsself!” ‒ strydkreet van die eeue

Selfbeskikking. ʼn Gelaaide woord met uiteenlopende betekenisse vir verskillende mense. ʼn Woord wat oor die eeue al vir menigte vryheid gebring het, maar wat se regte betekenis al net soveel uitgehol en misbruik is om opstand of verdrukking te probeer regverdig. ʼn Woord met ʼn skynbaar magnetiese aantrekkingskrag, maar wat al die slagoffer was van woordkapers soos kommuniste, nasionaliste en liberaliste. Maar wat beteken selfbeskikking regtig, en is dit nog betekenisvol vir die moderne Afrikaner in Suid-Afrika?
Lees verder ‘“Regeer ons goed of ons regeer onsself!” ‒ strydkreet van die eeue’

My ‘reception’ by Santam

Ek vat gister my kar na Santam nadat iemand my gestamp en ek ‘n eis ingedien het. Die ander party is by Outsurance verseker en ek by Santam. Mens moet in gedagte hou dat Santam ontstaan het as die Suid-Afrikaanse Nasionale Trust en Assuransiemaatskappy (kortom Santam) in 1918 omdat Afrikaners, wat op daardie stadium arm en platgeslaan deur die Tweede Vryheidsoorlog was, die behoefte aan ‘n versekeringsmaatskappy gehad het. Santam se vroeë leuse was “Gebore uit die volk om die volk te dien”. In die vermaerde prof. Hermann Giliomee se boek Die Afrikaners maak hy melding van die feit dat Santam en Sanlam ná groot terugslae en groot opoffering deur Afrikaners, asook hul volgehoue steun, bestendig uitgebrei het.
Lees verder ‘My ‘reception’ by Santam’

Bladsy 1 van 6123...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube