Gepubliseer .
Liewe Murphy
Ek hoop alles gaan goed met jou want dit gaan beroerd hier. Jy en jou “wet” het hierdie maand net weer gewys dat Murphy se wet werklik bestaan en dat jy mense teiken soos ʼn seuntjie wat by ʼn miershoop sit, een miertjie uitkies en sy voelers met ʼn vergrootglas afbrand.
Lees verder ‘ʼn Brief aan Murphy’
Gepubliseer .
Op Vrydag, 22 Julie 2011 tik ʼn jong man die volgende sin op sy rekenaar: “Ek dink dat dit my laaste bydrae is”. Dit is die laaste sin van ʼn manifes waaraan hy drie jaar gewerk het en wat hy die titel “2083 – A European Declaration of Independence” gegee het ‒ ʼn wrang verwysing na die Amerikaanse Verklaring van Onafhanklikheid van 1783.
Wrang, want dieselfde middag laat hy ʼn bom ontplof by ʼn regeringsgebou in die middestad van die Noorse hoofstad Oslo en ʼn paar uur later skiet hy 68 jong mense dood op die eiland Utøya.
Lees verder ‘Oslo – 22 Julie 2011′
Gepubliseer .

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het onlangs ʼn studie getiteld “Activities of young people in South Africa” vrygestel. Die data vir hierdie studie is versamel onder kinders van 7- tot 17-jarige ouderdom in die gesinne waar die opname vir die kwartaallikse arbeidsmagopname gedoen word. As sulks is die resultate van die studie dus nie uiters betroubaar wanneer dit opgebreek word volgens provinsies of bevolkingsgroepe nie, maar die oorkoepelende resultate is steeds interessant en insiggewend.
Lees verder ‘Feitlik geen kinderarbeid in Suid-Afrika?’
Gepubliseer .
Noudat Julius Malema en sy trawante in die ANC-Jeugliga op die agtervoet is weens Malema se “geheime trust” het hul besluit om ‘n mediaverklaring uit te reik. Hierin word Malema se ellende toegedig aan Naspers, die Ruperts en ook AfriForum. Ek kan verstaan dat hul nie lief is vir AfriForum wat die “Stop Malema” veldtog voer, vir Malema hof toe gesleep het vir haatspraak en ‘n klag by die SAPD ingedien oor Malema se korrupsie bedrywighede.
Lees verder ‘Almal is boos behalwe Malema’
Gepubliseer .
Die stelselmatige staatsverswakking van Suid-Afrika, is ʼn onaangename werklikheid wat sentraal in enige toekomsbeplanning moet staan. Werklikheidsdenke vereis ongelukkig die aanname dat hierdie staatsverswakkingsproses gaan voortduur, omdat die ideologiese redes hiervoor steeds die grondslag van die ANC-ideologie en -beleid vorm. Hierdie gevolgtrekking moet nie as ʼn swartgallige verwensing van die ANC-regering gesien word nie, maar as ʼn realpolitieke vertrekpunt waarvandaan daar vir ʼn veilige en voorspoedige toekoms beplan moet word.
Lees verder ‘Staat binne staat is oplossing vir staatsverval’
Gepubliseer .
Hettie het saam met haar man op die plot langs ons gewoon. Hulle was `n gewone paartjie behalwe vir die feit dat sy 30 was en hy amper 60. Hettie het by haar ouma in Pretoria Noord grootgeword en sy was maar te bly om haar van haar ou hande af te hê. Solank Hettie haar medikasie gebruik het was sy amper normaal maar op die naweke wat haar man sy ongeskiktheidspensioen gekry het, het die hare en bottelstukke behoorlik gewaai. Keer op keer het Hettie deur die draad geklim met `n blou oog en gekneusde ribbes en my ma huil-huil kom vra om haar na haar Ouma terug te vat. Skaars `n week later was sy maar weer terug nadat die Oom gaan mooipraat het en haar moes teruglok met `n plastiek Barbie perd en `n Pep Stores rok. Lees verder ‘Hettie se pienk fiets’