Bladsy 1 van 1212310...Laaste »

Maandelikse Argief vir Junie, 2011

So sterk soos ‘n bees

‘n Anonieme persoon het gesê: Mense is soos teesakkies – jy weet nie hoe sterk hulle is voordat hulle in kookwater beland nie.

Ek het sommer net vandag gesit en dink aan mense wat amper onoorkomelike dinge, oorkom het. Hulle is waarlik sterk mense! Dink maar aan Mathys Roets wat ná ‘n ongeluk die gebruik van sy bene verloor het. Hy bly positeif en hou aan veg. Ek kan nie dink dat dit aldag maklik is nie.

Lees verder ‘So sterk soos ‘n bees’

Vlaandere: Net nog ’n provinsie van België?

 

 

Vlaandere is tog maar net ’n provinsie van België, reg? Nie regtig nie. België is ’n federale land met vier outonome gebiede – elk met hul eie deelregering – waarvan die Nederlandssprekende Vlaandere die grootste en ekonomies die sterkste is.

Lees verder ‘Vlaandere: Net nog ’n provinsie van België?’

Waardeerder-generaal herinner aan Onteieningswet

In sy onlangse toespraak op die vergadering van Cosatu se sentrale komitee het president Jacob Zuma genoem dat daar beplan word om ʼn “valuer-general”  (waardeerder-generaal) vir eiendomstransaksies aan te stel. Dit blyk ʼn ernstige voorstel te wees, hoewel die postitel ietwat soos die naam van die aanvoerder van ʼn nare groep buiteruimtelike wesens uit ʼn tweederangse wetenskapfiksieverhaal klink.

Die waardeerder-generaal sal verantwoordelik wees om “norme en standaarde daar te stel om die mark vir eiendom te reguleer en om oor eiendomswaardeerders se werk toesig te hou”. Dit, sê die president, sal gedoen word “om te verseker dat die regering en burgers beskerm word teen uitbuiting deur gewetenlose spelers in die eiendomsmark”.
Lees verder ‘Waardeerder-generaal herinner aan Onteieningswet’

Statebondspele skaaktoernooi op eie bodem

 

De voorste junior in de toernooi is Aryan Chopra van Indië. Hier speel hy in die eerste rondte teen Heindrich Stroebe van Suid-Afrika. Chopra het nog al sy wedstryde gewen.

Suid-Afrika en Afrika bied vir die eerste keer die Statebondspele skaaktoernooi aan. Dit is gekombineer met die SA-Ope. Van die wêreld se voorste grootmeesters het hul skaak hier kom speel. Daar is 715 spelers wat deelneem van 15 lande af. Kyk mens na die groot gros van spelers dan is dit egter Suid-Afrika teen Indië. Ek het my begeef op die terrein van skaakfotografie om die hoogtepunte van die eerste aantal dae af te neem. Dit mag jy doen in die eerste 15 minute van elke rondte. Swart en wit fotografie het ook dan lekker gewerk om die emosies en denke saam te vat.

  Lees verder ‘Statebondspele skaaktoernooi op eie bodem’

Die Grondwet maak beloftes wat staat nie kan nakom

Hoe meer ek werk met die Grondwet en dit ontleed in ‘n politiek-ekonomiese konteks, hoe meer besef ek daar was grootmoedige beloftes in die onderhandelinge gemaak wat die staat nie vandag kan nakom nie. Baie van die bepalings gaan vir ewig papierregte bly omdat die staat bloot nie die vermoë het om hulle in werking in te stel nie. Dit geld vir “harde” regte soos huise, dienste en watervoorsiening asook sogenaamde “sagte” regte soos taal- en kultuuraangeleenthede.
Lees verder ‘Die Grondwet maak beloftes wat staat nie kan nakom’

Afriforum verwelkom ANC-besluit oor Inligtingswet

Oorhandig volgende week regsmening in Parlement

 AfriForum het die ANC se besluit om die omstrede Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting te heroorweeg, verwelkom.

Die ANC het vanoggend dié aankondiging gemaak en gesê dit is weens ernstige kommer wat deur senior ANC-lede en die burgerlike samelewing uitgespreek is. Afriforum het vroeër in ‘n skrywe aan die voorsitter van die ad hoc-komitee bemoeid met die Inligtingswetsontwerp gesê dat hy regstappe sal neem indien dié wet in sy huidige vorm afgedwing word.

Lees verder ‘Afriforum verwelkom ANC-besluit oor Inligtingswet’

Bladsy 1 van 1212310...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube