Gepubliseer .
Taai loononderhandelinge lê in die nasionale bedingingsraad vir die chemiese bedryf (NBCCI) voor, het die vakbond Solidariteit vandag gesê. Loononderhandelinge in die nywerheidschemikalieë-sektor van die NBCCI het Dinsdag op ʼn dooiepunt uitgeloop en ʼn geskil is by die bedingingsraad verklaar. Die vakbond het vroeër in die glassektor ook ʼn geskil by die bedingingsraad verklaar.
Lees verder ‘Solidariteit verklaar loongeskil in die nywerheidschemikalieë- en glassektor’
Gepubliseer .

Daar is vandag weereens berig dat nog geen verandering aan die “te wit” waterpolisie van die Gauteng-provinsie aangebring is nie. ʼn Opdrag om veranderinge aan te bring is verlede jaar deur genl. Phumzo Gela, hoof van misdaadvoorkoming in Gauteng, gegee nadat hy die eenheid weens rassesamestelling wou ontbind.
Maar wat my verstand te bowe gaan is dat 14 van die 19 swart kandidate, wat opgelei moes word as polisieduikers, na die eerste dag van opleiding net weg gebly het. Hoe kan daar blaam geplaas word as daar net nie samewerking is nie.
Lees verder ‘Waterpolisie in Gauteng “te wit”’
Gepubliseer .
Klein mensie, my hart is gebreek. Dit is stukkend. Maar dit is niks. Dit is niks teen die vrees van jy en pappa en mamma daardie dag ervaar het nie.
Klein mensie, ek weet julle was bang. Hulle was op julle. Wat het deur jou kop gegaan? Jy was nog so klein, maar klein mensies voel ook vrees aan hulle lyfies. Kon jy in mamma se oë die ontsaglike, bittere bangheid sien? Het jy gehuil, het jy geskree?
Lees verder ‘‘n Briefie vir klein Willemientjie’
Gepubliseer .
Elke land het gebeurtenisse uit sy verlede wat hy met trots onthou, ander wil hy liefs vergeet omdat hy skaam is daaroor, maar ander wil hy onthou juis omdat dit so verskriklik was.
So ’n gebeurtenis vir Nederland was die Duitse besetting van die Tweede Wêreldoorlog (1940-1945). Dit word jaarliks in Meimaand herdenk, omdat die Duitsers Nederland op 10 Mei 1940 binnegeval en op 5 Mei 1945 gekapituleer het. Dis die soet en die suur van die geskiedenis, maar veral ’n verlede met baie grys tinte.
Lees verder ‘Groot gebeurtenisse’
Gepubliseer .
Ek hoor nou die dag in die gange by ons werk hoe een kollega vir ‘n ander sê dat sy nou wil ophou rook. Ek het haar baie jammer gekry want dit is maar altyd sleg vir ‘n roker om te probeer ophou. Bo en behalwe die feit dat die nikotien verslawend is, dink ek die sosiale sy daarvan is ook ‘n groot gemis.
Gelukkig het ek nooit leer rook nie, maar ons almal het maar ons eie slegte gewoontes!
Lees verder ‘Die mag van die gewoonte’
Gepubliseer .
Vaardigheidskrisis in Telkom ná Solidariteit-waarskuwings op dowe ore val

Telkom se ondeurdagte goedkeuring van vrywillige skeidingspakkette (VSP’s), het binne ʼn maand tot ʼn ernstige vaardigheidskrisis by die telekommunikasiereus gelei. Telkom het nou talle werknemers wat pakkette geneem het, se uittreedatums hernu in ʼn poging om skaars vaardighede oor te dra, het die vakbond Solidariteit vandag gesê.
Lees Business Day.
Lees verder ‘Vrywillige skeidingspakkette: Meer as 1 500 Telkom-kundiges loop in Maart; syfers vir April steeds onbekend’