Bladsy 1 van 1312310...Laaste »

Maandelikse Argief vir Mei, 2011

AfriForum maak strategie vir burgerlike betrokkenheid bekend

AfriForum het vandag ʼn vyfpunt-strategie vir burgerlike betrokkenheid vir gemeenskappe bekend gemaak.

Die strategie het ten doel om die verval in plaaslike dienslewering deur gemeenskapsbetrokkenheid om te keer.

AfriForum het sy strategie bekendgestel op ʼn nasionale konferensie van gemeenskapsleiers wat vroeër vandag in Centurion plaasgevind het.

Kyk hier na die onderskeie voorleggings:  http://www.afriforum.co.za/referate-gehou-tydens-die-afriforum-konferensie-o 

Lees verder ‘AfriForum maak strategie vir burgerlike betrokkenheid bekend’

Solidariteit Helpende Hand stel verslag oor stand van Afrikaanse gesinne bekend

Die Afrikaanse gesin as die hoeksteen van ʼn stabiele samelewing en veilige hawe vir kinders  is onder geweldige druk. Solidariteit Helpende Hand kon deur navorsing ʼn foto van die Afrikaanse gesin neem vanweë kommer dat gesinsverbrokkeling ʼn onderliggende oorsaak tot die armoedevraagstuk is. In die verslag, wat vandag bekendgestel word, het dit duidelik geword dat die eise van die moderne lewe ʼn negatiewe invloed op die gesin en veral die kinders in ʼn gesin het.

Lees verslag Lees Beeld.

Lees verder ‘Solidariteit Helpende Hand stel verslag oor stand van Afrikaanse gesinne bekend’

Wat is in ‘n woord vir die ANC?

Politici is meesters van die woord. Dit is in die aard van die politikus om die regte semantiese speling vir die geleentheid te gebruik om sodoende goedgelowiges se steun te wen. Dink maar aan menigte kiesveldtog-mantras soos pres. Barack Obama van die VSA se treffende ‘Yes, we can’ en boodskap van verandering in 2008 en onlangs die DA se suksesvolle ‘Ons lewer dienste aan almal’ voor die munisipale verkiesing. Oudpres. Bill Clinton van die VSA het met eenvoudige boodskappe en woorde vir homself twee termyne in die Withuis verseker. Maar soms sit politici die voet stewig in die mond en die ANC het dit hierdie naweek weer met oorgawe gedoen. Soms is ‘n verduideliking ook bloot ‘n blatante leuen wat die publiek se intelligensie geringskat.
Lees verder ‘Wat is in ‘n woord vir die ANC?’

Alewig jonk

“Do one thing every day that scares you.”

Hierdie woorde van Eleanor Roosenvelt het my al verskeie kere aangemoedig. Dit herinner my om elke dag seker te maak ek ‘leef’ – dat ek nie net besig is om te ‘bestaan’ nie. William Wallace het gesê: “Alle mense gaan dood, maar nie alle mense leef nie.”

Mense is alewig op soek na ʼn kuur om jonk te bly – kyk maar na Riaan Cruywagen of wyle Chris Barnard. Ek het die kuur gevind!

Lees verder ‘Alewig jonk’

Vrees of verligting?

Ek hoor deesdae heelwat mense wat sê dat hulle bang raak as hulle ‘n polisiekar in die nag sien. Mens hoor sulke verskriklike stories, dat jy nie meer bly is en veilig voel wanneer jy ‘n polisieman gewaar nie, jy raak eerder bang en benoud.

Ek slaak gewoonlik ‘n sug van verligting wanneer ek nie afgetrek word nie!  Al is mens onskuldig en al weet jy dat jy niks verkeerd gedoen het nie, voel jy altyd skuldig en selfs bangerig oor wat hulle aan jou gaan doen.

Lees verder ‘Vrees of verligting?’

Tweede Aurora oorwinning: Aurora kry die trekpas; sekuriteitsmaatskappy moet toesig hou

Solidariteit prys nuwe likwidateurs se vinnige optrede

Die Grootvlei nommer 6 skag

Die vakbond Solidariteit het vandag die besluit deur die nuwe span likwidateurs van die voormalige Pamodzi-myne, om Aurora Empowerment Systems drie dae kans te gee om die mynbates in Orkney en Springs te ontruim, verwelkom. Solidariteit het hierdie besluit as die tweede groot oorwinning in die Aurora-sage die afgelope week bestempel nadat twee van die likwidateurs, Enver Motala en Gavin Gainsford vroeër die week ontslaan is. Die likwidateurs het ook aanbeveel dat ʼn sekuriteitsmaatskappy moet toesig hou terwyl die ontruiming aan die gang is, om seker te maak dat Aurora die mynbates nie verder kan stroop nie.

Die Grootvlei nommer 6 skag nadat dit deur Aurora gestroop is en verkoop is as afvalmetaal.

Lees verder ‘Tweede Aurora oorwinning: Aurora kry die trekpas; sekuriteitsmaatskappy moet toesig hou’

Bladsy 1 van 1312310...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube