Gepubliseer .
AfriForum gaan volstoom voort met sy haatspraaksaak teen Julius Malema en sal nie afsien van die standpunt dat Malema se gebruik van die “Skiet die Boer”-slagspreuk haatspraak is nie. Die ANC het in geen stadium in die verlede aangedui dat hulle met AfriForum hieroor in gesprek wil tree nie. AfriForum Jeug se vorige pogings om met Malema hieroor te praat, is met arrogansie en dreigemente begroet. Die ANC se ommeswaai om nou in die hof aan te dui dat hulle nog altyd met AfriForum hieroor wou praat, is ʼn skynheilige poging om hulleself as billik en versoenend aan die hof voor te hou.
Lees verder ‘AfriForum gaan volstoom voort met saak teen Malema’
Gepubliseer .

Flip Buys
Die vakbond Solidariteit het vandag, tydens sy nasionale kongres in Muldersdrift, bekendgemaak dat bykans 50 000 lede verlede jaar by die Solidariteit Beweging aangesluit het.
Lees verder ‘Bykans 50 000 lede sluit by Solidariteit Beweging aan’
Gepubliseer .
Mnr. Julius Malema gaan na verwagting more as getuie geroep word in die haatspraakverhoor oor sy herhalende sing van die omstrede lied Dhubula (i)Bhunu (Skiet die Boer).
Lees verder ‘Malema in getuiebank’
Gepubliseer .
Die hoofraad van Solidariteit het vandag besluit dat die vakbond geen politieke party tydens die komende plaaslike verkiesing gaan steun nie. Die vakbond het sy politieke onafhanklikheid bevestig, maar sy lede aangemoedig om te gaan stem.
Lees verder ‘Solidariteit gaan geen politieke party in verkiesing steun’
Gepubliseer .
Die jongste syfers oor likwidasies van maatskappye en beslote korporasies, sowel as die syfers oor insolvensies, is Maandag deur Statistieke Suid-Afrika (SSA) bekendgemaak. Daar was 350 likwidasies in Maart teenoor 399 in Februarie. Insolvensies van individue en vennootskappe in Februarie het 208 beloop teenoor 123 in Januarie.
Hierdie data is ongelukkig baie wisselvallig van maand tot maand, omdat die administratiewe prosesse wat met likwidasies en insolvensies gepaard gaan, dikwels opeenhopings in die stelsel veroorsaak, wat daartoe lei dat mens nie veel uit maandelikse syfers wys kan word nie. Indien die syfers kwartaalliks bymekaargetel word, word ʼn duideliker beeld geskep. Lees verder ‘Likwidasies stabiel, insolvensies daal’