Bladsy 1 van 1712310...Laaste »

Maandelikse Argief vir Maart, 2011

Labour Headlines -Spowart Resources 31/03/2011

 

Municipal worker arrested for selling jobs (News24)
A Mogale City local municipality employee was arrested on Tuesday for “selling” jobs that were advertised by the municipality in Krugersdorp.  The 38-year-old woman promised jobs to destitute applicants at the cost of R1 500 each

Home Affairs clears backlog (Fin24)
The Department of Home Affairs says it has processed all applications from foreigners for study, work, business and residence permits up to the end of January.  This does not include applications made by undocumented Zimbabweans under a special dispensation
See also BuaNews, Business Report p4
Lees verder ‘Labour Headlines -Spowart Resources 31/03/2011′

Brandstofheffings van dubbel die inflasiekoers wurg motoriste al drie jaar, waarsku Solidariteit

Motoriste dok moontlik tot R1/km op vir brandstof

 Die jaarlikse verhogings van die heffings op brandstof is die afgelope drie jaar reeds meer as dubbel so hoog as die inflasiekoers, ten spyte van die regering se eie doelwit om die inflasiekoers laag en stabiel te hou. Die verhogings van 10c in die brandstofheffing en 8c in die Padongelukkefondsheffing kom neer op ʼn 7,5 % verhoging in die heffings op petrol en ʼn 8 % verhoging in die heffings op diesel. Gemiddelde inflasie was egter slegs 4,3 % in 2010 en 3,9% oor die afgelope 12 maande.

Lees verder ‘Brandstofheffings van dubbel die inflasiekoers wurg motoriste al drie jaar, waarsku Solidariteit’

Oorlaai met kennis en niks wyser

 

Kernenergie? Gevaarlik, vernietig al die kernreaktors! Nee, kernenergie is die toekoms van die mensdom.

Aardverwarming: binne een geslag het ons die aarde vernietig! Onsin, die aarde word glad nie warmer nie.

Geneties gemanipuleerde kos: lewensgevaarlik! Aikôna, jy kan dit gerus eet.
Lees verder ‘Oorlaai met kennis en niks wyser’

Die toekoms van Afrikaans

 

Dit was ʼn Donderdagmiddag ʼn rukkie na werk toe die groot kar voor die Solidariteit- hoofkantoor stop. Die bestuurder het half onseker nader gestaan: “Is dit hier waar ons klere en dinge vir die arm mense kan aflaai?” Ek sê niks, my woorde raak maar partykeer op. “My ma’t gesê ons moet hierdie boeke sommer ook afgee. Dit het nog aan my pa behoort.” Ek buk af om te groet. In die kar sit sy vrou, twee laerskoolseuntjies en sy ma. “Ons gaan Australië toe, Oom”, sê een opgewonde. Die ouma sê niks. Ek vat die ou kleretas met die boeke; hy vat die sakke met klere, en roep die kinders om te kom help. Die tas is baie swaar. Sy vrou en ma stap ook saam. “Ja” sê hy. “Ons het maar besluit om te trek.” “Die misdaad en al die dinge. Jy weet mos.” Ek weet mos. By die Helpende Hand se stoor aangekom, fluit hy verbaas” Waar gaan al hierdie goed heen?” Ek begin verduidelik, hou toe maar op toe ek sien sy kop is klaar in Australië.

  Lees verder ‘Die toekoms van Afrikaans’

Werkloosheid – ʼn paar definisies en konsepte (Deel 1)

Werkloosheid is ʼn onderwerp wat, tereg, dikwels in Suid-Afrika bespreek word. Die manier waarop amptelike werkloosheidsyfers gemeet word en die definisies daaragter word egter nie ook so dikwels bespreek nie. Die gevolg is dat verkeerde afleidings dikwels gemaak word.

Die amptelike werkloosheidskoers word elke kwartaal deur Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) bereken op grond van ʼn opname wat op ʼn roterende steekproef van 30 000 woonplekke regoor die land gedoen word. Die data het slegs betrekking op mense van 15- tot 64-jarige ouderdom. Mense wat ouer as 64 is en wat wel werk, word nie ingereken by die syfers nie. Die inligting van die persone wat ten tyde van die opname in die woonplekke woonagtig is, word versamel. Indien niemand tuis is nie of as ʼn huishouding nie aan die opname wil deelneem nie, word daardie huishouding uitgesluit, maar die gemiddelde deelnamekoers is meer as 90%. Deur middel van statistiese tegnieke en skattings van die bevolking word die data wat versamel is, dan omgeskakel na ʼn beeld wat verteenwoordigend is van Suid-Afrika se arbeidsmark as geheel.
Lees verder ‘Werkloosheid – ʼn paar definisies en konsepte (Deel 1)’

Labour Headlines -Spowart Resources 30/03/2011

 

Mud rush incident’ kills miner (Business Day p2)
A miner was killed on Monday at the Marikana platinum mine in Rustenburg in a ‘mud rush incident’
Also reported in Mining Weekly, Business Report p19

Clothes factories threaten closure (Business Day p1)
The national bargaining council for the clothing industry says it will take legal action against manufacturers that have not complied with Friday’s deadline to pay 70% of minimum wage levels, but employers in KwaZulu-Natal who are members of the United Clothing and Textile Association are adamant that they have no intention of complying.  The association’s members employ about 28 000 clothing and textile workers

Lees verder ‘Labour Headlines -Spowart Resources 30/03/2011′

Bladsy 1 van 1712310...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube