Gepubliseer .
Regering se groei- en werkskeppingsteikens wensdenkery ‒ Solidariteit
Die vakbond Solidariteit het vandag die 4,4%-groei in die Suid-Afrikaanse ekonomie in die vierde kwartaal van 2010 verwelkom, maar gewaarsku dat die volhoubaarheid van dié groeisyfers steeds wankelrig is. Dít volg nadat die Suid-Afrikaanse ekonomie in die afgelope twee jaar, sedert die vlakke van 2008 vóór die resessie, slegs met 1,1% kon groei, wat die regering se teiken van 7% groei per jaar as wensdenkery ontbloot. Vervolgens is die regering se teiken vir werkskepping van 5 miljoen poste teen 2020, gemeet aan die huidige groeisyfers, waarskynlik net politieke praatjies en nie op realistiese vooruitskattings gegrond nie.
Lees verder ‘BBP: Groei goeie nuus, maar steeds wankelrig, maan Solidariteit’
Gepubliseer .
Wittes is gewoond om alleen aan die ontvangkant van regstellende aksie te wees. Bruinmense en veral die in die Wes-Kaap word ook nou betrek dat sowat 1 miljoen van die bruinwerkers daar oortollig is en moet verskuif volgens beplande wetgewing en Jimmy Manyi (In sy eie woorde op TV).
Die Burger waarsku vandag in ʼn hoofartikel teen die dwaasheid en sinistere plan. Ontleders waarsku ook dat die Werkplan ‘sal die ANC knou’. In Die Burger skreeu die ANC dadelik dan ook swart-gevaar taktiek. Asof die bruinmense nie vir hulself kan dink nie.
Luister SAfm en opvolg.
Lees verder ‘Die Kaap is kwaad’
Gepubliseer .
AfriForum het met verbasing kennis geneem van die ANC se aansoek om toetrede in die haatspraak-geding tussen AfriForum en Malema wat op 11 April 2011 in die Johannesburgse Hooggeregshof in aanvang gaan neem.
Willie Speis gee detail op Solidariteitradio en eNuus.
Lees Business Day en Sowetan.
Lees verder ‘ANC wil toetree tot Malema-hofstryd’
Gepubliseer .
Joemat-Pettersson hou haar doof, Mulder moet nou ingryp
Dit is reeds tien maande sedert die voormalige uitvoerende hoof van Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP), dr. Andile Dyasi, uit sy pos geskors is en vier maande ná sy afdanking en steeds weier Tina Joemat-Pettersson, die minister van landbou, om haar rubberstempel op die proses te plaas. Dít, reken Solidariteit, het nou al tot ʼn vermorsing van nagenoeg R2 miljoen gelei. Solidariteit dring nou daarop aan dat Dyasi se afdanking onmiddellik bekragtig en die pos so gou moontlik gevul moet word.
Lees verder ‘OBP dok reeds meer as R2 m. op vir afgedankde hoof ‒ Solidariteit’
Gepubliseer .
Wet jaag nuwe, onrealistiese rasseteikens, maan Solidariteit
Bykans 80%, oftewel sowat een miljoen, van alle ekonomies aktiewe bruin Suid-Afrikaners in die Wes-Kaap sal in ʼn ander provinsie ʼn heenkome moet vind, terwyl meer as een miljoen swart Suid-Afrikaners na dié provinsie moet trek as die voorgestelde wetswysiging vir die wet op gelyke indiensneming tot op die letter geïmplementeer sou word. As die wysiging aanvaar word, sal dit ook beteken dat meer as 300 000 Indiërs in KwaZulu-Natal uit dié provinsie sal moet padgee om rasseteikens te behaal.
Lees Rapport, Die Burger, AFP en M&G. Luister RSG.
Lees verder ‘Wet jaag nuwe, onrealistiese rasseteikens, maan Solidariteit’
Gepubliseer .
Na 23-jaar in die middestad van Pretoria, trek ek weg na ʼn boomryke woonbuurt. Vir die eerste keer in my lewe het ek my eie tuin waar ek kan plant, bossies uittrek en wasgoed ophang. Dit neem ʼn rukkie om aan die luukse gewoond te raak. Toe besluit ek om by die buurtwag aan te sluit. Lees verder ‘Wat kan ons doen aan die moorde?’