AfriForum het vandag in ʼn verklaring die Nama Khoi-munisipaliteit van gruwelike wanbestuur beskuldig nadat dit bekend geword het dat die dorp Springbok sonder water gelaat is. Volgens Cornelius Jansen van Rensburg, AfriForum se woordvoerder oor plaaslike regeringsake, ervaar Springbok al vir maande ernstige watertekorte. In een geval het ʼn huis al vir langer as 80 dae nie munisipale water nie.
Maandelikse Argief vir Februarie, 2011
Solidariteit Helpende Hand het met afgryse verneem dat ʼn man se bene geamputeer is omdat hy vir twee jaar nie genoegsame hulp by ʼn staatshospitaal gekry het nie.
Lees verder ‘Man se bene geamputeer ná swak dienslewering by staatshospitaal’
Noudat die bom gebars het rondom Jimmy Manyi en sy uitsprake oor die bruinmense in die Wes-Kaap is sy kommentaar dat hy dit kwytgeraak het as voorsitter van die Black Management Forum (BMF).

Paul van Deventer – Besturende Direkteur (links) wens Charl geluk. Regs is Philip Minnaar – Waarnemende Hoof van Sol-Tech.
Aanhouer wen: Dowe student én tolk kwalifiseer by Sol-Tech
Dit was ʼn groot uitdaging – nie net vir Charl de Beer, Sol-Tech se eerste dowe student nie, maar ook vir Sol-Tech, wat glad nie voorbereid was om vir gehoorgestremdes klas te gee nie. Maar, met die hulp van sy “tutor-tolk”, soos hy sy vriendin Leana van Rensburg noem, het albei verlede jaar as elektrisiëns gekwalifiseer.
Kyk Stube video van toe hul derdejaar was.
Lees verder ‘Aanhouer wen: Dowe student én tolk kwalifiseer by Sol-Tech’
Selfbeskikking is ʼn mooi woord. Trouens die woord alleen kan jou visie wees. Daar is baie gepraat op die blog oor Selfbeskikking. As mens na ʼn kaart van Suid-Afrika kyk is die prentjie taamlik swart. Die landskaart is 2001, dis die nuutste data en het verder negatief uit ʼn Afrikaner oogpunt ontwikkel wat die Wes-Kaap betref.
Lees verder ‘Bevolkingswerklikhede en opsies vir Selfbeskikking’
Die vakbond Solidariteit het vandag ʼn video van Jimmy Manyi, voormalige direkteur-generaal van arbeid en huidige regeringswoordvoerder, op YouTube geplaas waarin hy sê daar is ʼn ooraanbod van bruin mense in die Wes-Kaap. Volgens Manyi werk die ooraanbod van bruines in die Wes-Kaap nie vir hulle nie. In die video sê hy hulle moet oor die hele land versprei word en hulle moet die oorkonsentrasie stop. Daar moet gekyk word waar in die res van die land ʼn vraag na bruin werknemers is.
Lees Die Burger en The Star
Luister Solidariteitradio.
Lees verder ‘Daar is “oorkonsentrasie” van bruines in Wes-Kaap, sê Manyi’




