Gepubliseer .
Die hofaansoek wat AfriForum verlede jaar aanhangig gemaak het om te keer dat die minister van Verdediging, Lindiwe Sisulu, voortgaan met haar planne om militêre opleiding vir die ANC Jeugliga en die Jong Kommunisteliga aan te bied, draai vandag weer in die Noord-Gautengse Hooggeregshof.
Lees verder ‘AfriForum vandag hof toe oor militêre opleiding vir ANC Jeug’
Gepubliseer .
Die liefde is geduldig, blind en baie duur.
Tydens Valentyn-koors kan die prys van rooi rose gunstig kompeteer op die aandelemark met die van goud. Wat is liefde werklik? Sommige wetenskaplikes het die effek van liefde al vergelyk met `n neurologiese afwyking.
Is liefde net `n emosie? `n Maskerade tussen liggaam en brein waarin jy heel dikwels die gelukkige wenner is van die hofnar uitrusting?
Ons droom maar almal van daardie perfekte Cadbury oomblik met jou Romeo of Juliet.
Lees verder ‘Liefde laat die wêreld draai’
Gepubliseer .
Slaapversteurings soos insomnia, angstigheid, depressie, spanning, laat nagte as gevolg van werkvereistes of nagskofwerk. Alles veroorsaak moegheid in die oortreffende trap, of uitputting. Moegheid en uitputting as gevolg van te min slaap lei nie net tot laer produktiwiteit by die werk nie, maar kan selfs tot hallusinasies, psigose, verlaagde immuniteit, duiseligheid en aggressiewe gedrag lei.
Lees verder ‘Nog ʼn bietjie slaap, nog ʼn bietjie sluimer’
Gepubliseer .
Deur Inge Verwey
Solidariteit Helpende Hand het sedert Junie laas jaar ’n asemrowende 7000 beroepsleiding-gidse by Afrikaanse skole regoor Suid-Afrika versprei. Die doel van die beroepsleiding-gids is om jongmense oor skaars en kritieke vaardighede in Suid-Afrika in te lig. Die druk van gidse is moontlik gemaak deur die Dagbreek Trust.
Lees verder ‘Solidariteit Helpende Hand versprei duisende loopbaangidse landswyd’
Gepubliseer .
Die verhaal van Anne Frank is alombekend. Sy was ’n Joodse meisie wat in die Tweede Wêreldoorlog in Amsterdam moes wegkruip vir die Duitsers en in haar skuilplek ’n dagboek geskryf het wat intussen in tientalle tale vertaal is. Dis ook in Afrikaans vertaal deur die digter Lina Spies, as Agterhuis: Die dagboek van Anne Frank. Ongelukkig is Anne ontdek en het sy in Bergen-Belsen gesterf. Die huis in Amsterdam is nou ’n museum wat jaarliks honderde duisende besoekers trek.
Lees verder ‘Vrees vir ‘die ander’ begin weer groei’
Gepubliseer .
Nadat onveranderde kospryse in 2010 gehelp het om inflasie in toom te bring, word daar nou weer gewaarsku dat die situasie binnekort omgekeer kan word indien onlangse stygings in talle internasionale voedselkommoditeitspryse volgehou word. Die relatief sterk rand word as een rede voorgehou waarom ons in Suid-Afrika nog nie die effek van die stygende kommoditeitspryse op die winkelrakke gewaar het nie.
Daar is ʼn mate van waarheid in hierdie stelling, maar daar is ook ʼn ander faktor wat bydra daartoe dat ons kospryse nog nie weer beduidend begin styg het nie: Gemiddeld het kospryse in Suid-Afrika nooit weer ná 2008 se styging beduidend gedaal nie.
Lees verder ‘Kospryse hoog sedert 2008′