Bladsy 1 van 8123...Laaste »

Maandelikse Argief vir Desember, 2010

Solidariteit kondig regering se top-10-flaters vir 2010 aan

 

Die vakbond Solidariteit het  die regering se top-10-flaters wat in 2010 opskudding veroorsaak het, aangekondig. Die regering se hantering van die waterkrisis in die land word beskou as die grootste flater van 2010 en sal volgens die vakbond in 2011 daadwerklike optrede vereis om die skade wat reeds aan die land se skaars waterbronne aangerig is, te probeer beperk.

Solidariteit het die erns van die krisis benadruk en gesê dat wydvoorkomende en permanente skade reeds aangerig is en dat alles in die stryd gewerp sal moet word om verdere skade te voorkom.

  Lees verder ‘Solidariteit kondig regering se top-10-flaters vir 2010 aan’

Ouers gevra om kinders in moedertaal te laat onderrig

AfriForum het ʼn beroep op ouers gedoen om hulle kinders in die komende jaar in skole te sit waar hulle in hulle moedertaal onderrig kan word.  Ouers word ook deur AfriForum versoek om in ʼn toenemende mate druk op die regering te plaas om moedertaalonderrig te voorsien in gevalle waar dit nie reeds beskikbaar is nie.  Waar moedertaalonderrig beskikbaar is, moet ouers volgens AfriForum enige poging van die regering om moedertaalonderring in te perk, sterk teenstaan.

  Lees verder ‘Ouers gevra om kinders in moedertaal te laat onderrig’

Stilte

Ek het nou-net besluit: ek gaan nooit weer hierdie tyd van die jaar kom werk nie!

Die gange voel leeg en die stilte is allesoorheersend. Net hier en daar sit iemand agter ‘n lessenaar en werk. Die meeste van die kantoordeure is gesluit.

Lees verder ‘Stilte’

Staatshospitale: Is daar verbetering?

Ons het onlangs ʼn projek aangepak om meer uit te vind oor wat werklik in staatshospitale gebeur. Ek het die afgelope week maar sleg geslaap nadat ek mense se verhale oor hulle ervarings in staatshospitale gehoor het. My hart is seer en my kop kan nie sin maak van hoe mense so min vir ander kan omgee nie. Lees verder ‘Staatshospitale: Is daar verbetering?’

Die gewildste stories vir 2010 op die Solidariteitblog

 

Die lesers besluit wat is die gewildste stories op die Solidariteitblog en die resultaat word bloot gemeet. Die voorste stories loop egter hand aan hand met die belangrikste nuusgebeure vir 2010. Die moord op ET en die onsekerheid daarom was prominent. Die bakleiery met Absa het gesorg vir baie leesstof soos wat die Beweging en sy vriende ontnugter geraak het met die bank. Armoede gryp ons aan as ons sien hoe ons mense krepeer. Laer af is dit ook dan misdaad en Malema  wat ʼn probleem is.

Lees weer deur die stories en laat weet wie dink jy was die nuusmakers vir 2010.  

  1. die-raaisel-van-siener-van-rensburg/  
  2. een-dag-in-n-wit-plakkerskamp/ 
  3. ons-bank-het-ons-geskei/ 
  4. absa-–-the-bad-news/   
  5. in-the-case-of-afriforum-v-absa/  
  6. hoe-word-jou-regte-in-die-werksplek-beskerm/ 
  7. hier-is-jou-sterre-vir-vandag/
  8. absa-–-the-ugly/  
  9. die-foto-wat-skok-in-die-witplakkerskamp/  

Lees verder ‘Die gewildste stories vir 2010 op die Solidariteitblog’

Werkskeppingsprentjie steeds donker ten spyte van toename – Solidariteit

341 000 minder werksgeleenthede in SA as twee jaar gelede

 

Werkskepping in die formele sektor lyk steeds baie donker ten spyte van ʼn toename van 17 000 werksgeleenthede van Julie tot September vanjaar, het die vakbond Solidariteit vandag gesê. In September vanjaar was daar 341 000 minder werksgeleenthede in die formele sektor as in September 2008. Dié daling kom neer op ʼn vermindering van nagenoeg 14 000 poste per maand oor die afgelope twee jaar.

Lees verder ‘Werkskeppingsprentjie steeds donker ten spyte van toename – Solidariteit’

Bladsy 1 van 8123...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube