Woensdag is weer die Wêreldwye MIV/Vigs dag. Dan word die dag in elke groot werkplek oor die land herdenk. Toesprake word gemaak, kerse word aangesteek en vrywillige MIV toetse word gedoen. Lees verder ‘Solidariteit se posisie rondom MIV/Vigs’
Maandelikse Argief vir November, 2010
Die bloginskrywing : Een dag in ʼn wit plakkerskamp is die tweede gewildste bloginskrywing vir die jaar. Die foto’s het heelwat kommentaar, aksie en skenkings veroorsaak. Dit het ook in die Solidariteit Tydskrif verskyn as die eerste foto-dokumenter wat aangebied is om die verhaal te vertel van ʼn dag in ʼn witplakkerskamp.
Regering moet daad by die woord voeg met konstruksieplanne – Solidariteit
Werksverliese in die konstruksiebedryf sal waarskynlik nog in 2011 voortduur indien die regering nie daad by die woord voeg en hulle beloftes uitvoer om veral op munisipale vlak nuwe infrastruktuurkonstruksieprojekte aan te pak nie, het die vakbond Solidariteit vandag gesê. Die kwartaallikse indeks oor vertroue in die konstruksiesektor is gister deur Eerste Nasionale Bank en die Buro vir Ekonomiese Navorsing bekendgestel, maar volgens Solidariteit is die styging in vertroue wat dié indeks vir die vierde kwartaal getoon het, minimaal en nog geensins ʼn aanduiding dat die krisis in dié sektor verby is nie.
Lees verder ‘Afleggings in konstruksiebedryf duur waarskynlik voort in 2011, waarsku Solidariteit’
Die uwe mnr. Peter de Villiers, of ou snorre soos sy kritici hom graag noem, is nou amptelik ‘n kwota. Voor Saterdag se rugbywedstryd tussen die sak-en-as bokspan en die rooi bloeisels van Engeland het gerugte die ronde gedoen dat de Villiers sy afrigterspos kan kwyt wees indien die bokke hulself weer aan die verloor kant vind. De Villiers se statistieke lyk maar power, en aangesien sy kontrak ‘n prestasie klousule bevat, is die Suid-Afrikaanse Rugby Unie (SARU) geregtig daarop om sy handoek sommer vir hom in te gooi.
Lees verder ‘Bewyse dat “snorre” self ‘n kwota is’
Vrou elke 17 sekondes in SA verkrag
Solidariteit Helpende Hand Vroue in Aksie het vandag in ʼn verklaring bekend gemaak dat daar elke 17 sekondes ʼn vrou in Suid-Afrika verkrag word. Om dié rede skop Vroue in Aksie vandag ʼn nasionale veldtog af om Suid-Afrikaners aan te moedig om op te staan teen die mishandeling van vroue en kinders en te stem vir die herinstel van kinderbeskermingseenhede tydens die nasionale veldtog van 16 dae van aktivisme teen geweld teenoor vroue en kinders.
Lees verder ‘“Beskerm ons vroue en kinders daadwerklik!” eis Vroue in Aksie’
Apartheidshelde in Suid-Afrika het ‘n statussimbool geword, soortgelyk aan die waarde en eer wat aan ‘n Keiser, ‘n Prins of selfs ‘n nobelpryswenner van vrede toegeskryf kan word. Sonder om enige iets weg te neem van hierdie self-getitelde vryheidsvegters, word staatsbegrafnisse aan elkeen toegeken wat voor in ‘n optog teen die ou-polisiediens gemarsjeer het. Die ANC noem hulle vryheidsvegters, daarmee lei ek af dat vrede bewerkstellig is deur die doen en late van hierdie helde. Maar wanneer ek vra of die “struggle” opgehou het of nie, dan sê mnr. Mnisi (nasionale woordvoerder van die ANC) vir my dat die “struggle” steeds voortgaan. Beteken dit dan dat die vryheidsvegters dit nie reggekry het om vrede te bewerkstellig nie? Indien dit dan so is, hoekom word hulle vereer?
Lees verder ‘Wie se vryheid om te vier’



