
Twee lede van AfriForum Jeug is vandag tydens die rugbywedstryd tussen die Blou Bulle en WP by Loftus deur sekuriteit uitgeskop omdat hulle ’n banier vertoon het waarop die woorde “Sies Absa, ons eis meriete!” gestaan het. Die sekuriteitswagte wat die studente uitgeskop het, het gesê dat almal verbied word om enige iets oor Absa, wat die hoofborg van SA-rugby is, te sê. Die studente het aan sekuriteit gesê dat hierdie optrede ’n skending van hulle grondwetlike regte is, waarop hulle geantwoord is met die woorde: “Julle regte geld nie hier nie. Absa maak sy eie reëls.”
Lees Nuus24, SuperSport and Sunday Independent
Lees verder ‘AfriForum Jeug uit Loftus geskop oor “Sies Absa!”-banier’
