Bladsy 1 van 9123...Laaste »

Maandelikse Argief vir Oktober, 2010

Hoe sou die hart van ‘n Afrikaner lyk?

Hoe sou die hart van ‘n Afrikaner dan lyk? As die liggaam bestaan uit voete met gekraakte haakskene en sy hande uit gerimpelde plooie met littekens van eeue oue geskiedenis. As sy rug al gebuk is deur onderdrukking en sy lippe gebars is van die son. Hoe sou die hart dan lyk as hy met elke polsslag nuwe bloed deur die are van ‘n verweerde liggaam moes pomp? … Hy sou oranje en groen wees…  Lees verder ‘Hoe sou die hart van ‘n Afrikaner lyk?’

Solidariteit se kort-, medium- en langtermynraamwerkplan

Dit gaan goed met Solidariteit en die Solidariteit Beweging. Ons ledetal groei vinnig, ons finansies staan sterk, ons projekte loop glad, en die pas afgelope omvattende  diensoudit wys dat ons dienslewering op standaard is.

Hierdie positiewe prentjie moet ons nie gerus maak nie, maar moet ons eerder motiveer om alles wat ons doen nog beter te doen, omdat dinge in die land nie vinnig beter gaan raak nie. Daarom het die Hoofraad, ná deeglike besinning en beplanning, ’n strategiese hersieningsproses uitgevoer, wat al in Maart begin is. Die doel hiervan was om oor die toekomsplanne van Solidariteit en die Solidariteit Beweging te besin.

Lees verder ‘Solidariteit se kort-, medium- en langtermynraamwerkplan’

95 Stellings

Op 10 November 1483 in ‘n klein dorpie, Eisleben in die Saxony distrik in Duitsland het Hans en Margarethe Luther hulle eerste van sewe kinders, ‘n seuntjie, in die wêreld verwelkom. En soos die gebruik in daardie tyd was, is hy na  St. Martin, die heilige op wie se feesdag hy gebore is, vernoem. Luister hier na die storie
Lees verder ’95 Stellings’

Dinsdag is D-dag vir die groot bankverslag

Dis uiteindelik sulke tyd. Die groot bankkosteverslag gaan Dinsdag vrygestel word. Vir diegene met ʼn effens korter geheue gee ek weer agtergrond oor die verslag. Absa het druk op die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) geplaas om vinniger te transformeer. In die gesprekke met Absa is aan ons gesê transformasie is in die borgkontrak en die bank dring bloot aan dat die borgvoorwaardes nagekom word. Die debat het kort daarna baie dieper gegaan as bloot rugbytransformasie. Mense het gevoel Absa het sy rug op sy tradisionele kliëntebasis gedraai.

Lees verder ‘Dinsdag is D-dag vir die groot bankverslag’

Nou vir die volgende groot debat

Wat ʼn debat was dit nie. Die knuppel was behoorlik in die hoenderhok gegooi oor Solidariteit se Diepsloot-aksie. Dit was die grootste reaksie nog op hierdie blog. Al die reaksies het my bietjie herinner aan die telefoonspeletjie wat ons in ons kinderdae gespeel het: Jy fluister iets in iemand se oor en dan word dit oorgefluister en almal skater om te hoor wat die laaste persoon gehoor het. Dit was met die Diepsloot-debat ook so. Die afleidings op afleidings het ʼn totaal skewe prentjie veroorsaak.

Die waarheid is dat Solidariteit ʼn versoek van ʼn Solidariteit-lid ontvang het om met die opknapping van ʼn kleuterskool by ʼn kerk in Diepsloot te help. Deur die kleuterskool word ouers aan die kerk blootgestel en dit veroorsaak dat die kerk groei. Die lid het borge vir die aksie gekry. Solidariteit het vrywilligers gevra om te help. Die projek is dus deur borggeld en vrywilligers ondersteun.

Lees verder ‘Nou vir die volgende groot debat’

Venster op Europa

Hierdie week se rubriek gaan ʼn bietjie filosofies raak, maar die toehoorder of leser hoef nie hierdeur afgeskrik te word nie. Die onderwerp is een waarmee ons elke dag gekonfronteer word ‒ in Europa én Suid-Afrika ‒ naamlik vryheid van keuse, oftewel die vryheid om jou eie godsdiens aan te hang, jou eie taal te gebruik, jou eie skole op te rig en jou eie tradisies na te volg.
Lees verder ‘Venster op Europa’

Bladsy 1 van 9123...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube