Gepubliseer .
Dit is die jaar 1980. Oom Koos in Pofadder ontvang een oggend nie sy koerant nie. Later die oggend stap hy twee strate ver na die kantoor van die plaaslike koerant om ʼn koerant te kry sodat hy sy geliefde sportbylae kan lees.
Dit is die jaar 2010. Oom Koos ontvang eendag nie sy koerant nie. Hy bel die kliëntediens se nommer. Hy moet ná ʼn eindelose reeks instruksies “2” druk en maak nooit kontak met ʼn mens van vlees en bloed nie en kry trouens ook nooit sy koerant nie. Oom Koos het verstrik geraak in ʼn Kafka-agtige wêreld.
Lees verder ‘Venster op Europa’
Gepubliseer .
Dit is nie groot nuus om te hoor dat Suid-Afrikaners oor die algemeen baie swaar belas word nie. Inkomstebelasting kan maklik in die omgewing van 25% van die totale inkomste van ʼn middelklaspersoon wees. Op die nabelaste inkomste kom nog rofweg sowat 14% BTW op meeste produkte by. Dit werk uit op sowat 10% van totale inkomste voor inkomstebelasting. Ná hierdie twee belastings is 35 sent uit elke rand dus reeds deur die regering uit die salaristrekker se sak gehaal.
Verder is daar nog belasting op brandstof, heffings op eiendom, kapitaalwinsbelasting, belasting op rente-inkomste en groot belastings op motors. Daar is invoerbelasting op verskeie ingevoerde produkte. Om sekere produkte soos ʼn TV, ʼn motor of ʼn vuurwapen te kan besit, moet lisensiegeld en heelwat administrasiekoste betaal word. Daar is belasting op lugvervoer, op aftreegeld (dubbele belasting!), op oordrag van eiendom – so kan ʼn mens aangaan!
Lees verder ‘Belastingkoerse en belastinginkomste’
Gepubliseer .
Suid-Afrikaners het ʼn unieke geleentheid om oor kleur en politieke grense saam te staan. Dit gaan oor ʼn eenvoudige beginsel wat in demokratiese lande as vanselfsprekend aanvaar word maar tog word die beginsel in Suid-Afrika nou bedreig. Dit gaan oor die vryheid van spraak en hoe dit stilgemaak gaan word deur die staat en die regerende party. Hiervoor kom nuwe wetgewing voor in die parlement.
Die wetgewing word klaar die “Geheimhouding Wet” genoem. Organisasies en individue het saam hande gevat.
Die webwerf Right2Know bring jou die nuutste inligting. Hier kan jy ook beswaar aanteken. Max du Preez het op RSG gepraat oor die kwessie. AfriForum met inbegrip dan van Solidariteit steun die poging. Lees artikel oor al die organisasies in The Cape Times wat weerstand bied.
Sluit aan by die Facebookgroep: Solidarity with the Auckland Park Declaration
Dit is nou ʼn tyd vir saamstaan.
Gepubliseer .
Vandag vang my oog in The Star ʼn meningsartikel oor die Poolse Solidariteit en hoe het dit op die einde van die dag die geskiedenis van die USSR beïnvloed het. Solidariteit soos ons dit ken het ook dan sy naam van die Poolse Solidariteit verkry nadat Flip Buys die gebeure in Pole bestudeer het. Hy het ook besef dat Solidariteit ʼn kragtige naam vir ʼn vakbond is. Dit gaan oor die kollektief en saamstaan. Solidariteit het ook dan in die laaste jare gegroei van ʼn vakbond na ʼn Beweging. Elkeen moet homself egter die vraag vra? Is ek deel van die Beweging? Waar staan Solidariteit in Suid-Afrika oor 30 jaar?
Gepubliseer .

Willie Spies vrae die vra.
Die burgerregte-inisiatief AfriForum het die minister van Verdediging, me Lindiwe Sisulu tyd gegun tot 17:00 vandag (1 September 2010) om vrae te beantwoord oor militêre opleiding vir ANCYL- en YCL-lede wat klaarblyklik binnekort ʼn aanvang by die Vloot se opleidingsbasis in Saldanha in die Wes-Kaap gaan neem.
Lees Beeld. Luister RSG. Kyk na kyk Net nuus.
Lees verder ‘AfriForum eis antwoorde van minister oor milisie-opleiding’