Gepubliseer .

Dirk Hermann en Kallie Kriel verlaat die Brooklyn Absa nadat hul die bank op terme geplaas het.
AfriForum het aangekondig dat duisende ontevrede Absa-kliënte vandag as deel van AfriForum se nasionale dag van protes teen Absa, dié bank op terme geplaas het. Die terme behels dat Absa-kliënte hulle rekeninge by Absa sal sluit, tensy die bank skriftelik onderneem om nie meer op politieke vlak in die rassesamestelling van rugby- en ander sportspanne in te meng nie en om nie sy tradisionele kliëntebasis af te skeep nie.
Lees verder ‘Solidarteit Beweging ondersoek watter bank om by lede aan te beveel’
Gepubliseer .
Die verhaal van die Afrikaner se selfhelpwonderwerk om binne een geslag vanaf ʼn verarmde en swak geskoolde plattelandse groep tot ʼn gemoderniseerde eerstewêreldgemeenskap te vorder, kry weens apartheid nie erkenning nie. Dít ten spyte van die feit dat dit ʼn rare Afrika-suksesverhaal was. Ons kry die slegste van twee wêrelde: kritiek vir alles wat verkeerd was, sonder erkenning vir dit wat reg geloop het.
Lees verder ‘Bestemming bereik; nou sit ons sonder voertuie’
Gepubliseer .
(Uit Sonja Herholdt se Skipskop)
Ek het die afgelope naweek opgepak en verhuis na ‘n nuwe tuiste. My vorige woonstel is ‘n maand gelede verkoop.
Gelukkig het ek vinnig ‘n nuwe blyplek opgespoor. Die plekkie is baie nader aan my werk, daar is minder verkeer en my tuin is baie groter. So, die voordele is eindeloos. Verandering bly maar net altyd vir my moeilik.
Vrydag het die trek in alle erns begin.
Lees verder ‘“Pak op, pak op…”’
Gepubliseer .

Die verhaal word vertel van die man wat ʼn babakrokodil in sy erf aangehou het. Die krokodilletjie was skadeloos en was te oulik as hy klein stukkies vleis gulsig verslind het. Die krokodilletjie het groter en al gulsiger geword en moes meer vleisies gevoer word. Die krokodil het nog groter geword en daarmee saam sy gulsigheid en sy vleishonger, tot die dag dat die hans krokodil só groot was, dat hy die man opgeëet het. Die les van die storie is dat jy nie ʼn krokodil kan mak maak nie.
Lees ook Beeld.
Lees verder ‘Pasop Absa, mens kan nie ʼn krokodil mak maak nie’
Gepubliseer .

Die Stop ABSA kwotas/quotas Facebookgroep het verby 10 000 vriende gegaan. Wat vir my ‘n hoogtepunt moes wees het in ʼn nagmerrie ontaard as stigter en administrateur van die groep. Die volgende het verskyn: Your publishing rights have been blocked due to a violation of the Pages Terms of Use.
Lees verder ‘As ek nie met my Facebookvriende kan praat nie.’
Gepubliseer .
‘n Blou gedaante spring skielik uit Aladdin se lampie en sê hy kan drie wense maak. Hy wens vir ‘n mooi vrou, ‘n toskaanse villa en om elke dag iets besonders te kan beleef. Die gedaante tol drie keer in die rondte en gee toe vir Aladdin ‘n sak vol geld. Geld is mos nie alles nie, maar as jy nie geld het nie dan het jy nogsteeds niks nie. Die gedaante het gereken die geld gee hom die geleentheid om sy drome te uit te leef.
Lees verder ‘‘n Sak geld maak alles reg’