Gedurende 1854 het die gemeenskap te Zoutpansbergdorp, later genoem Schoemansdal, aan die hange van die Zoutpansberg floreer. Die dorp was reeds die tweede grootste in die ou Z.A.R. en houthakkery in die berge asook langs die Houtrivier, Bloedrivier, Sandrivier, Dorpsrivier en ander spruite het waardevolle buitelandse valuta gegenereer. Die opbrengs van die jagbedryf het ook van hierdie dorpie ‘n welvarende gemeenskap gemaak. Toegegee, die nedersetting was verafgeleë, weg van Heidelberg, Potchefstroom, Rustenburg en Marico an soveel verder van die hawens vir uitvoer, maar netso was dit ook verder as die ander plekke verwyder van die Engelse.
Maandelikse Argief vir Augustus, 2010Bladsy 3 van 14
Op 4 Mei 1951 het sir Hugh Beaver, destyds die besturende direkteur van die Guinness-brouery, in ʼn argument betrokke geraak oor watter voël die vinnigste in Europa is. Ná ʼn ruk het hy besef dat dit onmoontlik is om dit te bepaal met die bronne wat hy tot sy beskikking gehad het. Hy het gevolglik besluit om ʼn boek saam te stel waarin hy sulke antwoorde aan mense kan verskaf.
Suid-Afrika is die laaste paar dae geteister deur stakings wat gepaard gegaan het met gewelddadige en onverantwoordelike optrede. ʼn Mens sal Suid-Afrikaners nie kan verkwalik as hulle dink dat werkonderbrekings ʼn vanselfsprekende deel is van die alledaagse lewe nie. Arbeidsoptrede kan ook anders wees en Nederland is ʼn goeie voorbeeld hiervan. Stakings is al so oud soos die aanwesigheid van stede. Reeds duisende jare gelede het mense in die ou Sumerië, Indië, Rome en later in die Middeleeuse stede van Europa geprotesteer teen uitbuiting en slegte werkomstandighede.
Lees verder ‘Venster op Europa’
Deesdae voel ek ‘n andersheid in die lug aan. Dit is asof daar stadig maar seker iets onthul word… Die dae word warmer. Dit word elke aand ‘n klein bietjie later donker. Hier en daar verskyn ‘n bloeiseltjie in ‘n boomtak.
Ek voel ‘n opgewondenheid opborrel in almal en alles. Mense glimlag makliker. Die voëltjies se gefluit is meer opmerklik. Die wêreld lyk groener, die lug blouer.
In Chili is 33 myners 700 m onder die grond vasgekeer. Dit is ʼn storie wat die wêreld se verbeelding die volgende weke gaan aangryp hoe hul gered gaan word. ʼn Boor het nou ʼn tonnel van 15cm tot by die vasgekeerde myners geboor en hul kry water en glukose. Hul boodskap aan die buitewêreld was om die Chili-volkslied te sing.
Lees Beeld oor die Murray & Roberts Cementation boor en span wat gaan help met die reddingspoging.
Mariëtta Nel is net ʼn boervrou. In 2002 het haar lewe dramaties verander toe sy ʼn plaasaanval oorleef het. Haar kakebeen is in die proses weggeskiet vir R300. Nou wil sy ʼn nuwe begin maak met ʼn operasie. So operasie kos egter R600 000. Die groep wat haar bystaan is Tabita. Tabita sorg ook vir die instandhouding van die Witkruis-monument buite Pietersburg. Mariëtta se storie het ook verlede week in Huisgenoot verskyn. Lees HG1 en HG2.
Daar is ‘n Facebookgroep: Stop Plaasmoorde Tabita




