Bladsy 14 van 14« Eerste...10121314

Maandelikse Argief vir Augustus, 2010Bladsy 14 van 14

Zim-boere na hof oor kostes van geding

Willie Spies en lede van AfriForum met 'n vorige hof verskyning.

Zimbabwiese boere wat deur AfriForum verteenwoordig word, gaan die Noord-Gautengse Hooggeregshof more (3 Augustus 2010) vra vir ‘n spesiale kostebevel teen die regering van Zimbabwe, nadat die Zimbabwiese regering hulle dringende aansoek teen die boere eensydig van die dringende hofrol verwyder het, sonder om aan te bied om die verspilde kostes van die boere te betaal.

Sien vorige blog. Kyk SABC2 nuus.

Lees ook diepte artikel in Beeld hoe AfriForum die Zimbabwe boere help en wat moet die boere alles deurmaak.

Lees verder ‘Zim-boere na hof oor kostes van geding’

Wat moet jy in 2011 plant?

Reeds in die Solidariteit Tydskrif nommer 3 van die jaar waarsku ek dat hier moeilikheid kom vir mielieboere. Lees my artikel. Die planttyd is nou weer om die draai en ʼn vooraanstaande mielieboer waarsku op Landbou.com dat boere tot die helfte minder mielies moet plant om te oorleef.

Lees verder ‘Wat moet jy in 2011 plant?’

Venster op Europa

Op Donderdag, 22 Julie het die Internasionale Geregshof in Den Haag ʼn noemenswaardige uitspraak gelewer. Die hof het verklaar dat die eensydige onafhanklikheidsverklaring van die voormalige Serwiese provinsie Kosovo in 2008 nie strydig met die volkereg was nie en derhalwe wettig was. Daar was juigende reaksies van die Kosovare en woede onder die Serwiërs, wat nou ʼn deel van hul land verloor. Serwië het immers hul saak gegrond op die argument dat daardie onafhanklikheidsverklaring hul “territoriale integriteit” aangetas het. En dit maak die uitspraak vir die res van die wêreld so belangrik. Want elke beweging wat vir onafhanklikheid stry, sal hom tans gesterk voel in daardie strewe.
Lees verder ‘Venster op Europa’

Bladsy 14 van 14« Eerste...10121314



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube