Bladsy 1 van 1412310...Laaste »

Maandelikse Argief vir Augustus, 2010

ʼn “Priceless” in elke situasie… of nie.

Na ʼn heerlike gelag en malligheid gisteraand saam met familie, sit ek op my Facebook-profiel die volgende: “Het ʼn paar “priceless” oomblikke beleef vanaand.”

Die kommentaar daarop: Lees verder ‘ʼn “Priceless” in elke situasie… of nie.’

Die gewildste stories op die Solidariteitblog

 

Augustus is verby en ons kyk na die gewildste stories op die Solidariteitblog vir die afgelope maand.

Lees verder ‘Die gewildste stories op die Solidariteitblog’

Demokratiese Arbeidsbestel is belangrik vir demokrasie en ekonomie

Die kern van demokrasie is dat almal verteenwoordig en gehoor moet word, en nie net die meerderheidsparty nie. ‘n Politieke party hoef net 1% steun te hê om Parlementêre verteenwoordiging te kry, omdat die wese van demokrasie insluiting is wat op die beginsel van vryheid van assosiasie berus.

Dít word as vanselfsprekend aanvaar in die politieke demokrasie, en iemand wat sou  voorstel dat nét die meerderheidsparty verteenwoordiging kry sal as ondemokraties en belaglik beskou word. Selfs Mugabe laat opposisiepartye toe. Maar in die Nywerheidsdemokrasie is dit soms anders. Dáár is ‘n groeiende aandrang uit sekere kringe dat net die meerderheidsvakbond in die werksplek erkenning moet kry.

Lees verder ‘Demokratiese Arbeidsbestel is belangrik vir demokrasie en ekonomie’

Wat ‘n katte lewe…

Is jou interne horlosie al so opgewen dat jy elke dag nog voor jou wekker wakker is, of lê en “snooze” jy jou wekker tot op nommer 999? Volgens Makoto Akashi van die navorsingsinstituut van die Yamaguchi Universiteit in Japan, kan jou liggaam se interne horlosie verklaar word deur die hare op jou kop.

Klik hier om na die radio program te luister

Lees verder ‘Wat ‘n katte lewe…’

Om jammer te sê…

Dit wil vir my voorkom asof mense dit al hoe moeiliker vind om die woordjie “jammer” te gebruik. Dit kan natuurlik ook wees dat basiese goeie maniere deesdae by mense ontbreek.

Dit is nie meer “mode” om iemand wat van voor af kom, te groet nie – gluur eerder die persoon fronsend aan óf ignoreer hom/haar. Moenie dankie sê nie – aanvaar alles eerder as vanselfsprekend. Kom dit jou dan nie toe nie? Loop oor almal en trap op soveel mense as moontlik – die gesegde lui mos: Elkeen vir homself en die duiwel vir die res!

Daar is volgens my tóg baie te sê van iemand se karakter in hoe hy ander mense behandel.

CJ Langenhoven het gesê: Behandel jou meerdere met beleefdheid omdat dit jou plig is; jou gelyke omdat dit jou plesier is; jou mindere omdat dit jou voorreg is.

Lees verder ‘Om jammer te sê…’

Aurora gee myn weg op TV

 

Gisteraand was daar ʼn debat op die program  Asikhulume op SABC1. Die debat het gehandel oor die werkers se lot by die goudmyne van Aurora. Die debat het finaal bewys dat Aurora totaal onbevoeg is om die myne te bestuur. Sommer op TV het die direkteur van Aurora, Thulane Ngubane dan ook die myne weggegee. Asof die TV kykers iets daaraan kan doen. Na die tyd het die TV kykers egter 100% gestem dat Aurora onbevoeg is om die myne te bestuur.

Lees verder ‘Aurora gee myn weg op TV’

Bladsy 1 van 1412310...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube