Bladsy 9 van 13« Eerste...8910...Laaste »

Maandelikse Argief vir Julie, 2010Bladsy 9 van 13

Ambagsmanne van die toekoms

In uitgawe nommer vier van die Solidariteit Tydskrif word daar gekyk na die nuutste ontwikkeling in Suid-Afrika soos die Gautrein wat gebou word en die Medupi-kragsentrale. Die uitgawe word nog voorberei vir die drukkers. Vir die voorblad is besluit dat die tema sal val op die “ambagsman”.  En waar anders spoor mens toekomstige ambagsmanne beter op as by Sol-Tech. Ek het ʼn foto-sessie daar gaan doen en wys van my gunstelinge. Sol-Tech begin ook dan eerskomende Vrydag met hul tweede semester van die jaar. En ja, hulle lokale is klaar gebou en hulle studeer in styl met meer as R15 miljoen se toerusting tot hul beskiking.

Lees verder ‘Ambagsmanne van die toekoms’

Kom kuier saam in Sutherland

As jy die naam Sutherland hoor, dink jy waarskynlik aan gisteraand se weervoorspelling en koue. Dink weer, want Sutherland is baie meer as net dit. In vandag se Plekkies in ons Land besoek ons hierdie Noord-Kaapse dorpie met die Karoo-gasvryheid. Kom reis saam en vind uit wat hierdie dorpie vir besoekers kan bied. Kom kyk sterre, ry op die ou wapad en kom kyk hoe dit lyk op die plek “wat lyk asof die badprop uitgetrek” is. Kom kuier saam in Sutherland.

Plekkies in ons land is deel van Solidariteit Radio se Woensdag-program Wêreldwyd op Woensdag. Die program begin Woensdae om 12:00, maar alle insetsels is ook na die tyd beskikbaar. Gaan luister gerus op www.solidariteitradio.co.za.

Helpende Hand stig 100ste plaaslike tak in ses maande

Solidariteit Helpende Hand maak vandag geskiedenis met die stigting van die 100ste plaaslike Helpende Hand-tak. Die tak, wat vanaand in Brits in Noordwes gestig word, vorm deel van Helpende Hand se nasionale voetspoor wat uitgebrei word in reaksie op die groeiende Afrikanerarmoede in gemeenskappe regoor Suid-Afrika. Helpende Hand het nou takke in elke provinsie wat strek vanaf Kaapstad tot Tzaneen.

Luister Radio Pretoria.

Lees verder ‘Helpende Hand stig 100ste plaaslike tak in ses maande’

Die wit-vlag Afrikaner

AfriForum Jeug het ‘n “Welkom in Pretoria” bord langs die N1-hoofweg gaan plant om te verseker dat mense nie verwar word deur te dink dat Pretoria se naam Tshwane is nie. Die kritiek op dié aksie het my verbaas, Afrikaners is hopeloos te geneig om iets te veroordeel wat hulle taal en kultuur beskerm. Hier is ‘n paar kommentare wat op die Rapport-artikel gegee is op die aksie:
Lees verder ‘Die wit-vlag Afrikaner’

Pretoria naamdispuut lei tot arrestasie van AfriForum Jeug-lede

 

Ernst Roets

AfriForum het sy misnoeë te kenne gegee met die feit dat twee van AfriForum Jeug se lede, Ernst Roets en James Kemp, vanoggend deur die polisie gearresteer is nadat hulle as deel van ʼn vreedsame protesaksie ʼn bord wou plant om buitelanders in Pretoria welkom te heet.  Die aksie is geneem na aanleiding van die Tshwane Metroraad se volgehoue pogings om buitelandse besoekers te probeer mislei om te glo dat die hoofstad se naam Tshwane is.

Luister Radio Pretoria, Jacaranda, 702 en RSG

Lees Sapa ,Beeld, Rekord enRapport.

Lees verder ‘Pretoria naamdispuut lei tot arrestasie van AfriForum Jeug-lede’

Telkom se tyd loop uit om vergoedingsprobleem op te los, maan Solidariteit

Telkom se tyd om op eie stoom ʼn oplossing vir die brandende probleem van salarisongelykhede onder werknemers van die maatskappy se grootste eenheid te vind, loop nou vinnig uit, het die vakbond Solidariteit vandag gewaarsku.

Lees Sapa .

Lees verder ‘Telkom se tyd loop uit om vergoedingsprobleem op te los, maan Solidariteit’

Bladsy 9 van 13« Eerste...8910...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube