Bladsy 3 van 13« Eerste...23410...Laaste »

Maandelikse Argief vir Julie, 2010Bladsy 3 van 13

Mugabe: ‘n Skaap in wolfklere

Robert Mugabe, vryheidsvegter vir sy mense en vooraanstaande opinievormer van Zimbabwe. Mugabe het sy foute, maar een ding kan jy nie van hom wegvat nie, hy staan by sy waardes. Behalwe vir sy onbeskaamde rassisme, sy uitbuiting van minderhede, sy obsessie met kolonialisme, sy massamoorde in verkiesingstyd en sy aandeel in die totale vervalling van Zimbabawe, is hy eintlik iemand om na op te kyk. Mugabe het die afgelope week weer duidelik gemaak dat gay-huwelike nie in Zimbabwe erken sal word nie, hy beskryf selfde geslag huwelike as “dog behaviour”. Vir ‘n man wat min of geen aanvoeling vir etiek of moraliteit het nie, sou mens amper kon glo hy doen dit uit ‘n geloofsoortuiging.

Lees verder ‘Mugabe: ‘n Skaap in wolfklere’

Nuwe poging deur Zimbabwe om veiling van eiendomme te stop

Die regering van Zimbabwe het hernude pogings aangewend om die veiling van eiendomme wat aan Zimbabwe, geskeduleer vir 27 Julie en 10 Augustus 2010, te keer.  Hierdie slag het Zimbabwe egter die Suid-Gautengse Hooggeregshof genader.

Dit volg nadat Zimbabwe ʼn vroeëre, skynbaar vrugtelose, aansoek by die Noord-Gauteng Hooggeregshof ingedien het teen drie boere wat deur AfriForum ondersteun word: Louis Fick, Richard Etheredge en Michael Campbell.

Sien vorige blog waar nog ‘n saak gewen is.

Luister Radio Pretoria en RSG.

Lees verder ‘Nuwe poging deur Zimbabwe om veiling van eiendomme te stop’

Ons ken nie die antwoorde nie, so hou op soek

‘n 42 Jarige man en ‘n 40 jarige vrou woon in ‘n swart plakkerskamp terwyl drie van hulle vier kinders deur universiteit is en saam met hulle welgestelde wederhelftes in Centurion woon. ‘n 53-Jarige man in Springs sukkel om sy eie potjie te krap maar spandeer elke geldjie en elke geleentheid om iemand anders se lewens meer verdraagsaam te maak.
Lees verder ‘Ons ken nie die antwoorde nie, so hou op soek’

Die land van melk en heuning net ‘n lugspieëling

Vir miljoene mense regoor die wêreld is lande soos Nederland die land van melk en heuning. Die welvaart is oral sigbaar: die land is baie goed georganiseer en lyk meestal netjies en die maatskaplike vangnet is baie groot. Maar hierdie welvaart is relatief. Volgens ʼn artikel in De Volkskrant is daar ook in Nederland honderdduisende mense wat arm genoem kan word. Die opvallendste aspek is egter dat hulle werk het. En dit geld ook nie net vir laag opgeleide buitelanders nie.
Lees verder ‘Die land van melk en heuning net ‘n lugspieëling’

Koerante: Laat mense asb weer formele briewe skryf

Mense weet nie meer hoe om briewe te skryf nie. Ek onthou nog hoe ons in die vak Afrikaans op skool geleer het om ‘n formele brief te skryf. Indien jy ‘n brief aan die redakteur van ‘n koerant wou skryf was daar weer ‘n ander formaat.

En toe kom die tegnologie. Vandag lewer mense kommentaar in kort kriptiese frases op Facebook, Twitter en webbladsye sonder dat hul gaan sit en behoorlik dink wat dit is wat hulle wil sê. En ek dink dit is presies waar die probleem inkom. Mense dink nie meer voordat hulle goed sê nie. Hulle lewer net kommentaar op ondeurdagte maniere en baie keer agter die tegnologie-gordyn wat help dat jy gesigloos kan optree. Lees verder ‘Koerante: Laat mense asb weer formele briewe skryf’

Westdene Busramp 25 jaar gelede – 27 Maart 1985

Mei se koue bekruip die buurt –
Kil hierdie jaar reeds in April,
die dam se water ysig stil.
Motorwrakke, huise bak bleek in die oggend
Sonder die klank van skoolkinders of honde

Net soms nog dra name ʼn eggo
Wat jy selde van naby kan hoor.
Westdene dam, Westdene bus.
Westdene bus, Westdene dam.

Dit was 27 Maart 1985, toe selfs geharde polisiemanne en joernaliste langs rye en rye toegegooide lykies gestaan en huil het. Hulle lewelose hande en voete – nog met skoolskoene aan het onder grys komberse uitgesteek.
Lees verder ‘Westdene Busramp 25 jaar gelede – 27 Maart 1985′

Bladsy 3 van 13« Eerste...23410...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube