Gepubliseer .
Daar is twee vrae wat ʼn mens altyd moet vra wanneer syfers oor persentasieveranderings of grafieke wat stygings of dalings in veranderlikes aantoon, beskou word. Die eerste vraag is: “Waarom is die spesifieke beginpunt in die datareeks gekies?” Die tweede vraag is: “Waarom is die spesifieke skaal vir die grafiek gekies?” Dit is baie maklik om die voorstelling van data met hierdie twee metodes te manipuleer.
ʼn Datastel met ʼn stygende tendens kan, deur eenvoudig die beginpunt van die meting te skuif, soos ʼn daling vermom word. Die petrolprys in Suid-Afrika toon byvoorbeeld ʼn merkbare stygende tendens oor die afgelope paar dekades (dit behoort nie nuus te wees vir enigiemand nie!). Van Januarie 2005 tot Julie 2010 het die prys van 93-oktaan-petrol in Gauteng met 92% gestyg. Indien die beginpunt van die meting vier maande aangeskuif word na Mei 2005 was die styging slegs 52%. Skuif dit nog vyf maande vorentoe (na Oktober 2005) en die styging was slegs 35%. Skuif dit nou drie maande vorentoe (na Januarie 2006) en die styging spring tot 52%. Indien die beginpunt ʼn paar jaar aangeskuif word tot Julie 2008, was daar tot op hede weer ʼn daling van 23% gewees!
Lees verder ‘Voorstellings van data kan mislei’
Gepubliseer .

Die arbeidsektor toon nog geen beduidende tekens van herstel ná die resessie nie, het die vakbond Solidariteit vandag gesê. Die arbeidsmagpeiling vir die tweede kwartaal van 2010 wat vandag deur Statistiek Suid-Afrika bekendgestel is, toon dat indiensname die afgelope kwartaal met 61 000 poste afgeneem het terwyl die totale aantal poste wat in die eerste helfte van 2010 verlore gegaan het, reeds op 232 000 gereken word.
Luister RSG en RSG se Geldsake.
Lees Sowetan
Lees verder ‘Geen tekens van herstel in die arbeidsektor – Solidariteit’
Gepubliseer .
ʼn Antwoord op Max du Preez se vorige artikel in die Beeld-bylaag By
Max du Preez skryf in verlede week se By dat die nuwe struggle die behoud van die letter en gees van die Grondwet moet wees.
Natuurlik is die beskerming van die Grondwet uiters noodsaaklik. Die vertrapping van eiendomsreg in die Zimbabwiese grondwet is die beste bewys van wat met ʼn land gebeur as sy grondwet misken word.
Maar is die beskerming van ʼn grondwet genoeg om die sukses van ʼn land, sy burgers en sy kultuurgemeenskappe te verseker? Nee, beslis nie. Die beskerming van die grondwet is ʼn noodsaaklike, maar nie voldoende voorwaarde vir sukses nie.
Die ANC het in net vyftien jaar ʼn werkende land met probleme getransformeer tot ʼn verswakkende staat met bykans onoplosbare krisisse. Dit het hulle demokraties en (met uitsonderings) binne die Grondwet gedoen.
Lees verder ‘Rome is nie in een dag afgebrand nie’
Gepubliseer .

Harris – Foto: The Witness, 2010-04-01
Op 24 Julie 1964 ontplof ‘n bom op Johannesburg stasie. ‘n Ouma van 77, Ethyl Rhys, is in die ontploffing oorlede en 23 ander mense, insluitend Ethyl Rhys se kleindogter, Glynnis Burleigh is ernstig beseer en verbrand.
Slegs sewe ure later het die Veiligheidspolisie die bomplanter, Frederick John Harris, gearresteer. Harris was lid van die anti-apartheidsbeweging, die African Resistance Movement. Die beweging het hoofsaaklik bestaan uit lede van die Liberale Party wat gefrustreerd geraak het met politieke partye se onvermoë om apartheid afgeskaf te kry en besluit het om ‘n meer gewelddadige program te volg. Harris was ook instrumenteel daarin om Suid-Afrika uit die Olimpiese Spele verban te kry. Hy het in 1963 na Switserland gereis en voor die Olimpiese Komitee gaan pleit vir die uitsluiting van Suid-Afrika en in 1964 is die land die eerste keer nie toegelaat om aan die Spele in Tokyo deel te neem nie.
Lees verder ‘Die week in die geskiedenis – 24 Julie 1964′
Gepubliseer .

Buffelsfontein werker vra vir kos met die Stilfonteinkrisis.
Wat het presies met Brett Kebble gebeur? Daar was soveel bespiegeling oor sy dood. Vandag lees ek op Sapa wat is gister in die hof getuig deur die man wat die sneller getrek het. Dit het my laat terug dink aan vyf jaar gelede toe ek skielik moes kommentaar lewer oor sy dood. Oor Brett kon ek nie iets positief uitdink nie maar met sy Pa Roger het die myners van Stilfontein ʼn pad gestap nadat hy die myn oorgeneem het. Hy het ook geld vir die voedingsprojek gegee wat baie welkom was want die mense het niks kos gehad nie. Nou vyf jaar later sit pa Roger sonder sy seun. By Simmer en Jack is hy uitgeskuif. Voorwaar ʼn gejaag na wind.
Gepubliseer .
Wat gebeur in Afganistan? Behalwe dat die oorlog eindeloos aanhou het die organisasie WikiLeaks sowat 75 000 geheime verslae op hul webwerf gepubliseer. Dit word genoem die Afganistan Oorlogs Dagboek. Dit is geheime dokumente wat ondermeer ook wys waar die VSA weermag hulself skuldig maak aan burgerlike vergrype. Verder bevat dit ander sensitiewe militere inligting. Dit word in samewerking met die koerante Der Spiegel, The Guardian en The New York Times gedoen wat dit nog meer geloofwaardig maak.
Lees verder ‘Wat in Afganistan gebeur, kan in Suid-Afrika ook gebeur.’