Lewensondervinding is mos maar iets wat jy nie kan koop nie maar wel geld voor nodig het om te beleef. So speel elke ervaring ʼn rol in jou lewe, of dit nou studenteraad, koshuis, werk, arm wees of toer is. Ek het in ʼn egte klooster gebly in België waar regte nonne ons versorg het, en boonop hulle eie bier gebrou het. Ek het met ou tannies in die Blokhut-kroeg vasgedans en tot elf-uur die aand gewag dat die son sak. Sekere ervaringe onthou jy vir altyd, al vergeet jy die detail. Ek het my nerwe mors af geval met fietsresies en selfs perdemelk liquer gedrink. Mossels by die kilo’s opgeëet en moes tot my verbasing uitvind dat mens nie toegelaat word om oor die treinspore te hardloop nie (ʼn duur les). In Nederland het ek op ʼn seiljag geseil en langs ʼn meer in ʼn houthuisie gewoon, my vermoede van my fietsry vermoë is ook daar weereens bevestig toe ek in ʼn rivier inry. So leer mens maar jou sterkpunte en jou swakpunte.
Lees verder ‘Beleef iets besonders’
Maandelikse Argief vir Julie, 2010Bladsy 10 van 13
Dit is Sondag die hoogtepunt van die Sokkerwêreldbekker. Dit is die eindstryd. Sekere goed kan jy nie beplan nie. Soos die spanne wat daarin speel. Dit is Nederland teen Spanje. Dalk nie ʼn verrassing as jy jou sokker ken nie. Vra maar die premier van Brazil wat op ʼn staatsbesoek is maar die land se sokkerspan is lankal knus terug in die geboorteland.
Dit is moontlik dat die dinge wat ek in my lewe verpes eintlik maar dinge is wat ek net nie ten volle verstaan nie. Dit is waarskynlik dinge wat ander mense ‘n veel beter begrip van het. Tog is ek oortuig dat hierdie “dinge” juis so saamgestel is om vir my as gewone mens te verwar en die lewe ‘n bittere stryd te maak.
Ek praat van drie dinge in spesifiek: Mediese fondse, versekering en banke.
Met elkeen van hierdie drie dinge is daar gewoonlik die een of ander slim kleinskrif wat niemand verstaan of een van bewus is nie.
Lees verder ‘Ek gaan nie eens probeer om DIT te begryp nie’
Suid-Afrikaners kon onlangs die Duitse Bondskanselier op televisie gadeslaan wat tydens die Sokkerwêreldbekerwedstryd tussen Duitsland en Argentinië op en af gespring, hande geklap en hardop geskree het tydens elke Duitse doel – ʼn heeltemal ander Angela Merkel as wat mens gewoonlik sien.
Met die eindstryd om die deur, is dit tyd om te kyk na ʼn paar interessante en onregstreekse gevolge van die Sokkerwêreldbeker.
Lees verder ‘Venster op Europa: Duitsland kry nuwe beeld met sokkersukses’

AfriForum het ʼn klag by die Openbare Beskermer ingedien na aanleiding van ʼn dreigement deur Eskom om die elektrisiteitstoevoer aan ʼn aantal munisipaliteite in die Vrystaat af te sny. Dit volg nadat die munisipale owerhede in gebreke gebly het om die bedrae aan Eskom verskuldig vir elektrisiteitsvoorsiening te betaal.
Luister Radio Pretoria
Lees verder ‘AfriForum lê klag by Openbare Beskermer oor wanbestuur van Vrystaat-munisipaliteite’
AfriForum het ʼn dringende skrywe aan die Suid-Afrikaanse regering en FIFA se plaaslike reëlingskomitee gestuur, waarin hulle versoek word om nie toe te laat dat Robert Mugabe van Zimbabwe die FIFA Wêreldbekerfinaal bywoon nie. AfriForum se versoek volg nadat dit bekend geraak het dat Mugabe een van 14 staatshoofde is wat reeds bevestig het dat hulle die finaal sal bywoon.
Lees Beeld.
Luister Jacaranda, Thobela, RSG en SAfm.
Ondertussen het Fifa nog nie ‘n woord gespreek oor die gewilde Peter Mokaba video wat deur AfriForum versprei is nie.
Lees verder ‘FIFA en SA-regering gevra om rooi kaart vir Mugabe te wys’










