Ek het nog altyd van toorkunstenaars gehou as kind en gedink tradisionele toordokters is maar dieselfde. Ek moes eenvoudig gaan uitvind wat Sangomas en toordokters doen en hoe hulle my sal kan help. Die advertensies belowe geluk, liefde, welvaart en die toordokters beweer hulle kan selfs kroniese siektes genees. Ek het drie toordokters gekontak en uitgevind watter toorkunsies en towerspreuke hulle beskikbaar het, hoeveel dit kos en hoe dit werk. Die een kan my binne drie dae laat trou vir R750, die ander gaan my finansiele probleme in ‘n oogwink verwyder vir slegs R450 en die laaste een sal verseker dat geen negatiewe goed verder in my lewe gebeur nie. Wat ‘n winskopie!
Lees verder ‘Toordokters, seerowers en CJ Langenhoven’
Maandelikse Argief vir Julie, 2010
Sol-Tech “terug-gereedskap-toe-dag” gehou waar die bestuur van Solidariteit en Sol-Tech die dag in die lewe van ʼn Sol-Tech student uit eie ervaring beleef het. Dit was T-hemp en denim aantrek vir Flip, Dirk, Elbie en Paul en die res wat die ondervinding meegemaak het.
Kyk S-Tube video oor Sol-Tech se opening vir die tweede semester.
Die Internasionale Geregshof se uitspraak verlede week dat Kosovo se onafhanklikheidverklaring van Serwië wettig is, het baie separatistegroepe regoor die wêreld laat wonder of dit nou vir hulle makliker gaan wees om ook onafhanklike state te word.
In talle wêrelddele bly minderhede geografies gekonsentreerd in gebiede waar hulle dan die meerderheid uitmaak, soos in Kosovo, waar Albanese sowat 80% van die bevolking uitmaak. Dit laat dus die vraag ontstaan waarom nie meer volkere die roete volg wat Kosovo gevolg het nie. Lees verder ‘Gaan Kosovo die toon aangee vir meer onafhanklikheidsverklarings?’
1193 eilande, net suid van Indië, noord van die Seychelle eilande, met Somalië en Sri-Lanka aan weerskante, so lê hulle soos ʼn pêrelhalssnoer, met wit sand en ʼn nimmereindigende blou see. Feite en gebruike is vandag in hierdie paradys van die Maledive eilande. Hulle sê as jy die eerste, selfs die tweede keer die eilande besoek, is jy in totale verwondering, beleef jy iets wat jy nog nooit ervaar het nie. Luister na die insetsel, klik hier.
Lees verder ‘Feite en gebruike kuier in die Maledive’
Elkeen het drome, elkeen begeer ‘n groot grasdak huis of ‘n Toskaanse-styl strandhuis. Dalk soek jy ‘n Z4, M3, R2 of ‘n Audi. Wat van jou liefdeslewe? ‘n Verhouding waar jy elke oggend giggel van die plesier en elke oomblik geniet asof dit jou laaste is, waar iemand jou ondersteun, lief het en saam jou stokoud word. En geld, om te kan toer. Italië, Brasilië, Hongarye, Argentinië, Australië en Orania. Wat van jou geloofslewe? Wil jy op ‘n stadium wees waar jy pligsgetrou Bybelstudie doen, aan ‘n kerkgemeenskap behoort en werklik voel asof jy elke dag deur die heilige gees gelei word? Wil jy jou besigheid hê? Jou eie eiland of jou eie kinders? Die geheim is om die dinge wat jy so graag wil hê en wil bereik, te visualiseer.
Lees verder ‘Dink 10 minute ‘n dag’
Die sanger Dirk van der Westhuizen het in Solidariteit Radio se ateljee die lied: “Jy’s my engel” kom sing. En het die man nie ‘n stem nie. Luister vandag in Solidariteitradio na sy gesprek met Carina Roos in haar program: Wêreldwyd op Woensdag.
Word Dirk se Facebookvriend.











Nuutste kommentaar