Bladsy 9 van 13« Eerste...8910...Laaste »

Maandelikse Argief vir Junie, 2010Bladsy 9 van 13

Afrika-tyd: Stereotipe of realiteit?

Almal praat altyd van Afrika-tyd, is die verskynsel alledaags of net meer blaf as byt? Om alewig laat te wees en die kontinent Afrika daarvoor te verwyt? Afrika-tyd: die sielkundige gebrek daaraan om betyds te wees of die gawe om altyd laat te wees. Is alles in Afrika stadiger as in die res van die wêreld? Hulle noem selfs vir Kaapstad die “mother city” aangesien alles eers nege maande later daar aankom. My ondervinding is dat mense in Afrika geen benul van tyd het nie, noem dit nou maar rustig en vreedsaam maar ek dink dit is bloot slegte maniere.
Lees verder ‘Afrika-tyd: Stereotipe of realiteit?’

Laaste kans vir SA Talent

Die gewilde SA Talent het besluit om  twee dae vir oudisies eenkant te sit vir laatslapers. Die datum is 16 en 17 Junie by Hoërskool Zwartkop in Centurion.  Almal wat die sluitingsdatum gemis het en daarom nie kon deelneem nie is welkom! Sien vorige blog.   Skryf hier in.

Lees verder ‘Laaste kans vir SA Talent’

Varkgriep kom dalk snork-snork weer klop

Varkgriep het die wêreld verlede jaar behoorlik op hol gehad. Nou is dit 2010 en ons gooi ons deure oop vir die hele wêreld se sokkeraanhangers. Dit is winter, dit is griepseisoen en nou is daar nie genoeg griepinentings beskikbaar vir almal nie.
Lees verder ‘Varkgriep kom dalk snork-snork weer klop’

Salomie se stille protes

Salomie Prinsloo by Butchered Rainbow by die Solidariteit dag van protes.

Solidariteit het Salomie Prinsloo leer ken as die kunstenaar wat die skildery  Butchered Rainbow en 19828 Grafskrifte vir Suid-Afrika geskilder het. Sy bepaal haar egter nie net by proteskuns nie en vandag open ʼn uitstalling van ander werke van haar. Kenmerkend is die helder, baldadige gebruik van kleure.  Die subtiele aanwending van ʼn ligbron en dan die komposisie wat in gemaklike balans is. Salomie wys ook die eerste keer mense in haar skilderye waar sy voorheen nie stillewes geskilder het. Sy noem dat nadat sy  die reuse Butchered Rainbow voltooi het, het die skuif plaasgevind omdat sy groot respek vir lewe het.

Kyk STube video.

Lees verder ‘Salomie se stille protes’

Peiling dui op totale breuk tussen Eskom bestuur en werknemers

ʼn Opname van die vakbond Solidariteit onder sy lede wat by Eskom werk, dui op ʼn totale breuk tussen werknemers en die bestuur van die elektrisiteitsvoorsiener. In die peiling het 92% van die respondente gesê dat daar ʼn breuk tussen die Eskom-bestuur en sy werknemers is. Daarbenewens het 95% van werknemers ook gesê dat die Eskom-bestuur nie omgee vir sy werknemers nie.

Lees Sake Beeld,Business Report enBusiness Day.

Dirk Hermann praat op SAfm en RSG oor die kwessie.

Lees verder ‘Peiling dui op totale breuk tussen Eskom bestuur en werknemers’

Wat het regtig in die Grensoorlog gebeur?

Meer soldate is in die Suid-Afrikaanse grensoorlog dood as wat daar berig is. Die oorlog was net ‘n manier om die politiek te bedryf, soldate het in Angola gesit en oor die draadloos geluister hoe Pik Botha sê: “Ons het geen soldate in Angola nie!”. Luister die Perspektief program op Solidariteit Radio en luister na die ware stories van die soldate wat in Angola baklei het vir hulle land. Hier is ‘n paar aanhalings uit die onderhoude:
Lees verder ‘Wat het regtig in die Grensoorlog gebeur?’

Bladsy 9 van 13« Eerste...8910...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube