Gepubliseer .
Tientalle buitelandse joernaliste het die afgelope maand op die klein dorpie Orania toegesak. Waarom bly die klein Noord-Kaapse dorpie steeds die middelpunt van buitelandse belangstelling?. Dirk Hermann het vandag op Solidariteit Radio ʼn paar belangrike vrae vir die uitvoerende hoof van die Orania Beweging, Frans de Klerk, gevra, maar eers het Charl Oberholzer by ‘n paar mense gaan uitvind waaraan hulle dink as hulle die woord “Orania” hoor.
Klik hier om na die onderhoud met Frans de Klerk te luister
Klik hier om na die meningspeiling oor Orania te luister
Klik hier om na ‘n video oor Orania te kyk
Gepubliseer .
Soos verlede week in hierdie rubriek uiteengesit is, het daar op 9 Junie in Nederland ʼn politieke aardverskuiwing plaasgevind: Die anti-Islamparty van Geert Wilders – die Partij voor de Vrijheid (PVV) – het hul posisie verstewig van 9 setels na 24. En vier dae later gebeur daar in België iets soortgelyks: Die regse Nieuw-Vlaamse Alliantie (N-VA) van Bart de Wever groei eensklaps van 8 na 27 setels en word só die grootste party in Vlaandere. In Wallonië word die Parti Socialiste (PS) van Elio di Rupo die grootste.

Lees verder ‘Venster op Europa’
Gepubliseer .
Die kwartaallikse indiensnamesyfers (Quarterly Employment Statistics) vir die eerste kwartaal van 2010 is onlangs deur Statistiek Suid-Afrika (StatsSA) bekendgemaak. Volgens hierdie opname het die aantal mense wat in die formele sektor in diens is gedurende hierdie kwartaal met byna 80 000 gedaal. Lees gerus Solidariteit se mediaverklaring daaroor vir meer besonderhede.
Die kwessie wat eintlik hier bespreek word, is die gebrek aan goeie data oor die Suid-Afrikaanse arbeidsmark. Dit is eintlik ondenkbaar dat werkloosheid, iets wat telkens as een van die grootste probleme in die land geïdentifiseer word, gekenmerk word deur so ʼn gebrek aan bruikbare data, of eintlik deur ʼn oorvloed van data wat mekaar weerspreek.
Lees verder ‘Watter indiensnamesyfers kan geglo word?’
Gepubliseer .
Europa bly ʼn interessante kontinent. Die beste oorlogstories kom uit Europa, asook baie van die beste uitvindings en ekonomiese suksesse van die laaste eeu. Dit is egter asof die meeste Europeërs met ʼn identiteitskrisis sit. Mense uit Afrika en die Midde-Ooste stroom Europese lande binne en is besig om die gesig van Europa te verander. Europeërs ding al moeiliker ekonomies mee met China, Indië en ander ontluikende ekonomieë. Boonop moet Europese lande ook rekening hou met ʼn baie lae bevolkingsaanwas en verouderende bevolking en daarom raak dit al hoe moeiliker om die welsynstaat waarvoor hulle tog so bekend is in stand te hou.
Nog ʼn tendens wat homself die afgelope tyd in Europa afspeel, is die konstante afname in mense wat hulself Christene noem en die selfs groter afname in die aantal mense wat gereeld kerkdienste bywoon. Lees verder ‘Beweging uit die kerk en na regs’
Gepubliseer .
Terwyl derduisende Suid-Afrikaners reeds in die afgelope dekade en meer hulle tasse gepak het en landuit “gevlug” het, lyk dit vir my asof daar ‘n heel nuwe Groot Trek onder veral jong Suid-Afrikaners aan die gebeur is. Hulle pak wel steeds hulle tasse, maar hierdie keer kies hulle eerder koers na die platteland (en dit hier reg in Suid-Afrika).
Ek het in die afgelope twee maande drie jong gesinne teëgekom wat hierdie roete volg. Twee hiervan pak hulle stadskarre en trek plaas toe terwyl die derde na ‘n plattelandse dorp trek. Elkeen van hierdie paartjies lyk op die oog af na tipiese stadmense – die een is ‘n ingenieur, die ander ‘n rekenmeester, hierdie een ‘n joernalis en daardie een besig om sy MBA af te handel. En tog hunker hulle almal na een ding – om WEG te kom!
Lees verder ‘Pak jou tas – die Groot Trek is op ons!’
Gepubliseer .
Vanoggend lê daar weer een van hulle in my inbus. Een van daardie e-posse met ʼn mooi gebedjie vir jou vir die dag. Maar onderaan staan daar: “Stuur hierdie e-pos voor 10:00 vanoggend aan 10 mense en voor vanaand 10 uur sal God ʼn groot wonderwerk in jou lewe laat gebeur. Beproef God en sien hoe Hy jou seën!” Ek is sommer op die daad vies en vee dit uit. Ek het ook al erger e-posse gekry. Ook ʼn kamstige “christelike” boodskap, maar aan die einde van die “stuur die boodskap aan tien mense”-rympie is daar nog ʼn stukkie afpersing ook. “As jy ʼn ware Christen is sal jy die boodskap aanstuur. As jy dit nie aanstuur nie, sal jy vanaand slegte nuus kry”
Lees verder ‘Stuur dié e-pos voor 10:00 aan 10 mense en…’