Gepubliseer .

Duisende armes regoor Suid-Afrika het vanjaar baat gevind by Solidariteit Helpende Hand se Winterhoop-projek. Volgens ʼn verslag wat onlangs deur die Amerikaanse navorsingsmaatskappy Gallup vrygestel is, het 56% van Suid-Afrikaners in ʼn meningspeiling aangedui dat hulle gedurende 2008 nie altyd genoeg geld gehad het om kos te koop vir hulself en hulle gesinne nie. In 2009 het 55% van Suid-Afrikaners dieselfde aangedui. Die resultate is gebaseer op 1 000 onderhoude wat aangesig tot aangesig met Suid-Afrikaners gevoer is.
SABC2 se Fokus kyk na blanke-armoede. Kyk deel 1 en deel 2.
Lees Beeld. Kyk Stube. Luister Radio Pretoria onderhoud.
Verlede jaar het Solidariteit Helpende Hand ook ‘n Reddingsdaadkongres gehou om die kwessie van blanke-armoede aan te spreek.
Lees verder ‘Tonne kos tydens Winterhoop-projek uitgedeel’
Gepubliseer .

Die Solidariteit Gesondheidsektor het hierdie winter ʼn Goedvoel-projek geloods waar oud en jonk gebrei het. Daar is serpe, mussies, skoene, truie en komberse gebrei van R10 000 se wol wat aangekoop is vir die projek. Baie van die breiers het sommer hulle eie wol gebruik. Al die warm klere gaan versprei word in wit plakkerskampe wat deur Solidariteit Helpende Hand bedien word. Breiers van 16 tot 90 jaar het deelgeneem aan die projek.
Lees verder ‘Goedvoel-projek laat harte warm klop dié winter’
Gepubliseer .

Sluit Pepe toe. Dit is die boodskap van Solidariteit Helpende Hand wat vandeesweek ʼn veldtog afgeskop het om duisende Suid-Afrikaners te mobiliseer om te verhoed dat ʼn reeksverkragter en moordenaar wéér op borgtog vrygelaat word.
Vermeende verkragter Jakobus September, oftewel Pepe, verskyn vandag in die Riversdal-landdroshof op nog ʼn aanklag van verkragting, sowel as ʼn aanklag van poging tot moord en roof. Honderde woedende inwoners gaan na verwagting vandag voor die landdroshof betoog. Helpende Hand-verteenwoordigers gaan ook die betoging bywoon. Lees Rapport. Luister Solidariteitradio.
Teken beswaar aan.
Lees verder ‘Meer as 3 000 sê stop reeksverkragter!’
Gepubliseer .
Ek wil nou nie op tone trap nie maar ek dink die Jehova Getuies is ‘n kultus wat deur subtiele metodes van psigiese beheer volgelinge probeer werf en hulle van alle rasionaliteit te probeer afsonder en isoleer. Valse profete wat die Bybel se betekenis en simboliek verdraai en onskuldige teikens oorreed dat jy NET deur die Jehova Getuies gered kan word. Vir al wat ek weet het ek die kat aan die stert beet en is besig om my eie ewige lewe weg te gooi deur nie deel te wees van die gekose 144 000 nie. Die Jehova Getuies kort net groot wit jasse met kappies en hulle eie Orania dan is hulle ‘n volwaarde kultus.
Lees verder ‘Is die Jehova Getuies ‘n kultus?’
Gepubliseer .
Ons is ‘n paar vriende wat gisteraand op die ingewing van die oomblik besluit om Dros toe te gaan, net om bietjie uit te kom na ‘n lang dag by die werk. En daar is mos ‘n lekker ontspanne atmosfeer by die Dros!
Ek het nou wel nie die stilste vriendekring in Suid-Afrika nie, maar ek wed daar is duisende wat meer kan lawaai as wat ons het. En dis nie asof ons gevloek en skel het nie.
Lees verder ‘Engelse tannie soek stilte in Dros asseblief’
Gepubliseer .
Sorry but today I need to write this little letter in my simple English. I’m so worried that I may get legal action against me for not writing my blogs in the universal language of English.

Se dinges!!!
Van wanneer af doen mens dinge in Engels net omdat jy bang is om hofsake teen jou te kry indien jy dit nie so doen nie. Die Universiteit van Stellenbosch het homself as ‘n bangbroek, lafhartige instelling bewys toe sy rektor, Prof. Russel Botman, gister gesê het dat die US kursusse ook in Engels aanbied omdat hulle bang is om hofsake teen hulle te kry. Lees verder ‘Sorry for this ugly English’