Gepubliseer .

ʼn Jaar nadat ʼn koor ministers aangekondig het dat kinderbeskermingseenhede heringestel het mnr. Johan Smit, ʼn krans neer gelê as huldeblyk aan sy enigste dogter, Anika (17), wat drie maande gelede wreed vermoor is. Anika Smit is op 10 Maart vermoor en haar naakte liggaam is in haar ouerhuis aangetref. Haar hande was afgekap. Twee jaar terug het Sheldean Human se pa, Wikus, ook ʼn krans as huldeblyk aan sy dogter gelê. Brigadier Piet Byleveld, ondersoekbeampte in die Anika-moordsaak, sowel as twee van Anika se skoolvriende, Tommy Dorsen en Melandri Jacobs, het ook die kranslegging bygewoon. Byleveld het in 2008 die Sheldean-moordsaak ondersoek.
Lees Beeld.
Lees verder ‘Internasionale dag vir kinderslagoffers herdenk’
Gepubliseer .

Hulle baklei al jare. Die drieling van die alliansie. In ʼn vorige blog die week waarsku ek oor die geskreeu van Cosatu. Die dinge wat Vavi wou weet het heel onskuldig gelyk. Die ANC het nie daarvan gehou nie en Vavi is met tug gedreig. Al die Cosatu vakbonde het blou moord geskreeu. Daar was selfs die wat die alliansie wil verlaat. Die SAKP het voorspelbaar Cosatu se kant gekies. Die babas is nie gelukkig nie.
Lees verder ‘Gee die baba sy bottel’
Gepubliseer .

Loononderhandelinge tussen die kragvoorsiener Eskom en vakbonde het gister finaal vasgeval en ʼn geskil is verklaar, het Solidariteit vandag gesê. Solidariteit hou vol dat Eskom se hardkoppigheid in vanjaar se onderhandelinge die proses onnodig strem en tot ʼn vertrouensbreuk tussen werknemers en die maatskappy gelei het.
Lees Sake Beeld.
Lees verder ‘Solidariteit verklaar loongeskil met Eskom’
Gepubliseer .

Solidariteit Helpende Hand se tweede nasionale Handjievatdag vind op Vrydag, 4 Junie plaas. Verskeie Helpende Hand-takke gaan aan dié inisiatief deelneem, waartydens hande gevat gaan word met minderbevoorregte kleuters regoor Suid-Afrika.
“Die Handjievatdag-projek vorm deel van die groter strategie van opheffing van ons kinders,” sê dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Helpende Hand.Volgens hom is dit belangrik om van kleins af ʼn omgeekultuur by kleuters te kweek.
Lees verder ‘Nasionale Handjievatdag skop af met sokkertema’
Gepubliseer .

Dirk op Donderdag 12:00 www.solidariteitradio.co.za
Nog ‘n boer is op ‘n wreedaardige wyse vermoor. Hy is aangerand en toe met ‘n ketting agter ‘n bakkie vasgemaak en agter die bakkie aangesleep tot hy aan sy wonde beswyk het. Ernst Roets is by die hof in Potchefstroom waar die vermeende moordenaar aangekla word.
Lees verder ‘Solidariteit skep hoop’
Gepubliseer .
Die Amerikaners weet van skuld maak. Sedert Barack Obama president van die VSA geword het, word die land se skuldlas selfs teen ‘n hoër tempo groter as toe George (Big Spender) Bush president was. Die Amerikaanse regering se skuldlas het sopas die $13 triljoen merk verbygesteek. Sjoe! Hoeveel is 13 triljoen? Wel om jou ‘n idee te gee: Dit is so 26 keer meer as wat die hele Suid-Afrika se Bruto Binnelandse Produk is!
Die VSA se skuldlas neem tans teen meer as R4 miljard per dag toe en indien die skuld tussen die land se 308 miljoen inwoners verdeel word beteken dit dat elke Amerikaner meer as $42 ooo skuld. Die gemiddelde jaarlikse inkomste van Amerikaners is $46 000! Indien alle Amerikaners dus vir 11 maande land hul volle salarisse aan die staat skenk sal hulle dalk hulself uit die skuldlas kan bevry. Waarvan hulle egter dan gaan leef om nie eers te vra hoe hulle hul groot Chevy, Ford en Dodge-bakkies gaan betaal nie, bly natuurlik ‘n opevraag.