Bladsy 1 van 1312310...Laaste »

Maandelikse Argief vir Junie, 2010

Eskom spanning bou op

Dit was ʼn dag vol spanning toe die Nasionale Raad van Solidariteit se elektrisiteitsbedryf vandag vergader het om hul Eskom eise te bespreek.  Die geleentheid is opgevolg met ʼn mediakonferensie.  

Die vakbond Solidariteit het  aangekondig dat hy nie die huidige vorm van Eskom se jongste aanbod in die loononderhandelinge aanvaar nie. Die vakbond het in ʼn poging om die partye nader aan mekaar te bring bykomende wysigings aan Eskom se hersiene aanbod voorgestel. Eskom is kans gegun tot Maandag om terugvoer oor die nuwe wysigings te gee.

Luister RSG se Monitor en Geldsake asook  Radio Pretoria. Analis Andrew Levy stel op Moneyweb die voor en nadele van ‘n moontlike staking. Kyk ook SABC2 nuus.

Lees Sapa. Daar word verder berig deur Sapa.

The Times, Sake Beeld, Pretoria News, Financial Mailen Business Report gee die jongste nuus.

Die grootste vakbond in Eskom die NUM is van plan om te staak en het vandag ʼn stakingskennisgewing aan Eskom bedien.

Pretoria News berig hieroor.

Lees verder ‘Eskom spanning bou op’

Regeringsoorname, die ateïstiese manier

Australia's Kevin Rudd and Julia Gillard

Deelnemers op ʼn Australiese webblad vir ateïste het die afgelope week of wat behoorlik gejuig oor die nuus dat Julia Gillard nie net Australië se eerste vroulike eerste minister is nie, maar ook die land se eerste ateïstiese eerste minister.

Gillard se woordvoerder het ʼn vraag oor die nuwe eerste minister se geloofsoortuigings geantwoord deur Gillard as “non religious” (nie-gelowig) te beskryf.

Gillard sal egter nie net in die geskiedenis onthou word as die eerste vroulike of eerste ateïstiese Australiese eerste minister nie, maar ook vir die slinkse manier waarop sy haar voorganger, Kevin Rudd, uit die kussings gelig het. Lees verder ‘Regeringsoorname, die ateïstiese manier’

Hou op om jou omstandighede te blameer!

Snaaks hoe mense alewig vaskyk in hulle omstandighede. Dit en dat is fout en dit is waarom ek so en so voel. Omstandighede moenie gebruik word om jou toekoms te vernietig nie. Die waarheid is: Jou omstandighede is nie gelyk aan jou toekoms nie! Slegte omstandighede gaan immers altyd daar wees, dit is nie die probleem wat die probleem is nie, dit is jou reaksie op die probleem wat die probleem is. Alles gaan oor ingesteldheid en jou fokus, en ek weet almal is al moeg om te hoor hoe “positiewe denke” alles regruk, maar dit is waar. Moenie realiteite mis kyk nie en gebruik 20% van jou tyd om oor die probleem te dink en 80% van jou tyd om dit op te los. Jou brein is vol senuwees, dit is ‘n netwerk van senuweestelsels, sinapses en elektriese impulse wat patrone vorm, inligting verberg en bevele uitdeel. Dit is die orgaan wat al jou emosies beïnvloed. ‘n Brein is soos geld, dit werk beter as dit jou slaaf is eerder as jou baas is.

Lees verder ‘Hou op om jou omstandighede te blameer!’

AfriForum pak Tshwane-metro oor rekeningprobleme en vra inwoners se insette

 

AfriForum het ʼn openbare deelnameproses onder inwoners van Pretoria rakende munisipale diensterekeninge geloods om die omvang en aard van die probleme wat dié inwoners met water- en elektrisiteitsrekeninge ervaar, te bepaal.  Die resultate sal gebruik word om te bepaal of die probleme van so ʼn ernstige omvang is dat AfriForum in samewerking met inwoners regstappe teen die Tshwane-metroraad moet neem, sou die Metroraad nie dringend aandag aan die geïdentifiseerde probleme skenk nie.

Lees Beeld.

Lees verder ‘AfriForum pak Tshwane-metro oor rekeningprobleme en vra inwoners se insette’

Nóg ʼn afleggingskok vir Simmers se Buffelsfontein-myn – Solidariteit

Die goudmaatskappy Simmer & Jack (Simmers) het die afgelope Vrydag vir nóg ʼn afleggingskok gesorg toe hy ʼn Artikel 189 kennisgewing vir die aflegging van nagenoeg 20% van die groep se werknemers by die Buffelsfontein Gold Mine (BGM) aan vakbonde oorhandig het. Ingevolge die kennisgewing wat aan Solidariteit oorhandig is, beplan Simmers om 865 van BGM se 4 567 werknemers af te lê. Die meerderheid van die werknemers wat deur die beplande afleggings geraak kan word, werk by BGM se nr. 10-skagkompleks.

Luister Radio Pretoria.

Lees Sapa, Mining Weekly en timeslive . Lees Sake Beeld

Lees verder ‘Nóg ʼn afleggingskok vir Simmers se Buffelsfontein-myn – Solidariteit’

Oor ‘n haarsny en kinders wat nog droom

Wanneer mens die dag gaan hare sny, weet jy jy gaan baie stories hoor. Dis mos altyd ‘n geselsie oor dit of oor dat. So leer ken jy ook die haarkapper wat jou hare sny. En sny jy soos ek, gereeld by iemand anders, leer jy nogal ‘n klomp verskillende persoonlikhede ken.

My storie gaan nie oor skinder of die geklets in ‘n haarsalon nie, nee oor iets veel belangriker. My storie gaan oor hoe die Here mens gebruik, sonder dat jy dit eintlik besef, my storie gaan oor drome.
Lees verder ‘Oor ‘n haarsny en kinders wat nog droom’

Bladsy 1 van 1312310...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube