Bladsy 9 van 12« Eerste...8910...Laaste »

Maandelikse Argief vir Mei, 2010Bladsy 9 van 12

Solidariteit Helpende Hand stig Misdaadnoodfonds

 

misdaad

Solidariteit Helpende Hand doen ‘n dringende beroep op Suid-Afrikaners om in te gryp nadat dit aan die lig gekom het dat ‘n 11-jarige dogter nog geen gespesialiseerde trauma berading ontvang het nadat sy tydens ‘n plaasaanval in Noordwes in Februarie verkrag is nie.
 Na die voorval is die gesin deur ‘n kerklike maatskaplike organisasie ingelig dat daar nie fondse beskikbaar is om die dogter vir gespesialiseerde trauma berading te stuur nie. Volgens die organisasie is daar ook nie fondse beskikbaar vir gesinsterapie, pastorale begeleiding of materiële hulp nie.

Lees verder ‘Solidariteit Helpende Hand stig Misdaadnoodfonds’

Ware woorde…

Hoekom neem produksie in Suid-Afrika nie vinniger toe nie? Hoekom is ons uitvoere van vervaardigde produkte steeds laag? Hoekom is indiensname in die privaatsektor steeds negatief?

Dit is die soort van vrae wat die media gereeld aan ons rig. My antwoord is gewoonlik – Verbruikers is onder te veel druk en daar heers te veel onsekerheid oor dinge soos insetkostes, eiendomsreg, regulering, ens. Lees verder ‘Ware woorde…’

Keuse van kleur vir teenmisdaadveldtog is eenvoudig

balonne

Daar is op rooi besluit vir die kleur om te dra vir Dag van protes teen Misdaad. Kollega Marnia Verwey het die volgende navorsing oor die kleur en sy betekenis gedoen. Op die einde was rooi die keuse wat oorgebly het. Wys jou kleure en dra op 19 Mei rooi.  

Ons wil Suid-Afrika op 19 Mei vir een dag rooi maak ter herinnering aan al die onskuldige bloed wat gevloei het. Mense moet rooi aantrek, memorandums gaan op rooi papier gedruk word en plakkate en baniere gaan rooi wees.

  Lees verder ‘Keuse van kleur vir teenmisdaadveldtog is eenvoudig’

Solidariteit en SAPD gaan mekaar in Arbeidsappèlhof pak

 

Renate Barnard het tydens Solidariteit se Nasionale Raad 'n Ster in die Gemeenskap toekening ontvang.

Renate Barnard het tydens Solidariteit se Nasionale Raad 'n Ster in die Gemeenskap toekening ontvang.

 Die vakbond Solidariteit het vandag die Arbeidshof se besluit om die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se aansoek om verlof tot appèl in die kaptein Renate Barnard-saak toe te staan, verwelkom. Solidariteit en die SAPD sal mekaar derhalwe nou die stryd oor die toepassing van regstellende aksie in die Arbeidsappèlhof aansê. Solidariteit meen egter dat die uitspraak teleurstellend is vir Barnard, aangesien dit nou nog langer gaan neem voor geregtigheid vir haar sal kan geskied.

Feitestel van die Solidariteit-saak – 6 Mei 2010

Lees Beeld, The Citizen. Kyk SABC2 nuus.

Lees verder ‘Solidariteit en SAPD gaan mekaar in Arbeidsappèlhof pak’

Is David Cameron Brittanje se volgende premier?

Die Britte stem vandag in een van die interessantste verkiesings die afgelope paar dekades. Gaan die Konserwatiewes ‘n algehele meerderheid kry? Gaan ‘n minderheidsregering of selfs koalisieregering nodig wees? Ons sal teen môre weet wat die uitkoms van die verkiesing is. Een ding is seker: Vandag se verkiesing sal die politieke toneel in Brittanje vir altyd verander.

Hier is my voorspelling vir ‘n moontlike uitslag:

Britse verkiesing

19 Mei: protes saamtrek in Pretoria

 misdaad

Een van die grootste fokuspunte van die nasionale dag van protes van die 19de Mei gaan ʼn saamtrek in Pretoria wees. Die sukses van die saamtrek in Pretoria is een van die kritiese sukses faktore van die veldtog. Kyk www.misdaadprotes.co.za vir detail. Word ‘n vriend. Ons doen ʼn beroep op mense om ʼn dag verlof in te sit of om toestemming by werkgewers te kry vir verlengde middagetes. Kom wys jou protes teen misdaad.

Luister Solidariteitradio oor die aksies in Noord-Natal, Hartebeespoortdam en Pretoria.

Lees verder ’19 Mei: protes saamtrek in Pretoria’

Bladsy 9 van 12« Eerste...8910...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube